Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Drie bedenkinge teen die voortlewe na die dood

187 HIRAM sê: 'Ek is verbaas oor jou kennis van hierdie dinge. Dit het jy nie van `n wêreldse skool en ook nie uit jou fantasie gekry nie! Dit sou byna so kon wees, omdat jy dit hier vir ons so maklik uiteengesit het, asof dit al sedert ondenkbare tye iets baie bekends vir jou was; want waarlik, so-iets kan jy nie uit jou duim gesuig het nie! Ons sê jou nou slegs dat ons van al hierdie dinge weliswaar so goed as niks verstaan nie; maar ons glo dit nou volkome, omdat jy dit vir ons sê; want jy het nou in die kort tyd van ons samesyn op die eenvoudigste en helderste manier in die wêreld onvoorstelbare bewyse gelewer van jou alwetendheid en jou integriteit en waaragtigheid.

[2] Desondanks het ek jou, met betrekking tot die bestaan na die dood, nog drie belangrike vrae te stel. Kan jy ons ook hierop `n bevredigende antwoord gee, dan sal ons terwille van jou ons hele Cynice* wysheid laat vaar en jou dan vra om ons `n beter waarheid te leer. Die vrae is kort en eenvoudig die volgende: * (Cynicus word in Griekeland iemand genoem wat tot `n filosofiese skool behoort wat die ontbering van alle kultuurgoedere nastreef)

[3] Wat van die geeste wat hul siele ter ontwikkeling in liggame van doofstommes plaas en in liggame van mense wat reeds vanaf hul geboorte agterlik en dwaas is? Wat se geestelike groei van `n mensesiel kan mens redelikergewys in sulke liggame verwag? Dit is die eerste vraag.

[4] Hoe is dit met die siele van kinders wat sterwe nog lank voordat hul bewussyn homself ontwikkel het en waarby dus heeltemal geen sprake kan wees van `n geestelike groei nie? Van watter volkome suiwer geeste uit God aan die ander kant stam hulle af? Sien, vriend, dit is die tweede, baie belangrike vraag!

[5] En die derde vraag lui as volg: Hoe is dit met die siele wat op aarde in hul liggaam weliswaar heelwat wêreldse beskawing en intelligensie verwerf het, maar dan eiewillig en geheel eiemagtig tot ware monsters van die beter menslike samelewing word? Waarom het hulle geeste wat hulle in hul bestaan gebring het en tog van God eweveel wysheid gekry het as jy, dit toegelaat; en waarom bekommer hy hom nie meer dat sy tevoorgeskyne geroepte siel één moet word met hom nie? Of maak dit vir `n suiwer gees nie saak watter trap van ontwikkeling `n siel in hierdie wêreld en in haar liggaam kry nie?

[6] Kyk, vriend, hier is nog `n paar dinge wat in teenspraak is met wat jy vroeër gesê het en wat onsself met die beste wil nie onder één noemer kan bring nie! Want wel is die totstandkoming van so `n lewenseenwording `n baie ernstige aangeleentheid, waarvan die wel en weë gedurende die hele ewigheid dus afhang - en dan kan dit onmoontlik so wees dat die magtige gees van die ander kant niks voel, of sy siel wat deur sy mag en intelligensie uit God gevorm of uit die materie ontwikkel is, `n volmaak geestelik wese word soos hyself of `n ware monster nie, oftewel dat die totstandkoming van hierdie eenwording geen hoogs en selfs heilige ernstige aangeleentheid is nie, maar somaar `n willekeurige spel. Dan het ons ondanks jou so diepe wysheid onteenseglik gelyk as ons beweer dat in die groot natuurwêreld alles slegs `n ydel spel van haar kragte is, en dat ons enkel as `n verbygaande grap van die groot natuur die lewe gekry het, en dat dit met die dood vir altyd ophou, ongeag wat onsterflike volmaakte geeste êrens doen wat hulleself nooit oor die hele natuur bekommer nie!

[7] Want as ek byvoorbeeld ook in die lewe geroep is deur so `n oergees uit God wat hom heeltemal nie meer om my wil bekommer nie, dan dien hy immers nêrens vir iets nie; en as ek my dan as siel heeltemal self vir hom moet ontwikkel, sonder dat hy merkbaar daaraan meehelp, dan kan so `n lou gees ook wel gedurende die hele ewigheid uit my buurt bly! Wel, vriend, wat se goeie en wyse antwoord het jy hierop?"

[8] PETRUS sê heimlik vir My: 'Heer, hierop sou my wysheid tog geen antwoord meer weet nie! Ek hou my hart vas hoe Johannes hom hieruit sal red!"

[9] EK sê: 'Wees onbesorg! Deur My en met My gaan alles voor die wind!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205