Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Genesing van die man wat deur `n giftige slang gebyt is. Die wonderwyn

268 Toe ons die huis bereik van die man wat die ongeluk oorgekom het, kom sy vrou en kinders na buite en vra Ons om hulp.

[2] Maar EK sê: “Gaan maar na hom toe, Ek het hom alreeds gehelp!”

[3] Vrou en kinders hardloop na binne na die huisvader en hy het hulle al heeltemal gesond tegemoet gekom. Hy het tevore op kaalvoete vir hom `n pad gebaan deur die struike en was deur `n bose adder gebyt; baie gou het hy opgeswel en hy het in lewensgevaar verkeer, maar Ek het gekom en hom genees.

[4] Toe hy na buite gekom het om My te bedank, sê Ek: “Die volgende keer moet jy nie jou skoene spaar as jy in die struikgewas iets te doen het nie! Maar van nou af aan sal daar geen enkele adder meer in die gebied rondkruip nie! Amen.”

[5] Hierop gaan Ons na die huis, waar die middagete en die leerlinge op Ons wag. Die middagete was hierdie keer baie vorstelik, daar was maar net min wyn; daarom vra die herbergier My of hy weer bosbessiesap moes bedien.

[6] EK sê aan hom: “Doen ook vandag weer soos gisteraand, dan sal Ons ook aan wyn geen gebrek hê nie!”

[7] Toe laat hy enkele groot kruike met water vul en Ek wil dit, - en dit word wyn.

[8] En omdat daar hierdie keer ook enkele bure by Barnabe aan tafel uitgenooi was om saam met Ons die middagmaaltyd te gebruik, maak `N BUURMAN die opmerking: “Ek dink dat jy vir sulke buitengewone gaste beter boswyn, wat by jou egter goed en kragtig is, kan aanbied as dié egte water?”

[9] DIE HERBERGIER sê: “Maar, beste vriende, dit weet ek netso goed as iemand van julle; ook weet ek dat julle vanaf vanmôre tot nou met die leerlinge gepraat het, en verseker ook oor die vraag wie hierdie Heer van alle meesters eintlik presies is, en dat niks vir Hom onmoontlik is nie! En so sal julle ook wel verneem het hoe Hy, nie net gisteraand hier nie, maar ook al in enkele ander plekke in Galilea die water enkel en alleen deur die seën van Sy wil in die allerbeste wyn verander het, en die verbaasde gaste dan altyd die beste wyn te drinke gekry het. Aan my het in elk geval gister heimlik een van die leerlinge toevertrou hoe hul Majesteit en Heer dit selfs al dikwels bewerkstellig het, sodoende weet ek dit nou. Het die leerlinge julle dan niks daaroor vertel nie?”

[10] DIE BUURMAN wat dit het oor die boswyn, sê: “Ja, die leerlinge het ons wel die een en ander daaroor vertel; maar juis omdat ons maar al te goed weet wie hierdie Majesteit en Heer is, durf ons as sondaars die Heilige van JaHWeH nie daaroor vra nie; maar ons is nou ook al volkome daarvan oortuig dat die water in die kruike in die - laat ons sê - beste wyn verander is. Vergewe my daarom hierdie keer my bietjie te voorbarige sorg oor die boswyn!”

[11] DIE HERBERGIER sê: “Alles is weer in orde; eet en drink nou namate jy honger en dors het!”

[12] Nou eet en drink ons welgemoed en daar word by hierdie maaltyd baie oor verskillende goeie dinge gepraat, soos wat dit by dergelike geleenthede ook elders die geval was.

[13] Maar toe Ons ongeveer twee uur lank so aan tafel gesit het, het `n BUURMAN wat `n bietjie verder woon, gekom, en wat nog niks van My aanwesigheid verneem het nie, met `n totaal wanhopige gesig die huis van die leier binne en sê: “Barnabe, Barnabe, ons is so goed as verlore! Hoe dit gebeur het weet ek nie; maar dit is werklik waar: Ons enigste en noodsaaklike weg na Nahim is nie meer daar nie! Daar is nou `n soort gemesselde borswering; as jy daar oorheen kyk sien jy so `n groot diepte dat jy daarvan gril! Om daar na benede te gaan is slegs vir `n voël, maar nie meer vir `n mens moontlik nie! En `n ander weg na benede ken ek nie, omdat die gebergte na alle kante niks anders as uiters steil rotswande het nie. Wat moet ons nou doen, as ons sout nodig het? My voorraad is uitgeput, en julle s`n sal ook opraak; wat dan? Wie het ons dit aangedoen?”

[14] DIE HERBERGIER sê: “Jy hoef niks te vrees nie! Ook al het jy tot nou toe geen beter weg na benede gevind nie, hier is nog ander mense wat `n baie makliker weg ken, en dit sal ons in die toekoms ook neem. Want jy sien hier onbekende gaste by my; dit is baie wonderbaarlike mense, hulle ken die beter weg en sal hom vir ons aanwys. Maar van nou af aan sal ons hierdie weg nie te dikwels meer hoef af te lê nie, omdat die Heer, hierdie groot Heer van alle meesters van die wêreld, ons ook in die gebergte `n nog beter sout sal aanwys as die sout van Nahim. Maar gaan sit nou en eet en drink saam met ons!”

[15] Die buurman laat hom dit geen twee keer sê nie, gaan onmiddellik aan tafel sit en eet en drink saam met ons, en kan nie daaroor uitgepraat raak dat die kwaliteit van die wyn so goed was nie; en hy vra die herbergier waar hy die wyn vandaan gekry het.

[16] DIE HERBERGIER sê: “Kyk daar! Die Heer van alle meesters wat daar saam met ons aan tafel sit en wat, soos wat jy kan sien, ook my dogter Elisa alleen deur Sy almagtige woord in één oomblik so genees het soos wat jy haar nou hier naas my sien sit, het vir ons nou ook hierdie heerlikste wyn uit water geskape en sal sekerlik op dieselfde manier ook daarvoor sorg dat ons ons eie sout sal hê. Sê my nou of jy nog bang is omdat hierdie ware Majesteit en Heer suiwer deur Sy almagtige woord hierdie weg na benede, wat steeds baie gevaarlik vir ons was, vir altyd versper het, en in ruil daarvoor `n verborge en maklike weg geopen het waarlangs ons ook ons onontbeerlike huisdiere sonder enige gevaar na bo en na benede kan dryf! - Is jy daarmee eens?”

[17] DIE VERRE BUURMAN sê: “Ja, as dit die geval is, waaraan ek nou nie in die minste twyfel nie, dan is dit inderdaad baie goed vir ons; want ek was al sedert lank bevrees dat die Nahimers ons uiteindelik tog eendag sou ontdek en aan die Romeine of aan die Judeërs in Jerusalem sou verraai, wat absoluut nie in ons voordeel sou wees nie. Maar so kan ons nog lank die seëninge van die seldsame hooggeleë dal geniet sonder dat ons aan die skandelike wêreldse veelvrate belasting moet betaal. Maar nou sou ek wel eers iets meer wil hoor oor hierdie buitengewone wonderdoener! Wees so goed en vertel my meer!”

[18] DIE HERBERGIER sê: “Laat dit nou nog maar! Hierdie goddelike Heer sal met Sy leerlinge nog `n geruime tyd in ons midde bly, en dan sal daar verseker wel `n geskikte geleentheid homself voordoen waarop jy nader met Hom kennis kan maak!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205