Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die moontlikheid om groter dinge te doen as die Heer

13 Met hierdie boodskap kom die aanvoerder, begelei deur sy dienaar, na My toe en wou My woordeliks meedeel wat sy metgeselle aan hom gesê het.

[2] Maar EK sê aan hom: “Vriend, dit het die Een wat die harte en niere van die mense beproef, nie nodig nie! Ek weet reeds alles wat jou metgeselle werklik heel verstandig aan jou toevertrou het en jy kan nou uit My mond verneem wat volkome reg is ten opsigte van julle strydvraag. Kyk, luister en verstaan!

[3] As `n mens op hierdie aarde of eers in die hiernamaals, wat meestal die geval sal wees, die hoogste geestelike lewensvoleinding sal verkry, dan sal hy nie net dit, wat Ek nou ten aanskoue voor julle oë gedoen het en wat daar in alle skeppingsfere plaasvind, ook deur sy vrye wil sal kan doen en laat ontstaan en bestaan nie, maar nog baie groter dinge as dit! Want `n volmaakte mens is in die eerste plek, as My kind, in alles één met My en nie maar net in bepaalde spesiale dinge nie en moet dus, omdat My wil ook algeheel syne geword het, natuurlik ook dit alles kan doen wat Ek Self kan doen.

[4] Maar in die tweede plek verloor geen mens, hoe volmaak ook, sy eie vrye wil nie, ook al het hy nog so één van wil met My geword en hy kan daarom nie net alles uit My, maar ook heel ongebonde vry uit homself wil en dit sal dan tog duidelik meer wees as My wil.

[5] Dit klink vir jou nou wel `n bietjie fabelagtig in die ore, maar tog is dit so en dit sal ook vir ewig so bly. Sodat jy dit egter heel duidelik kan insien, sal Ek dit nog ietwat duideliker aan jou maak deur jou te wys op `n saak wat vir jou, na Memphis, nie meer heeltemal vreemd sal wees nie.

[6] Jy het in Memphis, tydens julle eerste oponthoud, en wel by die owerste, die wyse Justus Platonicus, verskillende soorte spieëls gesien, waarvan die gepoleerde oppervlak jou ewebeeld teruggekaats het.

[7] Die owerste het aan jou ten slotte ook `n sogenaamde magiese spieël getoon, waarin jy, tot jou groot verbasing, jouself baie groter gesien het as wat jy in werklikheid is.

[8] Die owerste het aan jou egter ook nog `n ander eienskap van hierdie spieël getoon. Hy het naamlik die sonlig daarop laat val en het so in die buitengewoon helder brandpunt, wat terloops so ongeveer `n halwe manslengte buite die van alle kante na die middel toe geboë vlak bevind het, allerlei brandbare dinge ontsteek, waaroor jy jou nog baie meer verwonder het.

[9] Nou vra Ek jou hoe dit moontlik was? Hoe het dit gebeur dat die sonstraal, wat deur die sogenaamde magiese spieël teruggekaats is, `n veel groter uitwerking teweeggebring het as die son met sy reguit, ongebroke strale? En tog was die straal uit die magiese spieël geen ander as een uit een en dieselfde son nie!

[10] Die spieël het daarby beslis heeltemal koud gebly! Ja, waaraan het die straal dan die uitwerking wat die natuurlike, vrye sonlig so ver oortref, gekry? Jy begryp tog al baie en jy sal My ook wel `n rede daarvoor kan gee, ten minste in soverre soos die owerste jou dit kon gee!”

[11] Die aanvoerder sê: “O Heer, U weet werklik, werklik alles! Ja, dit is waar, die owerste in Memphis het ons so `n spieël laat sien en ook sy verskillende soorte werkinge: maar met sy verklaringe daaroor was ek, ronduit gesê, allermins tevrede. Hy het daar skynbaar behoorlik langs U stok geslaan en dit selfs nie eers aangeraak nie. Kortom, hoe langer hy vol ywer die hele saak aan my probeer verduidelik het, des te onbegrypliker het dit vir hom en vir my geword.

[12] Net een ding lyk vir my wel waar, naamlik dat so `n na binne geboë spieël die eienskap het om die uitgaande strale van die son te konvergeer as bondel en dit in `n baie sterker graad as wanneer mens `n aantal vlak spieëls wat die son in sy natuurlike grootte, soos wat ons oog dit sien, weergee, so sou opstel dat alle strale op een en dieselfde plek bymekaar sou kom, watter plek dan ook heelwat helderder sou word as die ligvlek afkomstig van `n enkele vlak spieël. Daar was dus sprake van `n duidelike verdigting van die sonligstraal en die ervaring leer, dat die vermeerdering van die lig ook `n eweredige vermeerdering van die warmte en hitte ten gevolge het. So-iets sou egter volgens die mening van die owerste nooit presies te bereken wees nie; maar dit is nogtans volgens dit wat hy gesê het, deur veelvuldige en goed ondersoekte ervaring as seker bevestig.

[13] Dit, o Heer, is nou egter ook alreeds alles wat beter is wat die owerste aan my vertel het. Watter verdere goeie gevolgtrekking ek egter daaruit moet of behoort te maak, daarvoor het my siel te min insig en ek vra U daarom nogmaals of U vir my, `n liglose mens, `n ware, gekonsentreerde lig in my siel sou wou laat stroom, andersins sal dit net so duister daarin wees soos wat die vel van my waardelose liggaam deur en deur swart is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205