Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hiram se magiese belewenisse

183 JOHANNES sê: 'Wel, luister dan geduldig na my! Kyk, jy wat net soos al jou metgeselle so `n bietjie `n towenaar was, het reeds enkele jare, voordat jy in Griekeland met die apteker Asiona tot die geselskap toegetree het, met `n towenares wat Klia geheet het, `n reis na Egipte onderneem, by watter geleentheid jy vanweë die te groot oppervlakkigheid van die toorkunste vir jou en vir jou assistente maar baie weinig verdien het!

[2] In Alexandria het ook die straatjonges julle toorkunste dadelik nagedoen - en soms ook nog beter en met meer geslaagde toertjies! Julle het dus baie weinig sukses daar gehad en na Kaïro getrek. Daar aangekom, wil julle optree; maar die mense sê vir julle: 'Laat ons sien wat julle alles kan doen!' en julle gee enkele opvoerings van julle kuns. Die mense met wie julle te doen gehad het sê: 'Beste mense, hiervoor het julle enkele geldstukke onderweg! In stede moet julle jul nie hiermee laat sien nie; in sommige kleiner plekkies kan jul daar miskien nog julle brood en botter mee verdien!' 

[3] Toe trek julle verder na Karnak, waar julle ook niks kon doen en ook nie in Elephantine nie, en tog durf julle selfs nog na Memphis te gaan. Slegs, daar word julle algeheel genegeer! As daar nie `n Romeinse landvoog hom oor julle ontferm het nie, het dit sleg met julle afgeloop. Maar die goedmoedige Romeinse landvoog verskaf aan julle, vanweë die baie mooi Klia, drie maande lank onderdak en laat julle daar kennis maak met `n reeds baie welgestelde Persiese magiërsgeselskap, sodat julle iets van hulle sou kon leer.

[4] Wel, die magieërsgeselskap was maar net hiertoe bereid teen die volgende prys: Behalwe die hoë bedrag aan leergeld moes jy nog tien volle jare as`t ware hul assisterende slaaf bly! Toe het jy die volgende berekening gemaak: 'Tien jaar hul slaaf en die hoë leergeld van honderd pond?! As ek nege jaar hul slaaf is, kan hulle my in die laaste, tiende jaar as slaaf doodslaan, sodat hul geheim nie in Griekeland verraai sal word nie, en dan was my honderd pond en ekself verlore! Die towenaars sou die honderd pond geneem het, en die krokodille in die Nyl sou my opvreet! Nee, dit doen ek myself nie aan nie!'

[5] Dit was dus jou goeie en vaste besluit wat jy so heimlik teenoor jouself geneem het. Maar aan die towenaars sê jy: 'Beste baie wyse kunstenaars, eers as ek per geleentheid al julle grootste en mees geheime stukke as gas bygewoon het, dan sal ek met julle `n kontrak aangaan wat miskien nog voordeliger sal wees!' Daarmee is die towenaars deur jou mislei en het hulle tydens hul uitvoerings, wat twee maal per week plaasgevind het, hul grootste en interessantste stukke ten uitvoer gebring.

[6] Vanweë die kosbare tyd wil ek die talle ander stukke nie opnoem wat nou vir ons gesprek onbelangrik is nie, maar slegs dit wat jou eintlik heeltemal van stryk afgebring het. En dit is die volgende: Daar tree `n lewenskragtige, ongeveer dertig jaar oue Arabier na vore wat met heel ernstige en eerbiedwekkende woorde aankondig dat hy `n maagd slegs deur die krag van sy wil en die oplê van sy blote hande daartoe kan bring, om aan elkeen wat dit wens, sy geheime, verlanges en selfs sy gedagtes kenbaar te maak. Ook sou sy in elkeen se leeftyd, en as iemand dit sou verlang ook sy toekomstige gelukkige en ongelukkige lotgevalle, presies en onfeilbaar voorspel.

[7] Dit was vir jou `n ware bliksem en donderslag. Die vrou word nou na vore gelei en op `n rusbed geplaas. Die towenaar lê sy hande op haar, waarop sy gaan slaap. Spoedig daarna raak die maagd in `n soort ekstase en begin met die towenaar te praat, waarop hy sê: 'Wie nou iets wil vra, kan kom, maar altyd hoogstens drie mense, en onder die voorwaarde dat, wanneer ek mense aanwys wat hom moet verwyder, hy dan ook hier sonder meer gehoor aan moet gee, omdat hul anders iets onaangenaams sou kon oorkom! En iemand met `n gewete wat nie heeltemal suiwer is nie, moet veral nie in die buurt van hierdie vrou kom nie, maar via `n bemiddelaar wat slegs aan my vrae sal stel, dan sal hulle deur my baie heimlik die antwoord ingegee word! Hierdie toestand van die vrou sal anderhalfuur duur!'

