Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer in gesprek met Moses en EliJaH. Evangelie van Matthéüs. 17:3

235 PETRUS sê: “Heer, in die Skrif staan êrens: Die siele van die gestorwe mense word in alle rus in die skoot van die aarde bewaar tot die Jongste Dag, waarop hulle dan weer uit hul lang rus opgewek sal word deur die magtige basuine van die engele. Dan sal die goeie opstaan tot die ewige lewe in God se hemelryk, maar die slegtes sal vir ewig verstoot word na die ryk van die hel en voortaan gepynig word deur die duiwels.”

[2] EK sê: “Hoe hierdie woorde van die profeet en van alle profete verstaan moet word, het Ek julle al so dikwels uitgelê, dat dit nou hoogs oorbodig sou wees om julle nog verdere uitleg daaroor te gee. Maar om julle daadwerklik te genees van hierdie baie verkeerde opvatting, sal Ek nou die innerlike oog van julle siele ontsluit, dan sal julle self kan sien hoe dit met die bepaalde rus van die siele van reeds lank gestorwe voorvaders daar uitsien, en hoe die skoot van die aarde daar uitsien.”

[3] Daarop sê Ek hardop: “Epheta”, wat beteken: “Gaan oop!”

[4] En kyk, daar verskyn twee profete, Moses en EliJaH, en hulle spreek duidelik met My oor wat daar oor `n paar jaar met My sou gebeur, en of dit nie verander sou kon word nie. (Matthéüs. 17:3) Ek verseker hul egter dat Ek onmoontlik iets anders sou kon doen as slegs dit wat die Vader wat in My is en woon, wil.

[5] Toe buig beide profete hulle diep en sê asof met één stem: “O Heer, slegs U wil is gewyd en geskied altyd en ewig soos by ons in die hemele en ook by alle mense en geeste op aarde! Beide van ons was, toe ons op aarde geleef het, groot, en het in hoë aansien gestaan terwille van U Naam; maar ons sou nou liewer saam met U wou gewees het op aarde, soos hierdie drie en die ander wat nie hier is nie, ofskoon hulle nou, en nog vir `n lang tyd terwille van U Naam, verag en vervolg word!”

[6] EK sê aan EliJaH: “Jy was tog nie so lank gelede ook saam met My op die aarde gewees, - het wat Herodes jou liggaam aangedoen het, jou goed gedoen?”

[7] ELIJAH sê: “Nie op aarde nie, maar hier des te meer en ek sou, ondanks die grootste saligheid wat nou vir ewig my deel is, uit liefde vir U nog honderd maal die weg van die vlees wil aflê, hoe ellendig en doringrig dit ookal is!”

[8] Hier word die leerlinge deur `n magtige slaap oorval, sodat hulle op die grond gaan lê en vir `n kort tyd baie vas slaap.

[9] Maar EK spreek met beide profete en sê aan EliJaH: “Aan die einde van die tye van hierdie aarde sal jy nog `n keer in die vlees na die mense van hierdie aarde gestuur word, maar nie meer met `n verskuilde innerlike geestelike oog nie, maar selfs helder en nog helderder as albei vorige kere onder die naam “Sehel” en later “EliJaH”, en broer Moses sal jou begelei, maar suiwer in die gees; want sy vlees bly tot aan die einde van die tyd eiendom van die aarde.

[10] En dan sal al die vlees van hierdie aarde vergeestelik word; jy sal dit egter nooit meer nodig hê nie, omdat Ek jou al vir ewig `n nuwe liggaam gegee het. Waak egter goed oor die kinders van Israel, totdat Ek binnekort weer huiswaarts sal keer wanneer My grootste werk voltooi sal wees! Dan sal Ek jou ook `n vaste troon in My nuwe ryk gee. Want sien, nou is dit die tyd wat Ek jou vroeër op aarde getoon het, waarin Ek alles nuut sal skep: eerste My geesteswêreld, en later sal dieselfde ook met die materie gebeur, tot dit die korrekte graad van volledige gisting bereik is! Laat ons nou hierdie drie weer uit hul slaap opwek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205