Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 254

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer met Syne in die huis van die Griekse herbergier. Waarheid maak vry

254 Omdat die herbergier `n Griek en ook nog `n heiden was, maar tog baie goed geweet het dat die Judeërs nie alles mag eet wat die Grieke, wat nog heidene was, geëet het nie, vra hy My: “O, groot Majesteit en Heer, wat eet U gewoonlik in die aand, en wat eet hierdie manne wat sekerlik U leerlinge is? Alhoewel ek `n heiden is, weet ek tog uit ervaring dat die Judeërs `n aantal dinge nie eet wat ons wel eet nie, en daarom vra ek ook, waarmee ek julle, beste manne, van diens kan wees. Want nou is julle heeltemal meester in die huis, en ek is slegs julle gehoorsame kneg; beveel my daarom na willekeur, dan sal ek alles doen wat ek kan om elke wens moontlik van julle te vervul!”

[2] EK sê: “Gee ons `n bietjie brood en wyn en daarna `n goeie slaapplek. Meer het ons nie nodig nie.”

[3] Dit maak die herbergier byna verdrietig dat Ek nie iets meer en iets beters verlang het nie. Maar desondanks gaan hy na sy voorraadkamer en bring ons self brood en wyn, en dit in die regte hoeveelheid. Ons neem plaas aan `n groot tafel en die herbergier neem met sy kinders ook aan dieselfde tafel plaas, eet en drink saam met ons, en toe die wyn sy tong `n bietjie losmaak, begin hy ons enkele dinge te vertel wat hy meegemaak het; sodoende kom ook die wonderwerke van die Essene en die van die Fariseërs ter sprake, asook die tien belangrikste wette van Moses.

[4] Die herbergier was van mening dat hierdie wette wel baie, baie goed was, maar die mens hou hom nie daarby nie, en die Judese priesters doen dit die allerminste, wat hulle geloofsgenote tog altyd `n goeie voorbeeld moes gee. Aangesien Ek so `n groot, en seker hoogs wyse Verlosser was, sou Ek hom ook wat dit aanbetref `n korrekte verklaring kon gee. Maar die belangrikste was dat Ek hom goeie raad moes gee oor die kwessie of hy na meer versoeke van die kant van die Fariseërs af, tot die Judeërdom moes oorgaan, of verder Griek moes bly. Die leer van die Judeërs het hom werklik beter geval as sy eie leer, wat eintlik maar net `n poëtiese produk van die fantasie was, waarin maar baie weinig waarheid geskuil het.

[5] Daarop antwoord EK hom: “Bly uiterlik wat jy is, maar wees innerlik `n ware Judeër, wat jy baie maklik kan doen, omdat jy daarby teenoor geen enkele priester iets verplig is nie! Dat die Fariseërs, jou vanweë jou groot rykdom liewer wil hê dat jy aan hulle behoort as dat jy `n vreemde vir hulle is, sal jy wel kan insien! Bly daarom wat jy is en soek die Waarheid en die grond van die lewe en die bestaan! Want slegs die Waarheid sal jou vrymaak en hiermee sal jy hoog bo die hele priesterdom staan en bo alles wat die wêreld wysheid noem. Het jy My nou goed verstaan?”

[6] Die herbergier sê: “Ek het U verstaan; ek moet slegs nog `n besondere vraag stel, naamlik: Wat is die Waarheid? Ja, die suiwer Waarheid sou die mens seker absoluut vrymaak, maar waar kan ek Haar vind, wie kan my Haar laat sien, wie gee dit?”

[7] EK sê: “Dit kan Ek en elkeen van hierdie leerlinge van My gee, maar Ekself die beste; want Ekself is die Waarheid en die Lewe, omdat Hy wat in My woon dit van ewigheid is?”

[8] Die herbergier sê: “Majesteit en Heer, dit verstaan ek nie! Hoe moet ek dit opneem?”

[9] EK sê: “Hier om My heen sit My leerlinge, vra dit aan hulle, hulle sal dit vir jou goed uitlê; want dit is beter om daaroor te laat praat as om self te praat! Ekself gaan intussen na buite om My in die koel aandlug te verkwik.”

[10] Hier staan Ek op en gaan heeltemal alleen na buite. Die leerlinge onderrig die herbergier nou oor die belangrikste met betrekking tot My. En toe dit vir die herbergier duidelik word wie en wat Ek is, het hy ook spoedig na buite na My toe gekom, en dank My saam met sy kinders innig vir die groot barmhartigheid wat Ek hom bewys het. Die kinders doen dieselfde. Ek seën hulle almal en ons begeef ons ter ruste; want dit het reeds behoorlik laat in die nag geword.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205