Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die belang van die daadwerklike lewe volgens Jesus se leer

122 DIE MEESTER: 'Julle kan My leer van woord tot woord met onuitwisbare letters vir alle tye van die tye opteken, sodat geen letter daarvan verlore gaan nie, en julle kan dit hoe predik en voorlees aan al die volke, en as hierdie volke dan luidkeels roep: 'O, kyk tog nou, dit is `n baie voortreflike leer en die mond van `n God waardig!', maar as daar dan niemand aan die werk wil gaan en voltyds aktief wil word volgens die beginsel daarvan en volgens wat daarin verlang word nie, het hierdie leer van My dan vir enigiemand nut, ook al is dit hoe suiwer bewaar? Ek sê vir julle: Dit het geen enkele nut nie! Of het `n sieke iets van `n medisyne as hy dit nie inneem en volgens die voorskrif van die ervare arts gebruik nie?!

[2] As iemand egter iets van My leer weet en dit dadelik in praktyk bring, dan sal hy baie duidelik `n groter en lewendiger nut daarvan hê as iemand anders wat weliswaar met alle eerbied oor My en My leer spreek, maar nooit by homself die besluit kan neem om dit in dade om te sit nie. Want die eersgenoemde sal, deurdat hy handel volgens die bietjie wat hy verneem het, dit ook juis in sy siel tot lewe bring, en die klein saadjie sal spoedig `n groot oes vanuit die lewende gees oplewer wat geen enkele bose mag ooit meer sal kan vernietig nie, terwyl die ander wat My leer aanprys en sorgvuldig bewaar, deur geestelike honger gepla, ook alle ander leerstellings daarmee saam sal bring en sal daarby tog nog van geestelike honger sterwe. Sal die siel My aan die ander kant dan herken, as sy hier deur haar doen en late nie die ware Gees van My woorde geheel en al volgens waarheid haar eie gemaak het nie?

[3] Gestel dat iemand nie méér weet van My leer as net dat `n mens God bo alles moet liefhê en sy naaste soos homself, en hieroor ernstig sou dink: 'Kyk, dit is `n goeie leer! Daar moet `n Allerhoogste Goddelike Wese bestaan, wat in ooreenstemming met alles wat deur Hom geskape is, baie goed en buitengewoon wys is en leef en Homself beweeg. Die derhalwe buitengewoon goeie, wyse en Almagtige Wese moet mens dus ook meer ag, waardeer, eer en liefhê as al die ander in die wêreld. My medemens is ewegoed net soos ek `n mens en deur die Skepper met die selfde regte in hierdie wêreld geplaas. Hy mag daarom nie te gering geag word nie, maar my verstand sê my selfs dat ek vir hom dieselfde oor moet hê as vir myself. Want ag ek hom te gering, dan doen ek dit ook met myself, omdat ek ook slegs `n mens en verder niks meer is nie. Ek erken dit as `n eerste lewensbegrip, en wil my dan ook om te begin, myself daadwerklik streng daaraan hou!'

[4] Hierdie mens doen dit nou en probeer ook sy omgewing daartoe te beweeg, deels deur sy voorbeeld en deels deur sy heel eenvoudige en sobere leer; so vorm hy sy gesin tot `n ware toonbeeld van ware en God toegewyde mense. En wat is in `n kort tydjie die vrugte van hierdie prysenswaardige onderneming? Die mense lewe in vrede. Niemand verhef hom bo die ander nie. Die verstandige sê vir homself om met baie geduld en liefde die minder begaafde op gelyke vlak te bring, en maak hom opmerksaam op alle wonderwerke in die skepping wat hy ken, en hy word geseënd deurdat hy die swakkere kan help.

[5] En omdat dit alles prakties gebeur, word dit ook in die lewe van die siel opgeneem; daardeur word die siel dan ook duidelik steeds aktiewer en kragtiger."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205