Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Asiona vra na die lewe van die siel na die dood

224 ASIONA: “Maar noudat ons hier so gemoedelik bymekaar sit met brood en wyn, sou ek tog so graag uit U mond, o Heer, verneem hoe dit met die lewe van die siel staan na die afval van die liggaam!

[2] Daar bestaan volgens die oorlewerings in byna alle sogenaamde afgodedienste, steeds met enkele verskille, twee toestande - soos ook by ons, laat ek sê, heidene: - `n Elisium, (paradys) waar alle goeie en waardige siele ewig voortlewe in `n onbeskryflike geluksaligheid, en dan `n Tartarus, (hel) waar die slegte en boosaardige siele ook ewig gepynig word met allerlei ongehoorde plae en martelings.

[3] Die Judeërs het hul hemel en hul hel wat eintlik heeltemal dieselfde is as die heidene se Elisium en Tartarus. Op dieselfde manier het die Indiërs `n tweevoudig almagtige wese, `n goeie en `n slegte wat verskillende vorms, name en eienskappe het. So is die Elisium-gode almal goed en die van die Tartarus almal sleg.

[4] En by die Judeërs is daar `n hoogs goeie en wyse JaHWeH wat gedien word deur tallose eweneens goeie geeste wat “engele” genoem word, en bereid is om die mens die beste beskermingsdienste te verleen; lynreg teenoor die goeie en almagtige JaHWeH en Sy engele is daar dan ook `n byna nie minder magtige Satan, ook “Leviatan” genaamd, met aan sy kant, tallose uiters slegte geeste wat `n mens “duiwels” noem.

[5] Die goeie JaHWeH is weliswaar aan één stryk deur besig om die mense goed te maak, en na Hom toe te trek. Maar dit help Hom nie besonder baie nie; want Satan verstaan die kuns beter om siele vir hom te vang, en verower altyd maar hele skares van die goeie JaHWeH. Wel dreig die goeie JaHWeH Satan voortdurend met allerlei straf en oordele; maar Satan lag steeds daaroor en doen tog wat hy wil. Heer, wat moet mens nou van dergelike oorlewerings dink? O Heer, gee ons die korrekte opheldering hieroor!”

[6] Vóór My sê EPIFANUS nog: “Kyk ons direkteur Asiona nou tog eers! Hy is waaragtig nog wyser as ons almal! Ons het nou al menige vrae gestel, en slegs hy het met die belangrikste vraagstuk van die lewe gekom! Ja, Majesteit en Heer, sulke dinge het ekself al talle kere in allerlei geskrifte gelees en ook altyd my eie gedagtes daaroor gehad! Nietemin het die in talle opsigte, wyse oudstes, alles wat hulle weet, vir ons in `n onbegryplike beeldspraak opgeskryf, of hulle het as kinders en dwase enkel en alleen in hul nog hoogs ongekultiveerde fantasie, allerlei fabels versin.

[7] Ek, as baie eenvoudige mens met `n beperkte verstand, en soos mens sê, `n menslike goeie hart, kan my wel redelikerwys voorstel dat die siel aan die anderkant voortleef, en omdat sy hier toevallig goed, of wat meer waarskynlik is, sleg geleef het, sal die verdere lewe haar tenminste voortdurend tot `n bepaalde, hoogste moontlike graad van volmaaktheid verder ontwikkel; en vir `n lewe wat hier al om allerlei oorsake en redes sleg begin het en seker nog slegter geëindig het, is daar aan die anderkant slegs wyse en ooreenkomstig doelmatige korreksies, sodat ook `n siel wat hier `n slegte liggaamlike lewe gelei het, daar anderkant, ook al is dit later, tot `n beter insig kan kom oor haarself en oor `n ware, allerhoogste goddelike Wese, en ook oor haar ware lewensomstandighede en pligte.

[8] Maar om vir `n kort, helaas sleg geleide lewe dan ewige straf te moet ondergaan, en te moet duld wat onbeskryflik hard en onmenslik is, en dit vir geen enkel ander doel as dat `n Almagtige God Sy ewige, nimmereindigende wraak op hierdie magtelose wese afkoel nie, nee, dit kan ek my tog nie indink van `n God soos U nie, o Heer, soos wat U altans vir ons is; ook nie tydens die ergste koorshitte wat aan die grootste waansin grens nie!

[9] `n Leeu is tog ongetwyfeld `n baie boosaardige dier, soos ook `n hiëna, `n tier, `n wolf of `n beer; nietemin kan hulle getem word, en waak dan dikwels oor die mense, en is dan dus nuttige skepsels. En as sulke monsters soos die genoemde, nog te tem en vir iets nuttigs af te rig is, waarom dan nie `n siel wat sleg geword het, wat baie dikwels self eintlik geen skuld daaraan gehad het nie?! Dus, beste Majesteit en Heer, sê ons tog hoe dit gesteld is met die merkwaardige dinge en verhoudings waaroor die wyse Asiona U `n vraag gestel het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205