|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 138
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Roclus probeer leuens ter wille van die beswil te regverdig
138 ROCLUS sê: 'Net soos wat U nou gesê het, Heer, is dit maar al te waar en niks kan daarteen ingebring word nie! Maar dat U streng teen alles is wat ook maar enigsins na bedrog lyk, selfs ook wanneer iemand daardeur ernstig liggaamlik of geestelik geholpe sou kon raak, stem my baie tot nadenke; want vir my staan die deur duisend ervaringe beproefde grondreël vas, dat baie mense absoluut nie anders as net deur fynsinnige bedrog gehelp kan word nie, wat ek natuurlik geen bedrog nie, maar pure diplomasie noem.
[2] Eerlik, Heer, volgens die ervaringe wat ek hier op hierdie aarde opgedoen het, is mense baie dikwels nie anders te help as deur enige goedbedoelde bedrog nie! Kinders moet mens in die eerste jare immers steeds bedrieg, anders is daar met hulle tog heeltemal niks uit te voer nie; en wat sou hulle nou daaruit kry het as mens dadelik met die suiwerste waarheid by hulle aankom? Ek het dit vir U immers by `n vroeëre geleentheid tog al vanuit `n menslike oogpunt duidelik uiteengesit, dat dit nooit my doel was om ooit agter iemand se rug iets te doen wat vir hom nadelig sou wees nie, maar altyd slegs sodat dit hom op die een of ander wyse tot voordeel sou strek! En dit doen ek maar net omdat dit van meet af aan al duidelik vir my was dat hierdie of daardie een absoluut op geen ander enkele manier gehelp kon word nie. As dit nou by U ook as sonde gereken word, ja, Heer, dan word dit tog uiters moeilik om mens te wees!
[3] Byvoorbeeld: Ek gaan êrens heen en ontmoet onderweg as heiden `n volslae blinde aartsjood, in wie se selootagtige tempelfanatisme in hom, ek dadelik `n hele legioen allerergste duiwels vermoed. As `n heiden hom aanraak terwyl hy daarvan bewus is, dan is hy dadelik vir `n hele jaar onrein en is, omdat hy hom dit inbeeld, `n hoogs ongelukkige mens omdat hy geen deel kan en mag hê aan die talle besittings van die tempel nie. As ek hom vertel dat ek `n heiden is - as hy my vra wie ek is, - dan sou hy liewer alle martelinge ondergaan as om hom deur my oor `n lewensgevaarlike stuk van `n bergpad gelei te word. Maar as ek hom baie beslis sê dat ek ook `n Judeër uit Jerusalem is, dan sal hy my graag die hand reik en hom dankbaar oor die uiters gevaarlike stuk van die pad laat lei. As ek die arme blinde sover gebring het dat dit vir hom nie meer gevaarlik is om verder te gaan nie, en die geur van sy geboortestreek, wat nou al baie naby is, hom aantrek en hy nie meer kan verdwaal nie, neem ek afskeid van hom en gaan vrolik my eie weg. Die blinde Judeër hoor dan sy lewe lank heeltemal niks meer van my nie, en dit sal ook nie so gou gebeur dat iemand vir hom sou sê dat hy, wat hom oor daardie baie gevaarlike stuk van die weg gelei het, `n heiden was.
[4] Nou moet `n verstandige en eerlike, welwillende persoon My eers sê of die absoluut onskadelike leuentjie nie verstandiger en beter was as dat ek die arme man die waarheid sou vertel het, naamlik dat ek `n heiden is! Ek sê U en elkeen duisend maal reg in die gesig, dat so `n leuentjie om beswil, slegs as sonde uitgelê kan word deur `n totaal kranksinnige dwaas uit die swartste Fariseërgemeenskap, - maar nooit deur iemand wat ook maar `n bietjie verstand het, en natuurlik gladnie deur `n God nie! Want so kompleet verskillend kan die lewensopvattings aan hierdie en aan die ander kant tog nie wees nie, dat wat mens op hierdie aarde met die suiwere verstand goed en redelik vind, vir `n suiwer gees lynreg die teenoorgestelde is! Want as dit aan die ander kant vir die suiwer gees swart en duister is, wat hier deur `n altyd goeie willende siel as wit en glashelder beskou word, dan is óf hierdie, óf daardie lewe gewoonweg dwaas.
[5] Heer, U ken my hele lewe van die wieg af, en U sou my moeilik `n oomblik tydens my hele lewensloop kon wys waarop ek dit ooit sleg met iemand gehad het of iemand ook maar die minste skade berokken het! Duisendmaal wil ek deur U almagtige goddelike mond vervloek word as dit aangetoon kan word! En as ek nogtans `n sondaar geword het, deurdat ek by mense met `n besondere swak gees, baie dikwels my toevlug moes neem tot diplomatieke handel om hulle volgens die aandrang van my hart volgens my menslike insig iets goeds te kon doen, dan moet ek openlik beken dat ek dit dan baie onaangenaam vind om mens te wees; dan moet U my, o Heer, met U almag maar in `n esel verander en ek sal U dan daarvoor dankbaar wees!
