Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Handeling volgens die leer en God se beloftes. Oor seremoniële dienste

131 DIE MEESTER: 'Julle moet dus by julle toekomstige leerlinge veral daarna toesien dat hulle die nuwe leer nie alleen hoor en glo nie, maar dat hulle ywerig aan die werk gaan volgens die ontvangde leer, wat hulle as oortuigend waar aangeneem het; want hierdie leer sal in elke mens eers tot volledige waarheid word, as hy in homself ook die vervulling van die beloftes wat daarin gedoen word, begin waar te neem; en hy uiteindelik nie anders kan doen as tot homself te sê: 'Ja, die leer is waaragtig van God, want deur hierdie in praktyk te bring begin die een na die ander belofte wat daarin gegee word, daadwerklik en in waarheid in vervulling te gaan!'

[2] Het iemand dit eenmaal sover gebring, dan het hy reeds gewen en daarmee ook My leer, as voorbeeld vir talle ander wat dit nog aan die probeer is maar nog nie tot werksaamheid gekom het nie. Hierdeur aangemoedig, sal hulle self met meer insette aan die werk gaan; eers dan sal dit vir hulle vrugte oplewer, al is dit ook hoe weinig in die begin.

[3] Wees daarom by die vergroot en uitdra van My leer so slim en verstandig soos slange en jakkalse, maar wel altyd so sagmoedig soos duiwe, wie se dikwels skynbare morrende gekoer niks anders is as veredelde liefde nie, waarom dan ook vir die oudstes die duif reeds as `n simbool van die liefde gegeld het.

[4] Dit hang nou hoofsaaklik van julle af; soos wat julle dit sal aanpak, sal dit dan ook gaan. As julle ook maar een of ander klein foutjie sal begaan in die allereerste begin, dan sal daardeur oor enkele eeue al `n hele berg van sonde teen die korrekte orde sigbaar wees.

[5] Laat julle daarom veral nie mislei deur sake wat mens van ouds af in ere hou nie! Nie deur die sabbat of die nuwemaan, nie deur die Skrif, die tempel, die grafte van die profete, ook nie deur die plek waar Ek Self met julle gewerk het nie, nie deur die suiwer magie van My Naam nie, nie deur tempels, huise van patriarge of bepaalde ure van die dag nie; dergelike uitwendige dwase gedoe lei julle af van hierdie verneemde waarheid!

[6] Want dit alles was tot nog toe slegs `n beeld, wat gestaan het vir Hom wat nou voor julle staan, in die helderste lig en as die suiwerste en mees onvervalste Waarheid; dit was slegs `n groot tekenskrif oor die hele bodem van die aarde heen geskryf, en `n groot brief van die Vader in die hemel aan Sy kinders op hierdie aarde, wat nou egter ontneem is van Sy seël, en oop voor julle lê en wat julle nou almal baie goed kan lees. Maar hierdie brief het nou vir julle verder geen waarde en ook geen betekenis meer wat bepalend is vir die lewe nie.

[7] Alles is nou die liefde tot God en die naaste, maar nie net in teorie nie, maar waaragtig met dade; en daarvoor is nóg `n sabbat nóg `n nuwemaan nodig, ook geen tempel of `n besondere tyd, of `n fraai omsoomde kleed, `n lang onsinnige gebed, nog `n onsinnige soenoffer of die slag en verbranding van osse, kalwers en bokke nie, maar slegs die liefde wat Ek julle nou al so dikwels onthul het.

[8] Word dus as verbreiders van My leer nêrens en nooit swak vir watter ou voorskrif dan ook al nie, nie eens in die keuse van spyse nie; want wat met mate en doelmatig deur die mond na binne gaan, verontreinig die mens nooit; maar slegs dit verontreinig die mens, wat vanuit die hart deur die mond na buite kom tot skade van die medemens! So sal julle met hierdie leer aan die mense blywend die ware seën gee en die ware heil, dat oor duisend jaar en nog eens duisend jaar selfs nog suiwer sal wees soos Ek dit nou gee en gegee het!

f9] Maar as julle ook maar één ou seremonie met My leer sal verbind en bepaalde herdenkingsdae gaan invoer en slegs één kleinigheid uit die tempel, dan sal dit van jaar tot jaar toeneem en oor enkele eeue tot `n ware, julle bekende, Augiasstal word, wat uiteindelik dan weer deur `n algemene oordeel gesuiwer sal moet word. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205