Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die fariseërs beken

148 Derhalwe skep DIE EEN FARISEËR moed en begin as volg te spreek: 'Allerhoogste en onverbiddelik strenge meester en gebieder oor alle lande van Asië en die grootste deel van Afrika! Omdat daar vir ons nou niks anders oorbly as om die volle waarheid te beken nie, moet ek namens al my metgeselle tog openlik toegee dat die brief pure fiksie is en dat ons die berugte profeet uit Násaret slegs uit broodnyd hardnekkig as ons grootste vyand vervolg. Want hy doen tekens, wat alles wat daar tot nou toe daar was, by verre oortref; daarby kom dit dat sy leer lynreg bots teen die tempel en sy wette, wat tog nie van ons is nie.

[2] Ongeveer duisend jaar gelede het Moses op die berg Sinai wette uit die vurige hand van God ontvang, en daarna nog `n groot aantal staatkundige lewensvoorskrifte. Die eerste van hierdie wette is baie belangrik, naamlik: 'Jy sal slegs aan My, jou enigste en enige ware God, glo en geen vreemde gode naas My aanbid en vereer nie; want alleen Ek is jou God en jou Heer!' Die profeet (uit Násaret) sê egter, dat hy en niemand anders `n ware seun van God, en selfs God Self is, en hy beroep hom daarby op die uitsprake van die profete, wat hy na willekeur op homself betrek, en op sy dade wat daarvan getuig.

[3] As dit so ongestraf moet deurgaan, dan is dit oor enkele jare heeltemal uitgeloop met die aantoonbare goddelike inrigting in Jerusalem! Wat dan? Wat se figuur sal ons, wat deur God in die amp geroep is, teenoor die volk slaan en waarvan moet ons dan voortaan lewe, want God het ons wetlik voorgeskryf dat ons nooit `n akker, nóg `n wynberg mag besit nie? Enersyds het ons dit van ons afgevalle Samaritane, die Sadduseërs en die half-heidene, andersyds die Essene wat nou al byna die helfte van die volk vir hulle gewen het, verkry - en nou kom die Galileër ook nog daarby! Dit het vir ons uiteindelik tog wel `n bietjie te veel geword!

[4] Op die Sinai gebergte het JaHWeH ons onder bliksem en donder deur Moses en Aäron wette gegee; Hy het dit bekragtig en so te sê `n Ewige Verbond met ons gesluit en ons ten strengste verplig om getrou te bly aan hierdie Verbond. Hy, die Almagtige, beloof ons die grootste voordele vir die lewe, indien ons aan die Verbond en die wet getrou sou bly, maar ook die grootste nadele, as ons die Verbond ligsinnig sou verbreek. Hy gee ons egter ook die reg om ons teenstanders met vuur en swaard te vervolg, soos wat Josua dit by ook Jericho gedoen het en later die groot koning Dawid met die Filistyne, waar selfs, op bevel van JaHWeH, die kinders in die moederliggaam nie gespaar mag word nie.

[5] Maar as JaHWeH nou teen Sy beloftes en uitsprake in, miskien vanweë ons sonde en ons slap houding, en verdraagsaamheid teenoor ons teenstanders, die Ou Verbond wil ophef en ons heeltemal wil verlaat, dan sou Hy dit tog seker op `n grootse wyse doen, wat vir Hom baie maklik moontlik is, soos wat Hy ook ongeveer duisend jaar gelede die Verbond gesluit het, sodat elkeen verseker en sonder twyfel sou weet waaraan hy toe is! Maar dit het tot nou toe nog lank nie gebeur nie; hoe kan `n towenaar dan, al verrig hy ook wat se buitengewone dinge, dit ooit waag om op so `n skandelike wyse teen ons te gaan ageer, terwyl ons nog steeds `n bestaande instelling van God is?!

[6] Laat Hy maar siekes genees soveel hy wil, en tot vermaak van die mense ook berge verplaas en ander buitengewone grootse dinge verrig; maar teen die tempel en sy heilige geheime moet hy nie tekere gaan nie! Maar Hy doen dit steeds meer, en ondergrawe die geloof en die vertroue van die volk in die tempel volledig, nou by name die van die Galileërs, sodat hulle ons al baie dikwels nie meer die tiende wil gee en ons bowendien nog uitmaak vir die grootste en mees verfynde menslike volksverraaiers! As ons dit is, dan sou JaHWeH ons dit deur die mond van `n egte profeet laat weet het, nie deur `n towenaar uit Galilea nie, wat hom uitgee as een van die grootste profete, ja selfs as die Seun van die Allerhoogste, terwyl daar tog geskryf staan dat daar uit Galilea, waar te veel heidene woon, nooit `n profeet kan opstaan nie, en nog minder `n Seun van God wat uit die hemele sal kom!

[7] En as ons dan ten eerste deur God se wet, en ten tweede deur die duidelike druk van die omstandighede, gedwing word om iemand wat hoogs gevaarlik is vir die ou saak van God, te vervolg, en so moontlik met alle regte wat God ons verleen het, eiehandig uit die weg te ruim en van die aarde te verdelg, doen ons dan `n onreg, as ons hiervoor in hierdie tyd helaas van menig is en onsself van slinkse middele moet bedien om die, vir ons buitengewoon gevaarlike sujet (sluwe nagkat), uit die weg te ruim?! Ek dink dat u nou geen enkele twyfel meer sal koester oor die volle waarheid van hierdie, met goeie redes omklede, eerlike bekentenis van ons nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205