Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wat wel goed weet, maar nie doen nie

124 DIE MEESTER: 'As dit met al hierdie dinge dus maar net so en nooit anders kan wees nie, hoe onbeduidend lyk julle besorgdheid dan oor die suiwerhou van `n woord wat tot julle gerig is! Die mens het slegs baie weinig hiervan nodig, maar omtrent soos `n baie klein mosterdsaadjie; as hy dit in die lewensaarde van sy hart lê en dit dan ywerig en daadwerklik versorg, sal daar `n boom uitgroei en onder die takke van hierdie boom sal die voëls van die hemele ook hul woning vind.

[2] Besit die Fariseërs dalk nie die boeke van Moses en die profete nog net so volkome suiwer en sonder dat daar ook maar `n lettergreep van ontbreek nie?! Maar wat maak hulle verder? Ondanks alles is hulle tog nog verskeurende wolwe wat in skaapsklere rondloop om meer verwoesting aan te rig op die vreedsame weiding van die lammers!

[3] Ek sê vir julle: Al die uiterlike, al is dit op sigself hoe suiwer, is dood; slegs die gees het die lewe en maak alles lewend waar hy kan deurdring. Julle moet My leer daarom ook baie kort en eenvoudig saamvat, slegs vir sovêr die mense dit oor die algemeen nodig het. En wie hierdie leer in praktyk bring, sal ook in die mate van sy werksaamheid die Gees van God in homself opwek, en eers dan sal hierdie Gees in die lig en die vuur van alle waarheid die siel tot lewe wek, wat dan in alle Waarheid en Wysheid uit God binnegelei sal word; sy sal dan in en uit haarself dit en nog onuitspreeklik baie meer, wat Ek julle vertel het, uiters duidelik verneem.

[4] Stel julle nou voor dat Ek My hele skepping heel analities van die grootste tot en met die kleinste op wonderbaarlike wyse aan julle sou onthul deur talle duisende van My engele te ontbied en aan hulle op te dra om alles op te skryf met hulle moontlike bliksemsnel manier van skryf! Ten eerste sou ons daarvoor soveel van die wit perkamentrolle nodig gehad het dat daar ten lange laaste na geen plek in `n hele heelalsfeer genoeg daarvoor sou wees nie; en sê My eers in die tweede plek, as al hierdie eindelose talle velle volgeskrywe sou wees, wanneer sou julle dan klaarkry met die deurlees van al die geskrifte! Ek hoop nou dat julle `n bietjie begin om in te sien hoe dwaas dit sou wees!

[5] Gaan na Memphis, Thebe, Karnag en Alexandrië! Daar sal julle biblioteke aantref, almal so eg en korrek as moontlik; maar Ek verseker julle, dat geen mens hulle in vyfhonderd jaar geheel en al sal kan deurlees nie! Daarvoor sou Metusalem se leeftyd werklik nodig wees om alle skrifte en tekens net éénmaal deur te lees! En wat sou iemand kry as hy hierdie verbasingwekkende moeite onderneem het? Hy sou die gelese dele sekerlik al van dag tot dag, ja uiteindelik, as hy al flink in die war was, van uur tot uur en van minuut tot minuut totaal vergeet het, en vir sy lewe ook nie die geringste wins daarvan oorhou nie.

[6] Merk julle nou wat Ek met `n totaal ander weg vir julle met My leer wil wys; waarop mens binne die kortste tyd, as mens dit maar egter net wil, toegang tot alle Wysheid van die hemele kan verkry!

[7] Ek is hierdie Weg, en die Waarheid en die Lewe. Wie My waaragtig liefhet en in sy siel opgeneem het, maar nie maar net glo wat betref die verneemde woord nie, maar ook geheel en al wat sy handeling aanbetref, tot hom sal Ek altyd in die gees kom, en Ek sal My aan hom openbaar en hom verlig soos `n helder opgaande son die voorheen duister velde van die aarde.

[8] Met één innerlike, geestelike blik sal hy meer oor die diepste oorsprong leer ken as deur tienmaal honderdduisend jaar lank te lees, gestel dat dit iemand gegee was om so lank te lewe.

[9] Julle het nou self sedert verskeie dae, wat Ek steeds onderwysend en handelend in julle midde deurgebring het, tog heelwat verneem en gesien, en julle siel is daardeur baie wakker gemaak, en in julle harte het liefde, geloof en volledige vertroue gekom; maar as julle dit slegs hierby sou laat, dan sou julle werklik nog weinig daaraan gehad het vir julle siel, en julle kennis en insig sou nie meer geword het as wat dit nou is nie.

[10] Julle moet van nou af aan selfwerksaam wees volgens My leer, dan sal julle siel lewendiger en ligter word en dan eers sal My Gees in julle siel Sy intrek neem en julle in alle Wysheid binnelei.

[11] Daaruit bestaan dus die nuwe skool van die ware lewe en die enige ware Kennis van God en die lewe self, en My leer heet `n ware evangelie*, omdat dit die mense gaan leer op die enigste, korrekte en ware weg ter verkryging van die ware ewige lewe en van die enige ware Liefde en Wysheid van God. * (goeie blye boodskap)

[12] Die leer is weliswaar nie groot nie, en as dit in `n boek geskryf moet word, kan dit deur elkeen wat kan lees, in enkele ure deurgelees word. Maar hoe ywerig mens ookal lees, slegs deur te lees, sal mens nie meer wins daarvan hê as wanneer iemand maar net uiterlik met My leer kennis gemaak het nie, wat wel in die eerste plek kan gebeur.

[13] Want dit is te vergelyk met `n eerste noodsaaklike tree om op reis te gaan; want as Ek van hier na byvoorbeeld Damaskus sou moet reis en nooit die eerste tree sou neem nie, dan spreek dit vanself dat Ek ook die tweede tree nie sal kan tree nie en nog minder die daaropvolgende treë wat My na Damaskus moet bring nie. Maar ook al tree Ek die eerste tree hoe stewig, en daarna ook die tweede, derde en vierde, dan het dit nog geen enkele sin wanneer Ek daarna bly staan, en dit te veel inspanning sou vind om so lank te bly loop totdat Ek in Damaskus aangekom het.

[14] Ek het julle nou baie duidelik gemaak wat julle moet doen om waaragtig die ewige lewe en al sy geregtigheid te verwerf. Handel dus daarvolgens, dan sal My belofte aan julle alles volledig in vervulling gaan; want van die talle openbarings wat Ek tot nog toe geopenbaar het, is dit, wat Ek julle nou gesê en geopenbaar het, wel die grootste en die belangrikste vir julle lewe.

[15] Ek het julle nou baie wonderwerke van My skepping onthul en geopenbaar, en daarom het julle baie van My geleer; maar julle weet nou net wat julle gehoor en gesien het. Meer as dit weet julle egter nie. Maar met die huidige openbaring het Ek julle nou haarfyn en baie duidelik getoon wat julle en elkeen te doen staan om tot die onbegrensde selfaanskouing van alle wonderwerke van die eindelose groot skepping van God te kom, wat dan nie meer sal vergaan nie, maar ewig sal bly bestaan."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205