[8] Na hierdie inleiding kom daar vele na vore en stel die uitsonderlikste vrae, en elkeen kry `n wonderlike antwoord. Ook jy vra uit oor jou leeftyd en na jou toekomstige lot. En wat die vrou jou gesê het, het tot nou toe alles haarfyn uitgekom. En wat nog nie uitgekom het nie, skyn nou op die oomblik en binnekort, in vervulling te gaan! Sê my, of dit nie presies so met jou gegaan het nie!"

[9] HIRAM, totaal oorbluf, sê: 'Nee, dit is meer as teveel, en meer as duisend van die betoorde maagde; want hiervan het ek selfs aan jou, vriend Asiona, baie weinig en eintlik feitlik heeltemal niks gesê nie, en aan iemand anders gladnie! Hoe is dit moontlik dat jy dit so uiters presies kan weet? Nee, nee! Luister, ek vind jou `n hoogs merkwaardige mens! Ek begin my waarlik ontsettend ongemaklik te voel in jou wonderlike nabyheid!'

[10] JOHANNES sê: 'Wel, dit is wel goed; want ons is nie hier om julle ook maar enige skade te berokken nie, maar slegs om julle, veral geestelik, so geseënd moontlik te maak! Want alvorens julle nie eers geestelik geseënd is nie, het julle ook niks aan aardse geluk nie! Sal ek jou nou ook vertel oor die droomopwekking van die bekende towenaar in Memphis wat jou nog die meeste verbaas het, en watter toorkuns jy voorheen vir ons in die skoen wou skuif in verband met jou ligdroom?"

[11] HIRAM sê: 'O, beste vriend, laat dit maar alleen! Ofskoon ek geen idee daarvan gehad het hoe die towenaar sy slapers bepaalde drome kon laat droom nie, is ek al by voorbaat daarvan oortuig dat jy met dit alles tot in detail bekend is en dat jy dieselfde op duisend maal meer geslaagde wyse tot stand sou kon bring, as jy dit sou wil. Want hoe jou oë - of God mag weet watter ander sintuie van jou - die mees verborge dinge in my, soos uit `n geopende boek kon lees, is vir my `n raaisel en sal dit ook tot in my graf bly!"

[12] JOHANNES sê: 'Nie so nie, my vriend! Dit gaan geensins daaroor dat ek jou die Egiptiese droom-opwekkery wou verklaar sodat jy dan kennis daarvan sou hê en daar byvoorbeeld later as `n besondere towenaar `n heel goeie brood en botter mee sou kon verdien nie, want daarvoor moet jy maar na die Essene gaan, hulle sal dieselfde vir jou doen en miskien ook uitlê; maar waaroor dit vir my gaan, is dat ek jou die groot verskil wil laat sien tussen hoe ons iemand in `n heldere droom waaragtig geestelik kon laat verskyn, en hoe die towenaar wat later na die Essene gegaan het en hom nog by hulle bevind, by bepaalde slapers die drome opgewek het."

[13] HIRAM sê en ook die baie aandagtig luisterende ASIONA: 'Nou, daarvoor is ons werklik meer nuuskierig, as vir ons dood! Ons vra jou dringend om dit vir ons op `n verstaanbare wyse uit te lê!"

[14] JOHANNES sê: 'Goed dan, luister na my! Hoe ons jou droom oor ons en ons aankoms hier in jou teweeggebring het, het ek jou selfs getrou en waar uitgelê netsoos wat my huidige verslag van jou Egiptiese kunsreis, met jou lieflike Klia, net so waar en getrou is. Jy het toe alleen na Griekeland teruggekeer, omdat Memphis haar beter geval het! Dit hoef ek nie meer vir jou te herhaal nie, omdat jy andersins ook nou `n goeie geheue het. Dit gaan dus maar net daaroor hoe die towenaar sy slapers die drome besorg het!

[15] Kyk, die hele magiërsgeselskap was baie groot! Daar was maar weinig wat in die openbaar opgetree het, maar gaste wat met hulle `n afspraak gemaak het, was daar nogal baie. Hulle mag egter nooit terselfdertyd as die hoofmagiërs na `n groot stad gekom het nie. Hulle het eers geleidelik, gedeeltelik as handelsliede, gedeeltelik as ander reisigers en deels as nuuskieriges gekom om van die groot wonderbaarlike kunstenaars, wat binnekort in hierdie stad sou optree, al die seldsaamste dinge te verneem en hulle hier te wil sien. Dit was die sogenaamde 'alarmeerders van die volk' wat almal rojaal van een en dieselfde beroep geleef het, omdat hulle in `n groot stad altyd duisende ponde kon behaal. 

