Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Ontmaskering van die valse aanklaers

146 Toe CYRENIUS hierdie brief baie noulettend met `n ernstige gesig gelees het, rig hy hom tot My met `n meewarige vriendelike blik en sê: 'Maar Heer, is dit ook nog moontlik, dat mens U teenoor my op so `n skandelike manier verdag maak?! Wat sê U hiervan? Want U weet natuurlik wat daarin staan!'

[2] EK sê: 'Roep vir RafaEl en Roclus na jou toe; want dit is nie gepas dat Ek met hierdie afgesante van die vors van die leuen spreek nie!"

[3] Dadelik roep Cyrenius vir RafaEl en Roclus na hom toe; die afgesante van Herodes blyk vir Roclus maar al te goed te ken; want hulle keer dadelik hul gesigte van hom af weg.

[4] Toe RAFAEL by Cyrenius kom, oorhandig hy hom tewens `n rol en sê: 'Hier het u die duplikaat van die sogenaamde brief van Herodes; lees dit en maak u daarvan seker dat ek, en deur my ook Roclus, al vroeër van hierdie skandelike Farisese streek op hoogte was! Agter die ondertekening van Herodes, wat hy egter nooit te siene gekry het nie, soos wat hy ook van die skandelike plan niks weet nie, staan nog `n baie kort opmerking wat die hele gang van sake vir u sal ophelder en wat u daarom ook moet lees. As u alles gelees het, moet u die brief aan die afgesante gee en dit ook deur hulle laat lees! Die res sal dan vanself kom."

[5] CYRENIUS neem die rol ter hand en lees dit gou deur, ook die opmerking, waaroor hy baie verbaas was omdat dit presies bevat het wat hy by homself al gedink het. Toe hy alles gelees het, gee hy die rol ook aan die sogenaamde ‘Centurion’ en sê: 'Lees ook jy dit nou in teenwoordigheid van jou metgeselle!"

[6] Die Centurion neem met sigbare verleentheid die rol van RafaEl aan en lees dit met `n steeds langer wordende gesig voor en by die lees van die opmerking begin hy selfs gewoonweg te tril en ook alle afgesante begin behoorlik van kleur te verwissel, wat die skerp blik van Cyrenius en alle aanwesiges natuurlik nie ontgaan nie. Toe die onegte Centurion die rol heeltemal voorgelees het, en wel so luid, dat ook sy metgeselle dit kon verstaan, gee hy met `n diep buiging die rol van RafaEl weer terug aan Cyrenius en sê wyslik geen woord daaroor nie; want hy en sy metgeselle was te veel verslae deur dié voorval, en hul ossewa staan hierdie keer teenaan `n rotswand, en daar was geen enkele paadjie te ontdek wat daar bo-oor loop nie.

[7] Na `n kort algehele stilswye onderbreek CYRENIUS dit deur aan die Centurion te vra: 'Dus Herodes raai my aan om alles in die werk te stel om die genoemde profeet gevange te neem, en hom, asook sy leerlinge, somaar sonder meer die kop van die lyf te laat slaan?!'

[8] Op hierdie vraag kom geen antwoord nie.

[9] CYRENIUS word kwaad en sê: 'Antwoord! of julle sal weergaloos boet vir hierdie misdaad! Van wie kom die brief, wie het dit geskryf, wie het die bose moed om met so `n enorme leuen by my aan te kom, en watter skandelike plan skuil daaragter?"

[10] Deur hierdie baie indringende vrae raak byna alle afgesante van stryk; want hulle weet dat hulle met die mees onverbiddelike Romeinse goewerneur te make het. Almal raak in paniek en begin van skrik te bewe en van `n antwoord was daar geen sprake nie.

[11] Toe sê JULIUS: 'Geërde gebieder, hoe sou dit wees, as ons hierdie afgesante nou deur die wet vasgestelde loon - vir verraad uit eiebelang - uitbetaal en hulle dan na Sidon bring en daar opsluit totdat die rewolusie sal uitbars op hul aangegewe datum, op watter dag ons hulle dan die gehele verraaiersloon sal uitbetaal, oftewel aan die kruis of op die blok? Aan hierdie Romeine is tog al duidelik op `n uur afstand te sien, dat hulle niks anders is as `n spannetjie van die slegste Fariseërs, wat vir elke skandelike daad vir geld te koop is!"

[12] CYRENIUS sê: 'Jy het heeltemal gelyk; Maar omdat ons dit hier nie slegs vir die praat het nie, en hier nog iemand anders iets te sê het, sal ons so rustig moontlik afwag wat daar gaan gebeur"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205