Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die tydperk van die tegniek

108 DIE MEESTER: 'Ten slotte sal daar `n tyd kom dat die mense baie knap en handig in alle dinge sal word, en allerlei masjiene sal bou wat alle menslike arbeid sal verrig soos lewende, met verstand begaafde mense en diere; daardeur sal egter talle mensehande werkloos word, en die maag van die arme, werklose mense sal baie honger ken. Die ellende van die mense sal dan `n ongelooflike hoogtepunt bereik. Dan sal daar weer mense deur My opgewek word, hulle sal meer as tweehonderd jaar lank die waarheid van My Naam verkondig. Vir diegene wat hul woorde ter harte sal neem, sal dit tot verlossing strek, ofskoon hul getal maar klein sal wees!

[2] En as die aantal suiwer en goeie mense, soos in die tye van Noag, sterk sal afneem, dan sal die aarde nogmaals geteister word deur `n algemene oordeel, waarby nóg die mense, nóg die diere, nóg die plante gespaar sal word. Dan sal die mense niks meer hê aan hul vuur- en doodspuwende wapens, niks meer aan hul vestings en hulle ysterwaens waarop hulle met die snelheid van `n afgeskiete pyl sal voortsnel nie; want uit die lug sal `n vyand kom en almal vernietig wat steeds kwaaddoen. Dit sal werklik `n tyd wees van ware suiwering, soos wat destyds in die tempel gebeur het.

[3] Wat Ek onlangs in Jerusalem in die tempel met die geldwisselaars en duiwehandelaars gedoen het, sal Ek dan op groot skaal doen op die hele aarde. Ek sal alle handelshuise en geldwisselplekke vernietig deur die vyand wat Ek vanuit die verre lugruim na die aarde sal stuur soos `n bliksemstraal met baie geraas en gekraak. Waarlik, daarteen sal alle leërs van die aarde tevergeefs veg; maar aan My weinige vriende sal die groot, onoorwinlike vyand geen leed aandoen nie, hy sal hulle spaar vir `n hele nuwe kweekplek, waaruit nuwe en beter mense sal voortkom!

[4] Verstaan dit goed! Dink veral nie dat Ek dit alles so wil hê en dat dit daarom alles bepaald so sal wees nie. Dit is alles ver van My en van julle! Maar dit sal wees net soos vóór die tyd van Noag: die mense sal van hul omvangryke wêreldse kennis en hul verwerfde kundigheid steeds slegter gebruik maak en uit vrye wil allerlei oordele vanuit die diepte van My skepping oor hulleself en uiteindelik oor die algehele aarde bring. Maar daar sê Ek dan ook aan julle, My agtenswaardige Romeine: Volenti non fit iniura!* * (aan diegene wat wil, geskied geen onreg nie)

[5] Ja, mense wat weet om die maat te hou en wat hul grense ken, sal alles hê en hulle allerlei gerieflikhede vir die aardse lewe verskaf en hul hande spaar vir swaar werksaamhede, om so meer tyd te kry vir die bewerking en veredeling van hul hart en siel, en hulle sal almal op dieselfde wyse gedurende hul hele lewe vol vreugde wees in My Naam; en onder hulle sal niemand ly en treur nie, behalwe iemand wat moedwillig sondig teen elke bestaande orde in My Naam!

[6] Maar wanneer die kundigheid van die mense op natuurlike wyse sal toeneem, sal ook hul selfsug, hebsug en heerssug toeneem en gelyktydig ook die verduistering van die gemoedere van die mens, dan sal die slegte gevolge daarvan natuurlik nie kan wegbly nie! Want as julle jul voete vinnig deurentyd maar verder en verder verplaas, kan die gevolge van die vinnige voorwaartse beweging nie wegbly nie. En wie met die voorwaartse beweging aarsel, moet ook aanvaar dat hy selfs deur `n slak ingehaal sal word. Van `n hoogte na benede veroorsaak `n val, soos wat bekend is, die dood van die liggaam; maar as iemand dit uit ervaring weet en dan tog van `n groot hoogte na die diepte spring, wat is dit dan?

[7] Sien, dit is blinde moedswilligheid, en die bose gevolge daarvan word nie veroorsaak deur My wil nie, maar deur die onveranderbare wet van My ewige orde, wat nie op `n spesifieke plek, en heeltemal nie in die algemeen opgehef kan word nie! Of dink julle somtyds dat Ek die vuur sy vernietigende hitte moet laat afneem, sodat `n dwaas wat hom in die vuur gestort het, geen skade sal ly nie?! Of moet Ek die water sy eienskap ontneem dat dit water is, waarin die mens spoedig sal stik en verdrink, as hy wel daarin deur sy eie onversigtigheid, of deur geweld van iemand anders, of moedswillig daarin geval het?!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205