|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 153
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Die natuurfilosofie van die Fariseër
153 CYRENIUS sê: 'Uit alles wat jy my nou vertel en toegelig het, blyk egter ook duidelik dat jy as vrome afgodsdienaar nog nooit aan `n God geglo het nie; maar hoe kan mens `n strenge dienaar wees van `n wese wat gladnie vir jou bestaan nie?"
[2] DIE FARISEËR sê: 'Wel, dit is ook baie maklik te verklaar vanuit die reeds genoemde rede wat uiters steekhoudend is en vir alle tye geld! Wat kan `n kind, ook al is hy nog hoe jonk teen die mag en die fisieke krag van sy ouers en dikwels uiters dom leraars doen? Hy moet hom volgens hulle skik! Ek gee `n voorbeeld: Julle Romeine het ons met onweerstaanbare geweld onderwerp. Wie van ons kon teenstand bied aan julle geweld? Julle kon ons, in plaas van baie wyse en regverdige wette, byvoorbeeld die domste wette opgelê het, waaraan ons onsself dan streng sou moes hou. Sou ons dan, swak soos wat ons is, iets anders kon doen as om ons net so presies daaraan te hou as aan die wyse wette wat ons nou het? Die uiterlike magte werk met onweerstaanbare krag, en mens moet jouself rig volgens haar voorskrifte. Op hierdie aarde is alles immers skyn en nie `n werklikheid nie.
[3] `n Mens soek die waarheid, `n mens soek God. Maar waar en wat is dan die waarheid, waar en wie is God dan?! Elke volk erken en het `n ander god, en bepaal hiervolgens die leerstellinge wat aan die volk as `n heilige waarheid voorgestel word. Maar is dit daarom ook vir ons die waarheid? Ons lag daaroor en kan in die geheel nie verstaan hoe dit moontlik is dat `n volk sulke onlogiese en uiters dom dinge kan glo nie! As ons egter na so `n volk sou gaan en hulle vir `n oordeel vra oor ons geloof, soos wat hulle daarvan iets weet, dan sal hulle ook nie kan verstaan hoe ons alles kan glo en ons daarby kan hou nie! In al die dinge sit iets goeds vir die handhawing van die algemene orde, maar daarom is dit nog lank geen waarheid en heeltemal geen werklik êrens bestaande Godheid nie!
[4] Die son daar is `n waarheid en `n werkende godheid vir homself en ook vir ons, ofskoon ons slegs met sy skynsel genoeë moet neem; vandaar dat hier op hierdie aarde absoluut meer sprake is van skyn as van `n ware 'wees'. Of kom alles nie hier tot stand deur die skyn van die son nie? Alles wat bestaan, ontspruit deur die skyn van die sonlig en die wonderbaarlike warmte daarvan en solank dit bestaan, bestaan en leef dit as gevolg van die lig van die werklike almagtige son; want van `n kant word alles steeds vir die helfte beskyn, die ander helfte het skaduwee.
[5] Aan die uitspansel pryk dus in groot majesteit, die werklike ligson as volkome waarheid. Die aarde en alles daarop, is die werk van sy lig of sy skynsel, dus meer skyn dan 'wees'. Agter die skynbestaan van die hele aarde en alle dinge bevind hom onverwoesbaar die skaduwee, as `n voltooide leuen; en juis die skaduwee is dit wat alle wandelaars soek en meestal liefhet, en die slaap tydens die algemene skaduwee van die aarde wat ons gewoonlik 'nag' noem, is en bly na die werk en die inspanning van die dag die grootste, mees versterkende en aangenaamste verkwikking van die lewe!
[6] En daarom lyk dit vir my ook dat die mense onder die heerskappy van die suiwer waarheid, moreel gesien, ewemin sou kon bestaan, as wat hul liggaamlike wese sonder die slaap sou kon bestaan. Wat die slaap dus vir die liggaam is, dit is `n goed gekondisioneerde leuen vir die hele morele mens. En dan is dit natuurlik nie so belangrik hoe so `n leuen daaruit sien nie! As hulle die morele mens maar `n sekere bevredigende en baie verkwiklike rustige hoop gee en die helfte beskyn en maklik aanvaarbaar vertrou, dan is die leuen goed en die suiwerste waarheid moet dan daarteen aflê.
[7] Solank daar mense op die aarde woon, was dit so; nou is dit ook so en dit sal ook so bly tot aan `n uiteindelike einde van alle tye. Die mense sal altyd die waarheid soek, maar daarby uit die bak van die leuen eet en lewe. Onder die talle dom mense sal daar ook altyd wyses wees wat die mense `n lig van die waarheid sal voorhou. Maar hoe helderder hulle die mense steeds maar aan een kant sal verlig, hoeveel sekerder en duideliker sal daar van agter die van tevore helder verligte mens die skaduwee as permanente gevolg van die lig te siene wees!
[8] En soos wat die lig steeds ook die skaduwee veroorsaak, so veroorsaak die suiwerste waarheid ook steeds die totale leuen. Want sonder waarheid is daar immers ook geen leuen en sonder leuen ook nie maklik waarheid nie. Elke waarheid dra altans die moontlikheid in hom om `n leuen voort te bring, soos wat die lig die skaduwee voortbring. Wat nou vir die mens die beste is van die twee, daarvoor sal elke mens self moet besluit, maar getrou en eerlik en alles onder oë sien! `n Regverdig regter oordeel die leuenaar en bedrieër volgens die wet en leef van sy amp; maar waar is diegene wat my in die algemeen verstaanbaar kan maak dat die wet self `n waarheid is? Dit is `n aanvaarde en gesanksioneerde voorskrif, hier sus en op `n ander plek so! Waar is die waarheid dan, indien die een leuen die ander straf? Ook hier dink ek weer: Sapienti pauca!'
[9] Dit was voorlopig genoeg vir CYRENIUS. Hy laat die Fariseër weggaan en hy sê vir My: 'Nee wat! Hoor U dit? Dit het ek nog nooit meegemaak nie! Roclus weet ook hoe om vanuit sy suiwer verstandelike sienswyse te spreek; maar innerlik het ek hom nog steeds die baas gebly. Maar hierdie Fariseër het my nou so in `n klem gesit dat ek heeltemal geen teenwerpsels kan maak nie! Ek het altyd gedink dat die Fariseërs baie dommer was; maar hy het my die bewys gelewer dat hulle gladnie dom is nie! Wat moet daar nou met hom gebeur?"
|
|
|
|
|