Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die domheid en blindheid van die fariseërs

150 DIE FARISEËR sê: 'Allerhoogste en streng regverdige gebieder! Ons is skrifgeleerdes en het die kronieke bestudeer; daarom dink ek nie dat ons so baie dom is nie!"

[2] CYRENIUS sê: 'Sien, selfs hierdie opmerking was so dom as wat maar moontlik is, en net so dom is die manier waarop julle die Heilige uit Násaret wil vang! Want as julle `n greintjie verstand sou gehad het, sou julle tog wel kon gedink het dat ons Romeine, `n vermomde Judeër, wat daarby nog in sleg vervaardigde Romeinse kleding rondloop, wel van `n egte Romein kon onderskei en dat ons maar al te gou sou verstaan dat daar `n verfynde streek daaragter skuil! En ook kon julle gedink het dat ek die handskrif van Herodes maar al te goed sou ken! En dus kon julle julleself ook goed voorstel dat ek julle hier ter plaatse sou deurgesien het en julle slegte bedoelinge sou uitvind, en dat hierdie onderneming om hierdie redes uiters dom en gewaagd was; dat dit julle alles kon gekos het, selfs die bietjie vleeslike lewe wat julle grootste heiligdom is! Ek sê vir julle: Waarlik, `n kind wat `n bietjie verstand van sy moeder saam gekry het, sou vir julle met sekerheid kon voorspel hoe dit met julle onderneming sou gaan! Maar nee, - dit is net om van te duisel! Dat julle, hoogs wyse skrifgeleerdes, dit nie vooraf kon insien nie!

[3] Maar weet julle hoe dit gebeur het? Dit sal ek julle vertel: Die swelgende veelvraat, wie se maag nog nooit `n holte gevoel het nie, kan hom onmoontlik die gevoel van `n hongerige maag voorstel; die duif kan hom nooit voorstel hoe iemand se gemoed moet wees as hy die harmonie van `n suiwer gestemde eolusharp verneem nie; so-ook kan iemand wat blind is, hom geen voorstelling daarvan maak hoe dit is om te sien nie, en vir sy gevoel is dit asof alle mense blind is. Presies so, maar eintlik nog erger, vergaan die persoon wat geestelik blind is en geen denke van die waarheid het nie! Hy dink nie net dat alle mense selfs so dom is as wat hyself is nie, maar hy beskou hulle as nog baie dommer; want hy vind homself immers nie so dom nie, maar is meer wyser as ander. Hy kan nie verstaan hoe B selfs verstandig en wys sou kan wees as hy homself soos A voel nie. En dit is die oorsaak daarvan dat sulke hoogs verwaande dom mense, wanneer hulle iets wil beplan, alles so dom as moontlik aanpak, soos wat julle dit juis nou maar al te duidelik hier voor my aan die dag gelê het.

[4] En omdat julle so dom is, verstaan julle met geen moontlikheid die onuitspreeklike groot tekens van hierdie tyd nie, soos wat julle ook, ondanks al julle hoog geprese skrifgeleerdheid, geen floue idee het van wat Moses en alle ander sieners oor hierdie huidige tyd geprofeteer het nie, by name oor die Messias van die Judeërs en Sy ryk op aarde. Dit is dan ook net so dat julle onderneming maar net toe te skrywe is aan julle groot en growwe geestelike blindheid; want as julle enigsins geestelike lig sou besit, moes julle tog terwille van julle JaHWeH ingesien het, dat teen `n mag, soos die van ons, daar van julle kant nooit iets met sukses onderneem sal kan word nie; en veral nie teen `n man wat vervul is van die Almagtige Gees van God nie, wat dit maar net `n klein bietjie hoef te wil, en binne `n enkele oomblik bestaan die hele aarde nie meer nie!

[5] Waarlik, ek sê vir julle: vyf maal honderdduisend sulke mense soos julle vrees ek nie met honderdduisend geoefende soldate nie; maar wat sou my duisend maal soveel soldate kon doen teen die almagtige wil van hierdie enkele Man? Slegs één gedagte van Hom, en hulle is nie meer daar nie! En julle wil met lis en diplomatieke truuks so `n God-mens vang en selfs doodmaak, en dit bowendien nog sonder enige grondige rede? Sê my nou eers baie eerlik of julle nog nie julle groot en growwe domheid baie duidelik insien nie!"

[6] DIE FARISEËR sê: 'As ek openlik met u mag praat, sou ek u ook graag enkele dinge wil sê, wat u in hierdie saak miskien ook `n bietjie die oë sou kon open, hoogste gebieder; maar met u kan `n mens nie praat en argumenteer soos wat ons wyses van die tempel dit gewoonlik onder mekaar doen nie! Maar as ek ongestraf alles kan sê wat my op die hart lê, dan sal u miskien ook baie verbaas begin te lyk en insien!"

[7] CYRENIUS sê, selfs met `n soort ingehoue glimlag: 'Waarlik, ek staan jou dit toe, om heeltemal vry-uit te spreek; daar sal geen straf volg op jou woorde nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205