Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die groot skeppingsmens en die aarde

114 DIE MEESTER: 'Julle kan julle nou inderdaad tereg afvra waarom het hierdie klein aarde en haar klein mensies nou juis hierdie eer en barmhartigheid gekry het, want in die eindelose skeppingsruimte is daar immers `n ontelbare aantal baie groot en glansryke ligwêrelde, wat baie geskikter sou gewees het om God se kinders te dra, te voed en te voorsien van alles wat daarvoor nodig is. So sou die wêreldgrote mense van die oersentraalson immers meer aansien hê as kinders van God as die onder die stof sittende wurms van hierdie klein aarde! As ons uiterlik oordeel, blyk dit dat daar inderdaad niks of in elke geval baie min teen hierdie vraag ingebring kan word, maar gesien die innerlike verhoudinge van die dinge van die lewe sou dit selfs `n soort onmoontlikheid wees.

[2] Die organisme van elke mens het digby die middel van die hart sy lewenssenuwee, `n miniskuul (baie klein) klont, van waaruit die hele res van die liggaamsorganisme met lewe vervul word. `n Gedeelte van die een hartsenuwee klont het die eienskap dat sy die lewenseter uit die bloed en uit die ingeasemde lug sodanig na haarself toe trek, dat sy daardeur ten eerste self buitengewoon lewensaktief bly en vervolgens ten tweede hierdie lewensaktiwiteit aan die hele organisme meedeel en daardeur die hele liggaam op passende wyse van lewe voorsien.

[3] Wanneer Ek jou voet of hand sou afkap, dan sou jy voortlewe, soos wat jy dit by baie ou soldate kan sien, by wie tydens gevegte hande, voete, ore en neuse afgekap was, en wat nog steeds, al is hy vermink, tog verder lewe; maar die geringste verwonding van die hart, waarin die klein sentrale lewessenuwee haarself bevind, het oombliklik die liggaamlike dood tot gevolg.

[4] En soos wat hierdie voorsiening in die menslike liggaam aangetref word, netsoos ook in die warmbloedige diere, so bestaan hierdie voorsiening ook in die groot skeppingsruimte: Alle tallose talle heelalswere vorm in hulle totaliteit `n reusagtige, vir julle begrip, `n eindelose groot mens. In hierdie mens is die heelalsfeer waarin ons onsself bevind, die hart, en juis hierdie aarde is die buitengewone klein lewenssenuwee vir hierdie hele groot mens; hierdie lewenssenuwee bevind hom nie in die middel van die hart nie, maar meer links daarvan.

[5] In die middel van die hart is daar weliswaar ook `n baie groot senuwee kompleks, maar dit is nie die plek waar die sentrale lewe gevestig is nie. Dit is net `n werkplek, waar die voedingstof vir die lewe, wat uit die bloed en uit die lug kom, opgeneem en bewaar word. Daarvandaan neem die sentrale lewenssenuwee hierdie voedingstof eers op en bevrug of seën dit eers as `n substansie wat vir die lewe geskik is, dit wil sê vir die tydelike, natuurlike saamlewe met die siel, want sonder hierdie senuwee sou die siel glad nie in verbinding kon tree met die organisme van die liggaam nie.

[6] Hierdie lewenssenuwee waaroor ons nou praat, bevind haarself êrens aan die linkerkant van die hart en is `n uiters onaansienlike, buitengewoon klein selletjie, te vergelyk met `n baie, baie klein senuweeknoop onder die bal van die kleintoontjie aan die linkervoet en `n ooreenkomstige een onder die kleintoontjie van die regtervoet. Hierdie gevoelselle, waaroor maar net die opperhuid lê, is die sentrale gevoelsenuwee geleiers van die voete, - en wie kan dit sien en wie weet dat dit so is?!

[7] Wanneer iemand liggaamlik `n ongeluk sou oorkom en die kleintoontjie van sy voete verloor, dan sou hy baie moeilik kan loop, baie moeiliker as wanneer hy sy groottone sou verloor. Nou kan daar dalk iemand opstaan en vra: 'Maar Heer, waarom is die kleinste dinge in U onmeetlike skepping nou juis meestal die belangrikste?'

[8] Dan stel Ek egter `n teenvraag en sê: 'Waarom is by julle mense, die fondament van `n huis dikwels meer as duisendmaal kleiner as die hele huis, wat aan die goed gelegde fondament sy belangrikste steunpunt het? Waarom is daar dan soveel leuens, terwyl die ryk van die waarhede eintlik maar één basiswaarheid het? Waarom is die eik so `n groot boom, terwyl die kiem in haar vrug, waarin daar tallose talle eikebome van die grootste soort beslote lê, so klein soos `n allerkleinste sandkorreltjie?'

[9] Daar is, My liewe kinders en nou ook vriende, in die groot skepping nog geweldig baie dinge waarvan die doel en die hoedanigheid vir julle enigsins vreemd sou voorkom as julle alles in die skepping sou wil weet. As Ek julle nou op enkele van hierdie eienaardighede sou wys, dan sou julle baie verbaas wees en sê: 'Nee, Heer, dit kan tog onmoontlik so inmekaar steek; want dit gaan te veel teen elke normale begrip in!' Kortom, geeneen van julle sou dit nou kon verstaan nie; en om slegs `n baie klein gedeelte daarvan te bespreek, sou daar wat tyd aanbetref, meer millennia nodig wees as wat daar sand in die see is!

[10] Maar as My Gees oor julle sal kom, wanneer Ek weer na die huis van My Vader sal terugkeer, dan sal Hy julle vanself in alle Waarheid binnelei, en dan sal julle nie meer hoef te vra:'Heer, waarom is dit so, en dat so nie?' Die blinddoek sal van julle oë afgeneem word en dan sal julle in die helderste lig sien, waarvan julle nou byna `n vae vermoede het. Wees daarom voorlopig tevrede met wat julle nou gehoor het! Dit is slegs `n saadjie wat in julle harte gelê is, waarvan julle die ryp vrugte eers sal oes wanneer die son van My Gees self in julle sal opkom.

[11] Het julle wel iets verstaan van wat Ek nou aan julle vertel het? Wees openhartig en beken dit; want van nou af bly Ek nog sewe volle ure by julle! Spreek, en sê gerus as dit vir iemand nog duister is, dan sal Ek hom `n lig gee, al is dit nou nog nie die volste lig van die geestelike lewe nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205