Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die priesterdom as die grootste hindernis om die leer van die Heer te vergroot

68 (ROCLUS:) “U as die volmaakste profeet, heeltemal vervul van alle Goddelike Geeste en begaafd met alle mag en krag soos nog nooit `n mens op die aarde nie, sal dit sekerlik ook vooruit kan sien! Maar wie kan iets daaraan doen? Dit is nou eenmaal so, was alreeds altyd so en sal ook altyd so bly en ons sal dit nie kan verander nie!

[2] Solank die mense hul vlees en hul vrye wil gelaat word, so lank sal hulle oor die algemeen ook dit bly, wat hulle is en sal hulle allerlei voorsienings tref na gelang van die klimatologiese omstandighede in `n land. Hoe verder hiervandaan, des te erger, soos wat ek tydens my talle reise maar al te dikwels duidelik ervaar het! Hoe verder ek my van dit, nou my enigste geestelike ligpunt, verwyder het, des te blinder en dommer het ek ook die mense gevind, ook alreeds vroeër toe ek nog ateïs was en dit sou my sekerlik orals nog meer opgeval het as ek alles geweet het wat ek nou weet.

[3] Dit is weliswaar baie waar dat daar geen duisternis kan wees wat nie oombliklik tot niet gemaak sou kon word deur `n ooreenkomstige lig nie. In die natuur is dit in elk geval sekerlik so. Maar of die geestelike lig die geestelike nag ook so plotseling kan verdryf, is natuurlik `n heel ander kwessie! In `n bepaalde opsig was my geestelike nag sekerlik nie onbeduidend te noem nie en die jongeling het dit met enkele ligwoorde verjaag; maar ja, hy het aan my ook wel iemand gehad wat op menige wetenskaplike gebied nie tot die allerminste behoort het nie en wat baie ervaringe in die wêreld opgedoen het.

[4] Mens moet jou `n volk voorstel wat diep verstrik geraak het in die mees absurde en duistere bygeloof. Daar sal enkele woorde, ook al bevat hulle nog soveel lig en selfs verskeie tekens, al is dit hoe opvallend, nouliks enige lig bring! So `n volk word dan nog duisterder en meer boosaardig en sal hulle juis in die aanwesigheid van lig as die grootste vyand daarvan bewys, waarna dit dan eers erger duister sal word by so `n dierlike volk.

[5] Ons hoef glad nie ver daarvoor te soek nie. Laat ons ons oë maar eers rig op die tempel in Jerusalem en daar die in- en eksterne Fariseërdom bekyk, dan sien ons soveel geestelike nag, dat dit ons uitermate sal verbaas! Laat iemand egter na hulle kom met `n regte innerlike, geestelike lig, ongeveer soos die jongeling vroeër na my gekom het, dan is hy binne `n kort tydjie `n kind des doods!

[6] Wat hierdie ware knegte en dienaars van die allerdonkerste nag alreeds almal teen ons instituut onderneem het! As ons nie in elke opsig so onafhanklik sou gewees het en hulle ons op die een of ander wyse kon gepak het nie, dan sou ons alreeds lankal nie meer bestaan het nie! Wanneer daar nou `n Moses en Aäron sou opstaan en die mense die waarheid sou leer soos wat hulle dit in hul tyd gedoen het, dan sou hulle dadelik gegryp en met klippe gestenig word, of mens sou hulle as teenstanders die vervloekte water te drinke gee en heel sekerlik die egte; want hulle het twee soorte, naamlik `n egte wat sonder meer onvermydelik die dood tot gevolg het en `n onegte wat niemand kan skade aandoen nie, omdat dit heeltemal geen gif bevat nie.

[7] As hulle dan iemand wat teen hulle of veeleer teen die tempel gesondig het, om `n geheime rede welwillend gesind wil wees, gee hulle aan hom die onegte vervloekte water te drinke. Maar as iemand hulle te erg teëgegaan het, kan hy by die eerste en die beste geleentheid met die egte vloekwater sy dors vir alle ewigheid les. Dat die Fariseërs dit sowel in Jerusalem doen asook in ander plekke, is nou tog wel by alle mense met `n bietjie ontwikkeling so `n bekende feit dat dit byna niemand meer verbaas nie. Ek vra my egter af, hoe `n regte waarheidslig hierdie nag van die Fariseërs dan kan verlig?

