Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die godsdienstige band tussen Indië en China

43 RAFAEL: “Kyk, anderkant Indië, aan die ander kant van die hoogste berge van hierdie aarde, bestaan nog `n baie groot keiserryk wat minstens vyf maal soveel mense tel as die Romeinse ryk. Al daardie mense het byna dieselfde godsdienstige opvattings as die Indiërs. Hulle lewe in die grootste rus en orde, hulle is baie matig, nugter, tevrede, werksaam, volhardend en vol blinde gehoorsaamheid teenoor diegene wat hulle onderrig; en hulle leiers en hulle keiser is hul absolute meester. Hy sorg uiters waaksaam daarvoor dat daar nêrens `n vreemdeling sy groot land kan binnedring nie. Met die oog hierop is sy hele land dan ook waar die grense merendeels deur `n vlak land loop, deur middel van `n kolossale muur van die aangrensende lande van die aarde afgesny, waaroor geen enkel vyandelike leër kan kom nie. Hierdie muur is ook orals voorsien van torings, waarin `n sterk wag voortdurend uitkyk, wat sterk genoeg is om elke vreemde, wat in die nabyheid kom, sonder meer terug te stuur.

[2] Net `n bode van Brahma (BRAU MA = het gelyk) uit die hooggebergte-gebied van Indië het elke jaar een keer die toegestane reg om oor hierdie muur in die land in te kom, omdat hy die een is wat die lof of die berisping van die Lama oorbring en dit direk aan die keiser self in `n swaar goue houer moet oorhandig. Hierdie bode kom weliswaar met `n groot en glansende gevolg op `n bepaalde tyd by die afgespreekte plek tot onderaan die muur en begin daar baie lawaai te maak. Dan laat hulle van die ander kant van die hoë muur `n mandjie na benede sak. Maar net die bode mag in die mandjie plaasneem, waarin hy dan na bo gehys word; sy gevolg moet dan so lank wag totdat hy weer teruggekom het.

[3] Vanaf die muur word die bode tydens `n lang reis van ruim twintig dae vervoer in `n draagstoel, van waaruit hy niks anders as die lug kan sien nie. Eers in die groot keiserstad, wat meer inwoners het as die hele Palestina, word hy vrygelaat en eervol na die keiser gebring. Daar oorhandig hy die goue houer met inhoud en gee aan die keiser die wense van die groot Lama te kenne, waarop hy van die keiser aansienlike geskenke kry en barmhartig uitgelei word. Dadelik begin sy terugreis dan, wat nooit `n haar verskil van die heenreis nie.

[4] Tydens so `n reis van die godsbode na die keiser en van die keiser weer na die huis, versamel daar altyd `n groot aantal mense langs die weg waarlangs die godsbode, wat niemand natuurlik, behalwe die vertroude draers by die in- en uitstap, te siene kry nie, met onbeskryflik plegtige seremonie na die keiser gedra word.

[5] Vra jy aan die volk waarom hulle die godsbode nooit te siene en glad nooit te spreke kry nie, dan sal die volk, vervul met die grootste nederigheid, ten antwoord gee dat so `n begeerte alreeds `n ewig onvergeeflike sonde sou wees. Bowendien is dit al so `n oorweldigende oorvloed van barmhartigheid van die groot god, om vanuit die verte te sien dat sy heilige bode verder gedra word. Elkeen wat so-iets sien, ontvang soveel seën, dat hy daaraan op die minste vir nog tien maal honderdduisend ander mense van die groot ryk, waarvan hulle dink dat dit presies in die middel van die wêreld geleë is, tien jaar lank ruim oorvloed het. Nou, dit word die onskuldige volk dus bygebring en hulle glo dit rotsvas.

[6] Die bode self weet ook wel van hierdie geloof; maar hy weet ook nog iets anders, naamlik dat hy die land en alles wat daarin is, absoluut nie mag sien nie, om dit op geen enkele wyse ook maar enigsins te kan verraai nie, want daarop sou die doodstraf staan. Want landsverraad is in hierdie land die swaarste misdryf, wat selfs vanweë die geringste kleinigheid dadelik swaar bestraf word. Die volk van hierdie ryk is ondanks al sy domheid nogtans baie getrou, waaragtig en buitengewoon gehoorsaam. Kan dit jou vererg, as die volk deur sy leiers dom gehou en versorg word en daarby heel geseënd is, ook al weet die keiser en sy belangrikste dienaars self baie beter? Of is dit nie presies soos by julle Essene-orde nie? Is God dan onwys en onregverdig, as Hy dit alles toelaat en duld solank die volk maar geduldig en nederig is en dat Hy ook julle, wellustige Essene duld? Spreek nou, my vriend en sê my of jy enigiets daarteen in te bring het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205