Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Demone en hul invloed

96 RAFAEL sê, terwyl hy sagmoedig glimlag: “Sien, my vriend, ook jy het al drie volle bekers wyn agter jou blad, dit wil sê die gees daarvan en daarom is jou verstand nou nog kritieser as voorheen! Jy het aan jou kant gelyk as jy beweer dat die demone, al is hulle getal hoe groot, absoluut geen enkele mag kan uitoefen oor `n mens wat hom volledig in die liefde tot God bevind nie; want van `n onderling verenigde krag kan daar by hulle geen sprake wees nie, omdat elkeen van hulle homself in die grootste selfsug en eieliefde bevind, en niemand as gevolg daarvan op die gedagte kom om sy buurman op een of ander manier te steun nie, uit vrees dat hy weer heimlik en heel verborge `n voordeel sou kan behaal, waardeur dit hom dan sekerlik tevergeefs sou berou.

[2] As hulle met mekaar, in `n sekere sin, uitgaan om te roof, dan verraai ook niemand aan die ander sy sorgvuldig geheim gehoue plan nie, en as hulle dan toevallig tesame op die plek van die roof aankom, dan ontstaan daar tussen hulle self dikwels die bitterste oorlog. Want hy wat hom eerste op die buit wil werp, is `n vyand van almal wat buite hulleself ook op die buit werp, en hulle probeer hom te verdring. `n Derde een maak vol leedvermaak van hierdie geleentheid gebruik en steel dan vir homself; en dan begin daar langs hom ook `n vierde vir homself te steel, dan vlieg hierdie twee mekaar ook in die hare en dan steel nommer vyf weer rustig vir homself. Kom daar `n sesde by, dan ontstaan daar onmiddellik weer `n nuwe geveg, en dan kan nommer sewe weer net rustig sy gang gaan tot die agtste in sy omgewing kom. Almal veg nou en niemand laat toe dat die ander een die plek van die roof en die reeds buitgemaakte by hom wegvat nie.

[3] Jy sê, dat daarby sekerlik geen enkele duiwel die ander een op watter manier dan ook sal help nie; maar deur hul hoogs selfsugtige neiging vermeerder hulle desondanks die gewig van die algemene buit, en dit gaan dan ongeveer net soos wanneer jy twee volkome gelyke gewigte op die panne van `n weegskaal lê, en dit daardeur aan geen van beide kante oplig nie. Maar smeer jy `n druppeltjie heuning, wat nouliks iets weeg, op een gewig, dan lok die soete geur dadelik duisende bye; hulle sal op die gewig gaan sit en onwillekeurig direk `n deurslag tot gevolg hê.

[4] Kan jy God daarom van onwysheid beskuldig, omdat Hy die by die reukvermoë en die begeerte na heuning gegee het, en die heuning dieselfde geurige en aanloklike soetheid?! Of is die Heer onwys, omdat Hy Sy skepsels nie net hoogs doelmatig, maar ook buitengewoon mooi, elke skepsel op sy eie manier, gevorm het?! Is dit dalk onwys van Hom, omdat Hy `n jong vrou `n buitengewoon behoorlike en aantreklike vorm gegee het, sodat sy vir die sintuie van die growwer man op hierdie wêreld die allerhoogste waarde het, en hy sy vader en moeder verlaat om met intense genoeë sy teder en liewe vrou toegedaan te wees?!

[5] En soos wat in die buitewêreld te sien is dat die een wese die ander op `n bepaalde manier aantrek, des te meer is dit in die wêreld van die geeste die geval; en as dit nie so was nie, hoe sou daar dan `n aarde, `n maan, `n son en tallose ander hemelliggame in die onmeetlike skeppingsruimte kan bestaan?! `n Atoom voel hom aangetrokke tot sy buurman; beide trek mekaar aan. Wat beide doen, doen dan tallose eons atome, al die gelykes trek mekaar aan, en uiteindelik ontstaan daaruit `n wêreld, soos wat die Heer dit die afgelope nag aan al Sy leerlinge heel tasbaar laat sien het, soos wat jy dit in die groot boek wat aan julle oorhandig is, ook grootliks beskryf sal vind.

[6] En as dit so is, is dit dan onwys van die Heer, wanneer Hy, omdat dit streng noodsaaklik is, elke siel met haar onvoorwaardelike vryheid van wil en kennis laat en daarnaas natuurlik ook die daaruit voortkomende gevolge?! Of, sou jy God as uiters wys kan prys, as iemand van hier na Jerusalem sou wil reis en daarvoor sy voete ook in beweging moet stel, maar ondanks al sy wil en sy goeie kennis van die weg, nie in Jerusalem sou aankom nie, omdat God dit nie wil dat iemand die ooreenkomstige resultaat van sy wil en kan ten dele val nie; maar dat hierdie mens in plaas van in Jerusalem, waar hy belangrike sake te reël het, in Damaskus sou aankom, waar hy heeltemal niks te doen het nie?! Sê my, of jy so `n goddelike voorsiening as wys sou beskou! Of sou jy dit ongerymd vind, as jy op `n dag, nadat jy jou heeltemal met heuning bestryk het, die vrye natuur ingaan, eenvoudig toegepak en opgeëet word deur bye, wespe, steekvlieë en allerlei vlieë?!

[7] Wanneer jou siel nou egter die een of ander geur van `n sondige neiging in jou uitstralende lewensfeer versprei, en siele wat reeds van die liggaam bevry is, maar wat nog in dieselfde lieflingsgeur verkeer, hierdie geur in jou uitstralende lewensfeer as te ware ruik, uiteindelik op jou afstorm, en goed vir hulleself doen aan jou oorvloed, sonder om eintlik te weet wat hulle doen, maar enkel en alleen in steeds groter getalle op jou afkom, omdat hulle in jou sfeer die kos vind wat hulle verlang, dan is dit seker nie onwys van die Skepper, wat ewiglik niks soseer respekteer as die onvoorwaardelike vryheid van elke siel nie. Immers, elke siel het tog altyd middele genoeg voorhande om haar van die ongewenste gaste te ontdoen, so dikwels en wanneer sy dit wil!

[8] As jy nie buite in die natuur deur stekende insekte lastig geval wil word nie, was en suiwer jou dan van die dwase heuninglaag, dan sal jy met rus gelaat word; en as jy nie deur demone, wat jou siel swak maak, lastig geval wil word in jou uitstralende lewensfeer nie, maak dan die bekende orde van die Heer tot jou lewensbeginsel, dan verseker ek jou, dat geen enkele demoon in die omgewing van jou lewensfeer sal kom nie!

[9] Glo my, as jy nie deur `n in en uit jouself ontstane lewensverkeerdheid die demone sal lok en aantrek nie, dan sal hulle jou sekerlik nie aantrek, verlok en verlei nie; as jy hulle egter aangetrek het, dan het jy dit aan jouself te wyte as hulle, sonder om dit eintlik te wil, deur hulle aandrang jou siel in dieselfde slegte neiging nog meer verhard."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205