[16] Wel, hierdie geheime lede van die magiërsgeselskap was tydens die voorstelling baie eerbare toeskouers, maar hulle het presies geweet wanneer hulle hulleself op `n gegewe teken kon laat gebruik om die volk nog meer te mislei. Daar was dan ook enkeles by wat hul geheime diens moes verleen by die droomopwekking. Elkeen het al vooraf geweet waaroor hy sou droom as hy op versoek van die towenaar sogenaamd toevallig uit die middel van die toeskouers na vore tree en pateties en luid beweer dat hy vir `n duisend pond wou wed dat die towenaar geen droom by hom sou kon opwek nie, ondanks sy magiese inspanning.

[17] Die weddenskap word gewoonlik aangeneem en die lawaaimaker beklim die podium en moes vooraf `n slaapdrankie inneem, waar daar sekerlik `n enkele druppeltjie maansap (opium) in was. Kortom, die man val spoedig in `n diepe slaap op `n rusbed, waaruit hy met alle lawaai nie meer te wek was nie. As ons man dan eenmaal - vanselfsprekend slegs skynbaar - egter vas slaap, tree die towenaar met baie eerbiedwekkende aandoenlikheid na vore en sê vir die volk: 'Is daar nie iemand onder die talle toeskouers wat graag wil hê dat hierdie slaper, wat my kuns met sy voete wil trap, moet droom nie?' 

[18] Baie gou meld daar uit die menigte een van die talle aanwesige ingewydes, byvoorbeeld in die gedaante van `n met goud behangde, ryk koopman uit Rome of uit Persepolis, of in die gedaante van een of ander, altyd hooggeagte gas hom aan en hy sê: 'Laat my probeer of hy droom wat ek dink en waarvan ek wil dat hy dit droom!'

[19] Daarop spreek die towenaar baie vriendelik: 'Hooggeagte gas en besoeker van die groot optrede, wees nou so vriendelik om baie heimlik u gedagtes aan die ander baie geërde gaste ter getuienis mee te deel, maar nie aan my nie; want ek sal hulle deur hierdie towerstaf uit die lug opsuig en dit dan in `n helder droom aan hierdie slaper laat verskyn!'

[20] Dit gebeur dan natuurlik onder die hoogste gespanne aandag van alle kante af. Die towenaar steek vervolgens sy towerstaf in sy mond en maak asof hy met alle erns iets uit die lug opsuig. Ten slotte plaas hy die staf op sy hoof en raak met die ander uiteinde van die staf die hoof van die slaper slegs enkele oomblikke aan.

[21] Dan word die slaper, om dit nog meer indrukwekkender te maak, deur magtige basuingeskal gewek en vryf enige oomblikke sy oë asof hy nie goed weet waar hy hom nou bevind nie. Maar tog kom hy dan gou by sy ‘sinne’ en daar word baie vriendelik aan hom gevra of hy ook weet wat hy gedroom het; want daar is duisend pond op die spel wat hy natuurlik sou verloor as hy dit gedroom het wat die towenaar hom wou laat droom. Maar as hy egter `n ander droom gehad het, dan sou oombliklik die duisend pond deur die towenaar aan hom uitbetaal word. Maar hy word ten strengste gemaan om die suiwerste waarheid te spreek, anders sou die wonderlike maagd geroep word wat hom dan in die teenwoordigheid van duisende sou loënstraf.

[22] Daarop begin die slaper, oënskynlik enigsins verleë, sy droom te vertel, en wanneer hy aan die einde kom, betuig alle gaste luid dat dit presies dieselfde droom was wat hulle reeds ken, voordat die towenaar hom deur sy towerstaf uit die lug ingeseën het en daarna eers deur die slaper laat droom het.

[23] Daarop maak die slaper asof hy baie berouvol was deur die mag van die towenaar, en die towenaar speel dan gewoonlik die grootmoedige en gee die oormoedige en onervare wedder die duisend pond terug met die opmerking dat hy `n volgende keer by so `n welwillende optrede nie meer so toegeeflik behandel sou word nie, wat dan natuurlik nog meer goedkeurende byval onder die toeskouers veroorsaak.

[24] Daar het jy nou alles uitvoerig oor die Egiptiese droomopwekking! Hoe beval hierdie kunsstuk jou nou, en watter verskil sien jy tussen hierdie en ons droomopwekkings?"

[25] HIRAM sê: 'Dit is inderdaad presies soos wat jy dit nou uitvoerig vertel het wat in Memphis gebeur het! O wat `n skandelike bedrog! Ag, ag, nee, dit is te dom dat ek dit toe nie dadelik verstaan het nie! Wel, die geskiedenis met die waarsêende maagd sal ook wel op dieselfde beginsel gebaseer wees!"

[26] JOHANNES sê: 'Ja, dit is op dieselfde manier - behalwe wat hulle jou voorspel het; maar daar sit `n hele onsigbare towenaar agter wat al lank sy alsiende oog op jou gerig het! Verstaan jy my nou al `n bietjie beter?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205