Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die belangrikheid van die gemoedsrus

218 EK sê: “Ja, ja, jy het gelyk en het baie goed gepraat; rus, die ware innerlike gemoedsrus, is vir elke mens die noodsaaklikste geestelike element, waarsonder hy niks waaragtig innerlik en geestelik groots kan bevat nie, en daarom staan Ek julle ook graag toe wat julle juis nou verlang.

[2] `n Dergelike rus, waarin die liggaam en die ledemate van aktiwiteite onthou word, is eintlik geen rus nie, maar eerder `n groot innerlike aktiwiteit van die siel wat daaruit bestaan dat sy meer en meer één word met haar gees wat sy gaan waarneem het. En as jy `n dergelike rus verlang, doen jy, sowel as alle ander, daar goed aan; wanneer jy `n dergelike innerlike rus, of beter gesê sielsaktiwiteit, daagliks eenmaal hou en dit voortsit, sal jy dan eers voel watter groot en ware nut jy daardeur vir jou lewe gewen het.

[3] Julle kan julle nou almal in julle hutte terugtrek wat nou saam met hierdie voorheen woeste grond ook `n bietjie beter geword het, en gaan kyk watter goed julle almal ten dele geval het. Kom dan teen die aand weer terug!

[4] Ek gaan My intussen besig hou met wat aan My opgedra is deur My Vader wat in die hemel woon en volledig één is met en in My. Maar wie hier vandag by My wil bly, kan dit ook doen; want niemand is verplig om hier weg te gaan nie, slegs wie dit wil, kan dit doen; sowel die een as die ander sal baie sinvol wees. Doen nou wat julle wil julle ingee.

[5] Behalwe Hiram en Epifanus staan almal nou op en haas hulle baie nuuskierig na hul hutte toe om te wete te kom wat daar alles tuis gebeur het, en wat daar alles verander is. En toe hulle tuiskom, was daar geen einde aan hul verbasing en verwondering oor die rojale huise wat nou die plek ingeneem het van hul vroeëre armsalige hutte nie, en oor die talle vrugtebome, wingerde, akkers en weiding, en hulle loof God die Vader, van wie Ek hul vertel het dat Hy aan `n mens op aarde so `n mag gegee het.

[6] Maar Epifanus vermaan hulle en sê: “O Majesteit en Heer van die meesters! Ek gee tog die voorkeur daaraan om hier te bly; wat die ander ten dele geval het deur U goedheid en goddelike mag, sal ook my ten dele geval het, `n weldaad, waarvoor ons almal en ons kindskinders U nooit voldoende sal kan dank, loof en prys nie.

[7] En hoe onskatbaar groot hierdie weldaad wat U ons bewys het, ook is, is dit tog nie te vergelyk met die weldaad wat ons siel deur U leer ontvang het nie. Want slegs hierdeur het ons, wat voorheen heeltemal verwilderde, egte mensediere was, eintlik ware mense geword. U het ons eers die egte lewe getoon en ons die waarde daarvan leer ken.

[8] Vroeër het ons slegs liefde vir die dood gehad, maar nou het ons `n ware en groot liefde vir die lewe, wat tot `n buitengewone voltooiing in alle rigtings in staat is, terwyl die dood ewig dood bly, en nooit een of ander stapsgewyse voltooiing kan toelaat nie. En juis daarom gee ek nou die voorkeur daaraan om by U, Majesteit en Heer, te bly, sodat niks my sal ontgaan van wat U - laat ek sê -waaragtig heilige mond nog verder sal verkondig nie.”

[9] EK sê: “Wat die ander doen is goed, maar wat jy doen is beter. Want elke woord wat uit My mond kom, is lig, waarheid en lewe; as jy My woorde in jou hart opneem en daarvolgens handel, dan sal jy ook die ware ewige lewe ten deel val met My woord.

[10] Maar wanneer iemand My woord hoor en nie daarvolgens handel nie, sal My woord hom nie lewend maak nie, maar hom slegs dien tot oordeel en dood. Ook al is dit op hierdie manier nie My wil nie, maar enkel God se ewige ordening, dan kan Ek hom tog nie help nie, omdat hy homself moet help.

[11] Want as iemand wat honger het, voedsel aangereik word en hy eet dit nie, maar kyk net daarna, dan het diegene wat die ete aanreik, geen skuld daaraan as die honger persoon verhonger en sterf nie, maar natuurlik die honger persoon self, omdat hy geen voedsel tot hom wou neem nie. En presies so is dit met diegene aan wie Ek My Woord as die waarste brood uit die hemele voorsit, en dit net aanhoor en nie daarvolgens wil handel nie. Daarom moet niemand My Woord net aanhoor nie, maar hy moet ook daarvolgens handel, dan sal hy daardeur in sy siel waaragtig versadig word met die brood uit die hemele en voortaan geen dood meer sien, voel of smaak nie, omdat hy so self heeltemal tot die lewe uit God geword het. Verstaan jy dit?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205