Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die teenpool van God

228 EK sê: “Daarom het Ek julle immers die voorbeelde gegee, sodat julle die uitleg oor Satan en sy engele wat hierop gaan volg, makliker sal kan verstaan; luister daarom nou verder na My!

[2] Soos wat julle nou ervaar het, is die allersterkste reus tot niks in staat sonder `n vaste steunpunt nie, wat ons `n teenkrag of `n teenpool sal noem. Dit sien julle nou baie goed in. Dieselfde toestand strek hom tot in die eindelose groot, tot aan die Allerhoogste Elohimswese uit!

[3] As die ewige, absoluut vrye, wyse en almagtige Gees van God nie ook reeds van ewigheid af vir `n teenpool gesorg het in Homself nie, sou dit vir Hom as suiwer positiewe God nooit moontlik gewees het om sonne, wêrelde en al die eindeloos talle wesens hierop in die lewe te roep nie.

[4] Maar hoe sien hierdie teenpool van God daar uit en waaruit bestaan hy? Is hy heeltemal andersoortig as die positiewe, vrye pool van God se lewe en mag of is hy in `n bepaalde opsig gelyksoortig? Is hy meester oor homself of is hy in al sy dele maar net afhanklik van die positiewe pool van die goddelike mag?

[5] Kyk, hierdie baie belangrike vraag sal Ek nou vir julle so helder en duidelik moontlik beantwoord, en dan sal julle dadelik insien wie die sogenaamde Satan is en wie nou eintlik sy duiwels is! Let dus op!

[6] Wanneer iemand byvoorbeeld iets wil verwerklik, begin hy te dink en daar sal `n aantal vlugtige beelde as afsonderlike gedagtes deur sy gemoed storm. As die denker hom enige tyd besighou met die beskouing van die innerlike beelde in sy gees, wat mens “gedagtes” noem, en hy dit ook steeds meer begin vas te hou, sal hy al spoedig en maklik gewaar word dat enkele beter gedagtes hulle verenig het, en hulle in `n sekere sin al tot `n helder idee gebundel het. So `n idee hou die siel dan as `n duidelike beeld vas in haar bewussyn, en mens sou dit `n grondidee kan noem.

[7] Nou gaan die gedagtestroom verder as die water van `n rivier, en onder die talle verbystromende gedagtes kom daar dan weer een wat deegliker is, dit word onmiddellik deur die grondidee aangetrek, en verenig haar hiermee, waardeur die grondidee dan al helderder en konkreter word.

[8] Dit gaan dan `n tyd lank so deur, totdat daar, benewens die grondidee, verskillende volgende newe-idees vorm wat met die grondidee harmonieer, en daardeur al die begrip vorm van `n konkrete saak of `n uitvoerbare handeling en die resultate daarvan.

[9] Is die denker eenmaal sover dat hy `n geheel en al konkrete duidelike voorstelling het, dan behaag dit hom en omvat en deurdring hy haar dadelik met die lewensvuur van sy liefde. Die liefde wek die wil en die daadkrag van die denker op en dan word die innerlike voorstelling sonder meer tot materiële verwesenliking gebring.

[10] Nou staan die vroeëre, suiwer geestelike voorstelling nie meer maar net as geestelike beeld in volle helderheid in die bewussyn van die siel nie, maar ook as `n, in sekere sin geoordeelde vaste ewebeeld van die innerlike geestelike beeld in die materiële natuur en nuttig vir die gebruik van hom wat dit voorheen bedink het.

[11] Die afsonderlike gedagtes en idees waaruit `n volledige en konkrete voorstelling gevorm word, is nog heeltemal van geestelike aard en maak met die gees een en dieselfde pool uit; ons sal hierdie die hooflewenspool noem.

[12] Die konkrete, uit talle verskillende gedagtes en idees bestaande totale voorstelling - ook al is dit nog `n suiwer geestelike beeld in die siel, behoort, omdat dit reeds `n sekere vaste bestaan het, nie meer tot die hoofpool nie, maar tot die teenpool, omdat dit in `n sekere sin afgeskei is en heeltemal op homself bestaan en waarneembaar is vir die siel in al haar dele, en deur verdere aktiwiteit heeltemal as materiële saak uitgedruk kan word en sodoende as `n oordeel en vaste ding nie meer tot die lewensfeer van die gees en die siel kan hoort nie. Maar luister nog verder na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205