Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oneindigheid, ewigheid en saligheid

186 JOHANNES sê: 'Ja, my beste vriende, dit is natuurlik geheel na gelang van die standpunt waaruit `n mens eintlik die lewe, en dan by name die lewe van die gees, beskou, en of `n mens daarby die korrekte kennis van homself het en daardeur `n korrekte en ware kennis van God en Sy tallose aantal wonderwerke en skeppings, wat reeds op die eindelose gebiede van die materie sulke dinge vir julle bevat, dat daar aan julle hoogste verwonderde beskouing daarvan in `n eon van jare nooit `n einde sou kom nie, laat staan van die suiwer geestelike skepping, waarvan mens kan sê: Tot nou toe het dit nog niemand tot sy sinne gekom om ook maar te vermoed en enigsins aan te voel wat vir `n saligheid God bestem het vir diegene wat Hom waaragtig ken en Hom dan ook bo alles liefhet en uit liefde vir Hom ook, waar dit moontlik is, met raad en daad hul medemense by te staan. Hoe kan daar ooit sprake wees van verveling, sodra die so volmaak moontlike gees begin om in te sien dat hy nog maar aan die begin staan van die onthulling van die tallose wonderwerke van die ewige Mag en Wysheid en die hoogste Liefde van God, die Heer en Vader van die ewigheid? O watter gedagtes maak hulle tog van julle meester deur julle groot beperktheid in elke diepere insig in die lewe!

[2] Jy hoef maar net na die son te kyk, wat hierdie aarde die dag gee! Wat weet julle van hierdie glansryke hemelliggaam? Niks! Julle weet selfs nie eers iets van haar orde en haar verhouding tot hierdie aarde nie! Julle dink en glo slegs dit wat julle met julle sintuie kan waarneem; maar dit is heel anders. Hierdie aarde staan nie as ewige sentrum nie, en die son beweeg hom nooit as te nimmer om haar heen nie, ook al lyk dit so, maar die son vorm vir die aarde, die maan en die ander planete wat aan julle bekend is, die sentrum, en hierdie aarde met haar maan, asook alle orige planete, beweeg in verskillende periodes om die son. Die daaglikse op- en ondergang van die son word veroorsaak deur die byna 25 uur durende draaiing van die aarde om haar polêre as.

[3] Julle kan dit nou nog nie so goed insien nie, vanweë die beperktheid van julle kennis; maar latere volke, aan wie JaHWeH God `n korrekte lig sal gee, sal dit verstaan en haarfyn bereken.

[4] Julle kan dit nou van my aanneem, omdat julle weet dat ek hieroor in waarheid `n baie diepgaande kennis het. En omdat ons dit nou reeds oor die son gehad het, sê ek vir julle dat hy duisend maal duisend keer groter is as hierdie aarde. En watter, nooit deur julle vermoede, wonderwerke bedek nie sy uitgestrekte oppervlak nie! Tallose van die mees wonderbaarlike skepsele van God wandel daar in die grootste harmonie op hul baie en wye ligvelde en verheug hulle in hul salige bestaan! Hulle skoonheid is al dermate so groot dat julle `n menslike gedaante van daar afkomstig, hier op aarde `n ewigheid lank sou kon bekyk en bewonder, sonder dat julle ooit genoeg daarvan sou kon kry! Wat ek julle vertel is `n algemene en hoogste waarheid en nie in die minste oordrewe nie.

[5] En as julle op hierdie maer aarde `n tienduisendjarige lewe onder vry goeie lewensomstandighede wil lewe, wat bepaald nie onaangenaam sou wees nie, dan sou ek wel eens van julle wil weet hoeveel jare julle onder goeie omstandighede op die son sou wil lewe!

[6] Maar dit is nie die enigste son in die eindelose skeppingsruimte nie; daar is tallose, waarvan die aantal so onmeetlik groot is dat die, selfs vir julle begrip immense groot son, hom nouliks in verhouding tot die oer-reuse-son soos `n sneeuvlokkie is vergeleke met die omvang van hierdie aarde.

[7] En as dit in die ryk van die materiële skepping al so is, hoe moet dit dan wees in die oneindige ryk van die geestelike skepping van God wat Heer en Vader van ewigheid is! En hoe kan jy dan spreek van verveling tydens die ewige bestaan na die lewe by `n mens wat in geheel tot `n volmaakte gees gevorm is?!

[8] En as julle reeds eons maal eons aardse jare as suiwer, selfstandige en vrye geeste in die mees hemelse geselskap van suiwer geeste wat aan jou verwant is, die steeds groter wonderwerke van God sal aanskou, dan sal dit nog eindeloos lank duur voordat julle aan die egte begin daarvan sal staan! As julle dit goed tot julle laat deurdring het, moet julle wel `n voortdurende groeiende vreugde vir die lewe voel en geen afsku daarvan hê nie! Sê jy my nou maar, hoe geval dit julle?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205