[6] My mening, weliswaar slegs op menslike wyse deurdink, is dit: Elke mens moet doen wat hy volgens sy beste wete weet, besef en geweet het, dit moet reg en die beste lyk, elkeen moet vreedsaam en vergewensgesind wees en volgens sy kragte goed doen vir die arme, lydende mensdom, dan moet sy handelswyse tog ook deur `n God as korrek en goed en in orde bevind word. Geen enkele God kan tog van `n mens, wat onmiskenbaar Sy skepsel en Sy werk is, meer verlang as waartoe hy in staat is nie, met die vermoëns wat Hy Self in hierdie mens gelê het! Of is dit moontlik dat `n hoogste wyse God nog meer van Sy werk kan eis, as wat Hy daarin gelê het? Ek dink dat dit nie so maklik sal gaan en ongeveer dieselfde sou wees as wanneer iemand in alle erns tien emmers water sou wou giet uit `n houer of `n sak, waar maar één emmer kan ingaan. Daarom vra ek U, o Heer en Leraar, dat U duideliker sal wees wat hierdie punt aanbetref; want soos wat ek U tot nou toe verstaan het, is daar volgens U leer op hierdie aarde vir `n mens heeltemal geen bestaan denkbaar wat enigsins verstandig is nie!
[7] Ja, die waarheid, die heilige waarheid moet die mense hulleself hulle eie maak; hulle moet die huis waarin hulle woon en volgens U belofte eintlik vir ewig sal woon, met die bybehorende orde en geregtigheid presies leer ken. Maar die naakte waarheid, al is dit hoe suiwer, kom my tenminste voor as weliswaar baie heilsaam, maar verder `n buitengewone bitter medisyne, wat elkeen wat maar enigsins `n gevoelige smaak het, dadelik weer uitspoeg as hy dit proe. Maar wat doen mens? Mens omhul die bittere medisyne met iets soets en aangenaams en dan sal die sieke dit maklik sluk en sonder om rillings in sy maag te kry, waar dit dan gou heilsaam sal begin te werk! En dit, so is ek van mening, sou ook met die meedeel van die waarheid moet gebeur! Mens moet dit, veral in die begin, nooit anders as verhul gee en daarna eers bietjie vir bietjie onthul! Dan sal `n goeie uitwerking volgens my sekerlik nie uitbly nie. Gee mens dit egter dadelik onverbloemd en naak, dan sal mens meestal meer skade veroorsaak as werklike nut.
[8] Dit gaan nie daaroor dat ek ons natuurlike wonderwerke wil goedpraat nie, en ek is self geheel en al daarvan oortuig dat ons te ver daarmee gegaan het; maar ek kan altyd volgens eer en gewete daaraan toevoeg dat ons self nooit iemand skade daarmee berokken het nie, maar na ons weloorwoë mening, gewoonlik steeds dubbel nut daarmee besorg het. Ten eerste het ons daarmee die trane van dikwels baie treurige ouers afgedroog, wat tog sekerlik nie net niks is en kan wees nie, en ten tweede het ons hiermee kinders van straatarm ouers op die beste manier vir hul hele aardse lewe versorg en aan hulle die moontlikheid verskaf om in die huise van ryk mense, ooreenkomstig die verbeterde sedes van die huidige wêreldorde, ook `n beter opvoeding te kry, terwyl hulle andersins in die grootste armoede sonder enige vorming, egte mensagtige diere sou geword het; en daarvan is daar in hierdie tyd volop voorbeelde te sien. Daar kom geen engel uit die verligte hemele na benede om hulle, wat opvoeding betref, oor hierdie arme halfdier, halfmens synde kinders te ontferm nie; en wanneer ons, tog duidelik beter en beskaafde mense, na ons beste wete, insig en gewete iets vir hulle doen, op `n manier wat moontlik is, dan loop ons die gevaar om voor God te sondig en deur Hom tot bedrieërs van die mense verklaar te word!
[9] Heer en Leraar, U het goed onderrig en gepraat, want U Wil is die Gebieder van die hele oneindigheid! Maar ons, swak mense, wat niks is teenoor U nie, voel altyd en maar net die druk, en selde of ooit enige verligting nie, en daarby kom dit nog dat ons totaal verkeerde verwagtings oor later in die hiernamaals het.
[10] Heer en Leraar, waarlik, U lesse het my voorheen baie opgebeur en ek was vol van die heerlikste verwagtinge; maar nou is ek heeltemal verpletter en weet my geen raad meer nie, omdat U dinge van My verlang waaraan ek nie kan voldoen nie, want my verstand skiet tekort en ek kan nie in stryd met my verstand handel nie!"
[11] Toe word Roclus stil en sê heeltemal niks meer nie.
|
|
|
|
|