|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 116
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Ontoereikendheid van die menslike insig. Troos in die goddelike liefde
116 MATHAËL sê: 'Ek dank U Heer, vir hierdie verdere uitleg; want slegs hierdeur kry ek nou eers `n taamlik helderder voorstelling van `n heelalsfeer, en voorlopig is ek heeltemal tevrede daarmee. Wat die tallose talle ander soortgelyke bure in die wye skeppingsruimte aanbetref, daarmee wil ek my nou eintlik gladnie besighou nie; want ek is van mening dat `n mens se gees met hierdie een vir alle ewigheid van die ewigheid volop genoeg sal hê.
[2] Ek gaan nou slegs uit van hierdie klein aarde van ons. Hoe lank sou `n mens daarvoor nodig hê om oor haar hele oppervlakte, van punt na punt, oor land en te water, te reis?! Ek glo amper dat jy in vyf- tot sesduisend jaar sover sou kom dat jy sou kon sê: 'Nou is daar op die hele wye aarde geen enkele punt meer wat ek nie met my voete betree het nie!' As jy hier ook nog die tyd sou bytel waar jy bepaalde dinge ernstig ondersoek en bekyk het, en tegelykertyd die noodsaakliker gewys daarmee saam verbonde rus- en verposingsure bereken, ja, dan sou daar net vir hierdie aarde tog al meer as honderdduisende jare nodig wees. Want rusure kan tog waarlik nie agterweë bly by die steeds baie verheffende aanskouing van U groot wonderwerke en van die hier en daar hemels mooie omgewing en landskappe nie, en jy wil dikwels ook graag jare lank in `n pragtige omgewing bly.
[3] En hoe lank sou jy nie net vir hierdie aarde nodig gehad het nie, as jy ook nog die moontlikheid gehad het om al haar tallose inwendige ruimtes te bekyk?! O, daarvoor sou `n miljoen jaar te min wees, veral as jy die inwendige, groot werkplekke van die natuur en haar geeste sou kon gadeslaan en jy insig sou kon kry in die tallose werke, hoe sy ontstaan en haarself ontwikkel het, om dan weer in heeltemal ander dinge en vorme oor te gaan!
[4] Ja, as jy dit ook sou bytel, dan sou jy, natuurlik soos `n deur tyd en ruimte beperkte mens, net vir hierdie aarde - in Arabiese getalle uitgedruk - meer as ruim duisend miljoen aardse jare nodig hê voordat jy met `n goeie gewete sou kon sê: 'Die aarde is aan my nou van punt tot punt werklik, geheel en al volledig bekend, van orgaan tot orgaan!'
[5] Na die aarde sou die maan dan vervolgens bekyk moet word. Om haar heeltemal te leer ken, sou ook al weer enkele honderdduisende aardse jare verg. Daarna eers sou die ander, dikwels vele en baie groot planete aan die beurt kom om bestudeer en ondersoek te word; en omdat hierdie planete heel vreemdsoortig en seker nog baie wonderbaarlike hemelliggame is soos hierdie aarde, sou jy hulle vanweë hul groot wonderwerke gedurende talle honderdduisende jare selfs nie meer kon verlaat nie.
[6] Daarna sou die groot son, eers met haar tallose grootse wonderlik glansryke verligte streke, aan die beurt kom! Ek dink dat jy dadelik `n hele ewigheid daar sou wou bly, want jy sou seker voortdurend iets nuuts daar te siene en te ondersoek kry. En as jy dan ook nog daarvan uitgaan dat die mense daar buitengewoon mooi, wys en vriendelik is, ja, dan sou daar heeltemal geen sprake meer van wees dat jy verder sal kom nie! Die hele, groot Arabiese getallestelsel sou werklik nie voldoende syfers bevat om die verblyfsduur te kan uitdruk wat mens nodig sal hê om die groot son te ondersoek en te geniet nie!
[7] Wel, dan sou jy eers met `n klein planetêre son klaar wees! Maar dan bly daar nog ‘eons maal eons’* sonne oor, waaronder nog die buitengewoon groot sentraalsonne. Laat ons ophou! Net om hierdie een heelalsfeer volledig te leer ken, sou daar al hele ewighede nodig wees! Wie sou daar nou nog kon en wil dink aan die deurgronding van `n tweede heelalsfeer?! Ek het daarom aan hierdie een vir meer as ewig genoeg, en laat dit seker baie graag aan die ander hoëre geeste oor om die talloos talle ander te ondersoek! Dit begin my in elke geval steeds meer te duisel as ek net goed aan hierdie een dink! * (Eon=Desiljoen maal desiljoene aardse jare.(1 met 60 nulle!))
[8] O Heer, U liefde is my grootste troos en daarin voel ek my tuis; maar die grootsheid van U Mag en Wysheid verslind my soos die immense bek van `n walvis `n nietige klein wurmpie, wat daar was en dadelik daarna nie meer daar is nie! In U grootheid is U, o Heer, `n verskriklike vuursee; maar in U liefde is U rou heuning! Daarom bly ek by U Liefde; en die grootheid van U Mag en Wysheid bestaan, vir my altans, so goed as heeltemal nie, want ek kan dit nie vat nie en sal dit ook nooit as te nimmer kan vat nie; maar die liefde kan ek vat en dit verkwik my hart baie geseënd en maak my lewe aangenaam.
[9] Ek verstaan nou weliswaar talle en groot dinge; maar wie sal hulle na my weer verstaan?! En omdat ek sien dat al hierdie talle groot dinge wat deur U, o Heer, nou aan ons duidelik gemaak is, vir duisend maal duisend en nog eens duisendmaal duisend mense totaal onverstaanbaar sal wees, beleef ek geen egte vreugde daarin dat ek nou menige buitengewone grootse verskynsels baie goed kan verstaan en deursien nie, en wat waarskynlik vir niemand anders verstaanbaar sal word nie, omdat die mensdom oor die algemeen `n te lae geestelike ontwikkelingsvlak het!
[10] Ek het wel `n vae vermoede daarvan dat dit nie bepaald tot die onmoontlikhede behoort om die mense vir die grootste deel sover te kry dat hulle U desnoods maar net van ver af en uiterlik kan ken nie, en te laat sien dat U as `n God die Een is wat alles geskape het en nou alles in stand hou, en dat hulle U dan ook kan begin liefhê, vrees en aanbid; maar om U duideliker te maak vir hul gebrekkige begripsvermoë, lyk vir my nou so goed as heeltemal onmoontlik.
[11] Want as mens iets wil bou moet mens tog êrens `n stewige bodem hê; want op los sand of op moerasagtige grond kan mens tog geen stewige kasteel bou nie. Daarom wil ek myself voortaan, sowel as vir my volk, slegs aan die liefde hou en wat sy my sal gee en onthul, en dit sal vir altyd opgeneem word in die gebied van my wysheid! - sien ek dit goed in?"
|
|
|
|
|