Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die priesterdom as vyand van die lig

46 RAFAEL: “Ek sê jou dat daar `n tyd sal kom, dat mense so vinnig op ysterweë sal ry, soos `n afgeskiete pyl deur die lug vlieg; dat mense sal spreek met die tong van die weerlig van die een einde van die wêreld na die ander; dat hulle in die lug sal rondvlieg soos voëls, ver weg oor seë en lande, - en tog sal niemand hulle as towenaars en nog minder as gode beskou nie! Wel sal die priesters, wat altyd daar sal wees, steeds alles in die werk stel om te verhinder dat die volk op hierdie wyse ingelig word; maar hul moeite sal ook altyd volkome tevergeefs wees!

[2] Hoe meer hulle hul sal voorneem om die volk in die nag en volledige duisternis te lei, des te meer sal hulle daardeur die altyd aanwesige liggeeste opwek tot een van steeds groter teenwerking en daardeur sal `n groter en intensiewer lig onder die volk verbreid word, totdat die priesters ten slotte self genoodsaak sal wees om deur die, vir hulle uiters suur, appel van die lig heen te byt en apostels van die lig te word; maar dit sal baie stryd verg.

[3] Dit sal gebeur dat die towenaars hewig vervolg sal word en die kiem vir hierdie vervolgings bestaan alreeds gedeeltelik by die Fariseërdom wat `n groot afkeer het aan die towenaars en vir die grootste gedeelte egter ook by julle Essene, wat nou uit alle windrigtings van die wêreld die toorkunste opkoop. Julle kyk nou alreeds met heimlike, baie jaloerse blikke na elke wonderdoener, veral as hierdie een of ander wonderwerk bewerkstellig wat julle alreeds binne julle mure gerangskik en weggebêre het, ten behoewe van julle volksmisleidende lewensonderhoud.

[4] Nou behaag dit God die Heer egter om langsaam maar seker nie die priesters nie, maar heel gewone, onopvallende mense buitengewone uitvindinge te laat doen, waardeur die mense `n buitengewoon belangrike kulturele ontwikkeling deurmaak.

[5] Die priesters sal dit natuurlik uiters luid selfs met vuur en met swaard begin bestry, maar dit sal hulle nie help nie; want hoe heftiger hulle daarteen sal veg, des te meer sal hulle hul selfsugtige en heerssugtige, slegte begeertes voor die oë van die volk moet plaas en daardeur iedere geloof en vertroue verloor.

[6] Want as jy van `n mens ook maar eenmaal gemerk het dat hy iemand wil bedrieg, sal jy in die toekoms geen vertroue meer in hom stel nie, selfs nie wanneer hy met iets heel reëel en waar vorendag sou kom nie; want daarby bly die vrees dat daar een of ander slegte bedoeling op die agtergrond is. Daarom sal dit met priesters, wat hulle deur hul boosaardige ywer te veel aangematig het, nie net gedeeltelik nie, maar heeltemal uit wees.

[7] God die Heer het egter vanuit Sy orde alreeds vir altyd daarvoor gesorg dat al die slegte en verkeerde dinge hulself altyd sal vernietig; en hoe meer dit na alleenheerskappy begin strewe, des te gouer sal dit sigself vernietig.

[8] Al die slegte handel van die mense van hierdie aarde lyk soos `n nuttelose masjien wat totaal onbruikbaar geword het, namate dit voortdurend aanhoudend en hewiger gebruik word. Ook die liggaam van die mens word des te gouer verslete en vernietig homself des te spoediger, namate dit hartstogteliker sy hebsugtige neiging volg.

[9] Daarom is dit vir iemand met ware lewenswysheid nooit `n rede om nie aan `n ware God te glo nie, wanneer hy sien dat alle priesters slegte sake teweegbring en hy hulle dinge sien begaan waarteen sy verstand in opstand kom. Want die Heer laat dit alles daarom toe: Ten eerste, sodat daardeur die ware, suiwer verstand des te meer opgewek word tot ware werksaamheid en ten tweede, sodat die slegte sigself daardeur des te vinniger vernietig en geheel ten gronde gerig word.

[10] Oordag soek niemand na lig nie en is mens nie eers bewus van die werklike waarde daarvan nie; want mens gaan immers in geen enkele opsig gebuk onder die swaar las van die nag nie. Oordag kan mens goed loop, omdat mens elke sloot, elke klip op straat en elke afgrond kan ontwyk, aangesien mens dit alles alreeds van veraf kan sien. Maar snags in die stikdonkerte is dit heel anders; dan kan mens net moeisaam en met die grootste versigtigheid vooruit kom.

[11] Hoe welkom is vir die wandelaar dan ook die kleinste liggewende vlammetjie wat sy pad, al is dit maar enkele treë ver, verlig en met watter verlange sal die wandelaar, wat `n vriend van die lig is, in die woestyn die komende oggend tegemoetgaan!

[12] Sien, presies so gaan dit met die vriend van die geestelike lig in die middel van `n geestelike nag, wat grotendeels deur die snode hebsug en heerssug van die priesters by die dikwels te liggelowige mense verspreid is; maar hoe donkerder dit word, des te meer sal ook steeds die gebrek aan lig waargeneem word en des te meer sal die volle waarde van die geestelike lig gewaardeer word.

[13] Mense wat eenmaal deur hul opvoeding alreeds van die wieg af aan volledig verduister is, merk die gebrek van geestelike lig ewenwel nie op nie en hulle voel heel behaaglik onder die blinde troos van hul priesters, wat steeds in geure en kleure `n hele klomp stigtelike verhale aan hulle kan vertel oor mense wat weliswaar lankal gesterf het, maar volgens die reëls van die priesters eenmaal `n vrome en getroue lewe gelei het. Dit stel die totaal blindes heeltemal gerus; daarby huil hulle dikwels van louter ontroering en word mild gestem, wat die priester natuurlik nooit tot nadeel strek nie.

[14] Sulke mense gaan, soos gesê, ewemin gebuk onder hul geestelike nag as iemand wat totaal blind gebore is wat nooit enige hindernis ondervind het van die nag nie, al was dit hoe donker; vir hom gaan `n son nooit op of onder nie! Maar iemand ondervind die nag heel anders wanneer hy gewoond was om voortdurend in die lig van die ewige waarheidsdag te wandel, maar om dan soos `n goeie sanger moet begin om saam met die wolwe te huil, indien hy heelhuids wil bly!

[15] Stel jou `n situasie voor waarin enkele mense wat siende is, hulle in `n groep bevind waar almal blind is! Nou begin een van hierdie siende mense `n beskrywing te gee van die groot glansrykheid van die lig en van die glansryke kleurespel hiervan. Die blindes sou hom dadelik die swye oplê en hom uitmaak as `n brutale, boosaardige leuenaar, terwyl hy tog heeltemal oortuig sou wees van die suiwer waarheid! Sê my, of dink jou eers in, hoe dit die siende mense na verloop van tyd te moede sou moes word en veral, as die siende mense die beste middele sou hê om die meeste blindes van die hele groep siende te maak, as hulle dit maar sou wou hê! Hoe sou dit vir jou dan met jou suiwer verstand te moede wees?”

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205