Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Inkarnasies van Johannes die Doper. Evangelie van Matthéüs. 17:10-13

237 Toe ons nog op die weg bergaf was, kom Petrus na My toe en vra wat dit beteken as die skrifgeleerdes sê dat EliJaH vóór die koms van die Messias moet kom om alles voor te berei om so die weë vir die Heer gereed te maak. (Matthéüs. 17:10)

[2] Daarop sê EK aan Petrus: “Hierin het die skrifgeleerdes gelyk en ook jy nou met jou vraag! EliJaH sou wel vooraf gekom en alles voorberei het (Matthéüs. 17:11), maar Ek sê vir julle: EliJaH was reeds daar gewees, maar hulle het hom net so min herken as nou vir My, en met hom gedoen wat hulle wil. Presies so sal hulle ook doen met My, die Menseseun, soos wat Ek dit julle vantevore al meermale verkondig het. (Matthéüs. 17:12) Ek sê aan julle: Hierdie heeltemal verkeerde saadlyn sal nie rus voordat sy die doel van haar wraak bereik het nie, maar daardeur dan ook haar oordeel! 

[3] Johannes, in wie EliJaH se gees gewoon het, het tekens gedoen, onderrig en gedoop, en het so die volk vir My voorberei. Wat het egter daardeur met hom gebeur?

[4] Ekself onderrig nou die suiwerste lewensleer en verrig tekens wat op hierdie aarde nog nooit verrig was nie, en voortaan ook nie meer in hierdie grootte en op hierdie skaal verrig sal word nie; daarom het hulle ten aansien van My nog des te meer toorn en wraakgevoelens, en sal hulle onder toelating van Bo met My doen wat Ek julle reeds vantevore aangedui het.

[5] By julle kom weliswaar steeds opnuut die ou vraag op waarom Ek Myself so-iets deur die mense sal laat aandoen. Maar ook daaroor het julle al meer as voldoende onderrig gehad, laat ons daarom nou na die dal gaan na ons broers!”

[6] Nadat Ek hierdie woorde gespreek het, sien die drietal eers in dat Johannes die Doper eintlik EliJaH was. (Matthéüs. 17:13)

[7] Terwyl ons nog verder bergaf gaan na die dal, vra Petrus My nogmaals: “Heer, dit is tog wel `n bietjie merkwaardig met EliJaH! Hy was dus in volle erns reeds driemaal op hierdie aarde en altyd - sê - in die vlees?

[8] Die eerste twee keer as Sehel en later as EliJaH, want hy het nie gesterf nie, maar onmiddellik met geheel verglansde liggaam na die hemele opgevaar, ofskoon hy net soos ek ook die laaste keer uit `n vrou in die wêreld gekom het; maar hierdie laaste keer moes hy werklik ontliggaam word. Wat het daar met sy vroeëre twee liggame gebeur, en wat sal daar nou met die liggaam gebeur? Sal hy in U hemelryk, as alles voltooi is, met drie liggame rondloop? Want daar staan immers geskryf dat op die Jongste Dag ook die liggame sal opstaan en weer met hul siele verenig sal word! Hoe moet ons dit verstaan?”

[9] EK sê: “Wat die opstanding van die liggaam en die Jongste Dag beteken, het Ek al in Ceasarea Philippi en daar benede in die dorp meer as volledig duidelik gemaak. Kan jy My woorde dan nie onthou nie? Waarom moet Ek steeds een en dieselfde vir jou herhaal? Jy weet wel iets daarvan af, maar sonder samehang, en dit is as gevolg van jou nog baie sterk Judeërdom, waardeur jy ondanks My talryke verklarings, in jou ou, wonderlike fantasieë alles nog altyd letterlik opvat!

[10] Aanvaar die korrekte opvatting en word in die waaragtige suiwerste lig van My verstandig, dan sal jy nie meer sulke dinge vra wat jy al lank vóór elke ander moes verstaan het nie!

[11] Is die dag waarop `n kind ter wêreld kom, dan nie die jongste dag nie? En is selfs nie elke dag wat jy deurgaan, `n jongste dag nie, maar jou geboortedag daarenteen, wat voorheen `n jongste dag vir jou was, nou jou oudste dag nie?

[12] Die vlees waaruit jou liggaam nou bestaan, sal ontbind, oorgaan in wurms en plante en die siele daarvan, en daar sal heeltemal vreemde wesens daaruit voortkom wat dan ewig niks meer te make sal hê met jou siel en met jou gees nie. Verstaan dit! Die jongste dag vir jou siel sal, na wat Ek jou nou uitgelê het, tog duidelik die dag wees waarop jy uit jou liggaam geneem sal word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205