[8] En soos wat dit by die Fariseërs is, is dit orals waar daar van `n priesterdom sprake is. Ook al sou alle mense `n ware lig aanneem, omdat hulle die weldadige daarvan gou en maklik kan insien, dan sal die priesters hulle nogtans met alle middele en uit alle mag daarteen verset en dit nie aanneem nie, omdat hulle deur pure hoogmoed en heerssug so dom en blind is dat hulle gladnie in staat is om die weldaad van die suiwer waarheidslig te erken nie.

[9] En solank die priesterdom deur God en ook deur die wêreldse regerings geduld word, kan daar van enige geestelike lig so goed as geen sprake wees nie! Want hierdie altyd hoogs selfsugtige en heerssugtige soort mense sal steeds daarop uit wees om die hoër lig verdag te maak en die eie ou vuilheid as suiwer goud aan te prys en op te dring aan die mense wat hul ondergeskiktes is.

[10] Daarom is ek, wat hierdie saak betref, selfs verseker daarvan oortuig, dat mens éérs alles wat maar `n bietjie na priesterdom ruik, volledig uit die weg moet ruim, dus die ou Augiasstal* moet reinig en eers dan die ware geestelike son oor alle volke tegelyk moet laat opgaan; andersins sterf elke saadjie, al is dit hoe goed, voordat dit nog maar enigsins halfpad wortel kon geskiet het in die aarde van die lewe. *(Stal van koning Augias wat daarin duisende beeste gehou het, maar dit in 30 jaar nooit skoongemaak het nie; Herkules het twee riviere daar ingekeer. (figuurlik.) Vuil, wanordelike boel)

[11] Ek herken in u, mees verhewe Heer, die volle Goddelike krag, waarsonder dit vir U volkome onmoontlik sou moes wees om die werk te verrig wat net vir `n God moontlik kan wees, omdat in Hom alle ontelbare spesiale kragte verenig is en hul ewige oerbasis het van waaruit hulle alleenlik kan werk. En omdat ek dit in U ontdek het, is dit ook wel seker dat ek `n grenslose agting en liefde vir U het, wat U met die oë van U Gees nog duideliker in my hart en brein kan sien as daardie jongeling daar.

[12] Maar nogtans sê ek aan U sonder enige teruggetrokkenheid, dat U moeite en beslis groot opoffering so goed as heeltemal tevergeefs is en die mense weinig seëninge sal bring solank ook maar één priester op hierdie aarde rondloop! Of U sou met U almag alle mense en dus ook alle priesters op die hele aarde plotseling so moet verander soos daardie ou rots in die see, dan sou dit op aarde miskien eendag heel aangenaam kon word! Dit is maar net ewig jammer oor U inspanning en U werk! As U nog timmerwerk met saag en byl sou verrig het, sou die Fariseërs U sekerlik met rus gelaat het; maar so sal hulle U, ondanks U onloënbare Goddelikheid, haat en hulle sal U orals waar U gaan, woedend en rasend vervolg! Ook sal hulle probeer om die heerlike saad wat U nou saai, met alle middele wat hulle ter beskikking het, te bederf.

[13] Want daar is nouliks iemand wat die Fariseërs en hul aardse handelwyse beter ken as juis ek nie, omdat ek vanweë ons instituut die meeste met hulle te kampe gehad het! Hulle is nou weliswaar totaal deur ons verslaan en oorwin en kan met al hul woede niks meer teen ons uitrig nie; want ons ringmure is sterker as die om hul tempel en alle siekes in die wye omtrek soek nou hul heil by ons, omdat ons die mensdom met egte geneesmiddels weer gesond maak, terwyl die tempelliede deur nietige spreuke en misterieuse tekens en met allerlei relikwieë genees - wat van wie weet waar­vandaan kom - maar waarby die siekes heeltemal niks merk van een of ander verbetering nie.

[14] Dit is nou my naakte bekentenis voor U, o Majesteit en Heer; maar doen U nou wat u wens, - net, laat ons instituut nie vroeër val as die tempel in Jerusalem nie! Dit is my vurigste versoek aan U; en die beste sou ons almal sien, dat U heeltemal volgens U wysheid ons owerste en leier sou wou word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205