Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die seën van matigheid. Die toebereiding van die vleis van onrein diere

239 Ons versnel ons treë en bereik spoedig Asiona se woonhuis waar die ander leerlinge op ons wag en Asiona, Hiram en Epifanus reeds `n goeie maaltyd vir ons gereed het, bestaande uit visse, brood en wyn.

[2] Petrus sê ewenwel terloops aan My: “Heer, U het onderweg met ons slegs oor brood en wyn gespreek, en nou is daar ook visse! Mag ons nou ook vis eet?”

[3] Maar EK wys hom tereg vanweë hierdie egte tempelagtige joodse, kleinsielige denke en sê: “Eet wat vir jou voorgesit word, dit sal nóg jou liggaam nóg jou siel skaad; net vir onmatigheid moet elkeen hom behoed, dus julle ook.

[4] Wat bo die maat is, is vir elke mens sleg. Onmatigheid by die eet veroorsaak maagsiektes, onmatigheid by die drink egter veroorsaak naas maag en borskwale ook geilheid van die vlees, en bring allerlei soorte en vorme van ontug voort.

[5] Wees daarom in alles matig en nugter, dan sal julle altyd in `n gesonde liggaam ook `n gesonde en opgewekte siel hê! En wie voedsel voorberei vir homself en vir ander, moet dit vars en goed berei, dan sal dit hom nie skaad nie! Onthou dit ook naas die talle ander dinge?”

[6] Maar Petrus vra nog: “Heer, sondig die heidene, wat origens dikwels baie fatsoenlik is, nie wanneer hulle die vleis van onrein diere eet nie? Want vir ons Judeërs is dit verbied, en wie dit sou eet, sou `n growwe sonde teen die wet van Moses begaan.”

[7] EK sê: “In geval van nood kan jy as streng Judeër die vleis van alle diere eet, en dit sal goed vir jou wees; want alle voeding wat `n mens noodgedwonge tot hom neem word deur My gereinig, hy moet slegs hierby `n nog groter matigheid in ag neem!

[8] Die vleis van varke is goed; maar die geslagte dier moet baie goed uitbloei, dan ongeveer sewe dae lank in sout en asyn met timiekruie lê. Daarna moet mens dit uit hierdie marinade haal, goed met linne afdroog, en dit dan enkele weke lank in die rook van goeie hout en kruie hang totdat dit heeltemal hard en goed droog geword het. As mens dit dan wil eet, moet mens dit vooraf in helfte water, helfte wyn met timie en pieterselie kook, dan sal mens hiermee goeie en gesonde voedsel op die tafel hê; maar hierdie diere moet steeds in die winter geslag word.

[9] En soos met die varke moet mens ook met die ander onrein diere handel, as hul vleis by `n matige gebruik die mens nie wil skaad nie. En soos wat mens dit met die landdiere doen, moet mens dit ook met die verskillende voëls in die lug en die veelsoortige diere in die groot seë doen!

[10] En nou, Petrus, sal jy goed weet wat julle mag eet en hoe, sodat jy nie teen jou maag en teen jou siel sondig nie! Maar laat ons nou gou die ete nuttig en dan dadelik verder trek!”

[11] Ons gaan aan tafel en gebruik die maaltyd.

[12] Asiona kom egter na My toe en sê: “Majesteit en Heer, wil U dan nie liewer vroeg in die môre weggaan as nou in die aand nie?! Dit is van hier na elke bekende plek ure ver en die nag sal U inhaal voordat U by een of ander plek aankom!”

[13] Maar EK sê: “Bly in jou hart by My en in My leer, dan sal Ek ook so by julle wees, hier gedurende julle aardse tyd en ewig aan die anderkant! Maar nou moet Ek van hier weggaan; want nie ver hiervandaan wag daar baie op My. Daarheen moet Ek gou gaan en hulle help. Maar in die winter sal Ek julle soos nou weer enkele dae lank besoek; want Ek sal nie ver van hier, in Kis in die buurt van Kana, die winter deurbring. Maak nou vir My ons skip los, dan sal Ek met My leerlinge dadelik van hier af vertrek!”

[14] Hierop gebeur gou wat Ek beveel het. Ek bestyg die skip wat vinnig in die water gestoot word, en ons met `n gunstige wind wegvoer. Ons voer om die noordelike deel van die voet van die berg en kom spoedig in `n klein baai wat presies teenoor die baai lê waar ons nou enkele dae was, aan die ander kant van die berg wat deur My geklim was.

[15] Aan die oewer van die baai lê `n dorp waar behoorlik baie volke woon en saamkom; want dit was `n handelsplek waar mens die beste sout na die mark bring, ook die suiwerste aardolie, hout vir die bouwerke, vaatwerk vir die kook en allerlei ander huishoudelike gereedskap. Daarom was hierdie plek baie welvarend en is steeds dikwels deur baie mense uit alle streke en plekke besoek; tewens was dit die plek waarheen My leerlinge gegaan het toe Ek hulle `n paar maande gelede vir `n kort tydjie voor My uitgestuur het om die mense op My koms voor te berei, en vanwaar Ek hulle toe weer op wonderbaarlike wyse na My teruggeroep het op die berg by Kis; sodoende was Ek reeds min of meer bekend daarmee en My leerlinge nog meer wat toe juis by die vermelde geleentheid verskeie dae daar deurgebring het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205