Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Fariseërs neem aanstoot teen die vrolike maaltyd van die Heer

92 Markus het van My vraag na wyn van veraf nog maar nouliks iets gehoor, of hy snel al soos `n egte herbergier na die kelder toe en bring, saam met sy twee seuns, dadelik verskeie kruike vol met die allerbeste druiwenat. Ons bekers word tot aan die rand toe gevul; almal drink op die goeie gedy van die nuwe leer uit die hemele en kan die heerlike wyn nie genoeg loof, roem en prys nie.

[2] Dat Roclus en sy kollegas, wat in `n sekere sin aan ons tafel gesit het - ook al was dit dan die nuwe toegevoegde dwarsstaande gedeelte, - ook dieselfde wyn kry, en ook alle ander gaste, spreek vanself; ons gryp almal gedug na die bekers en ook die goeie brood word nie daarby versmaai nie.

[3] Maar aan die tafel met Fariseërs, wat die naaste aan ons staan, waar die vyftig Fariseërs met hul woordvoerder Floran en hul owerste Stahar uit Césarea Filippi sit, sien mense dat ook Ekself flink na die wyn en die brood gryp.

[4] En STAHAR maak taamlik luid aan Floran die volgende opmerking: “Jy moet tog net kyk hoe hierdie Profeet, die een wat sogenaamd met God se Gees vervul moet wees, Homself laat volloop en gulsig sit en eet! Ook lyk Hy absoluut nie afkerig te wees van die vroulike geslag nie; want die een bekoorlike meisie sit aldeur so styf teen Hom vas, soos sy twee ore aan Sy kop! En dink dan tog wat, volgens ons sedelike voorskrifte wat van Moses afstam, die mens alles verontreinig! As Hy werklik vervul is van die Gees van die Almagtige, dan kan Hy nou tog onmoontlik self in stryd met dieselfde Gees, waarvan Moses ook vervul was, handel!? Nou, nou, ek vind dit baie bedenklik!

[5] Uit Sy leer en Sy dade blyk dit duidelik dat aan Hom deur God, `n hoër vermoë verleen is as wat daar ooit aan `n mens verleen was, en wie volgens Sy leer leef kan vir God nie verlore gaan nie; maar wie soveel drink en eet soos Hy, sal te gelegener tyd na die laaste oordeel, waaroor Daniël profeteer, nie lig die paradys binnegaan nie! Want daar staan geskryf: “Hoerelopers en dronklappe sal God se ryk nie binnegaan nie!” Hoe dink jy daaroor, my altyd baie gerespekteerde Floran?"

[6] Skouerophalend sê FLORAN: "Die huidige groot drinkgelag, want dit is wat dit is, kom my ook `n bietjie merkwaardig voor! Eintlik kom hierdie hele saak nou tot my oor asof ek iets van `n verborge duiwelse streek begin te ruik! Met heeltemal suiwer goddelike dinge skyn dit daar nie toe te gaan nie! Wel, dit moet jy sien, Hy het alweer vir Homself ingeskink! Ta, dit is werklik meer as merkwaardig! En nou so `n brok brood nadat Hy `n sluk geneem het! Nou, nou, ons sal eers sien, as Hy egter dronk is, wat Hy dan aan sy leerlinge sal gee!"

[7] STAHAR sê: “Jou opmerking, veral van die duiwelse streek, lyk my baie toepaslik, en hierdie hele komedie kom my nou besonder vreemd voor! Ons het ons wel almal tot Sy leerlinge laat omvorm; maar as die sake so daarvoor staan, lyk dit my die korrekte oomblik om ons weer met alle mag van die eer te distansieer, want dit lyk vir my nou alles `n geraffineerde begogeling van satan te wees! Daniël verkondig immers helder en duidelik dat daar in `n bepaalde tyd `n magtige teenstander van God onder die mense sal optree, en tekens sal doen waardeur selfs die uitverkore engele van God verlei sou kan word, as God dit sou toelaat! Is Hy uiteindelik nou die beskrewe teenstander van God!? Vriende, as dit so is, dan kom dit daarop neer dat ons so gou as moontlik van hier af moet weggaan, anders haal die lewende satan ons miskien die komende uur al met huid en haar!”

[8] Met sulke praatjies en kommentare het die vyftig Fariseërs aan die tafel hulle al besig gehou vanaf die oomblik dat Ek My eerste beker wyn gedrink het. Roclus en sy kollegas, wat alreeds naar was van die Fariseërs, merk dit egter op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205