Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verwagte moeilikheid in die instituut van die Essene

135 ROCLUS sê: 'O Heer, miskien is daar wel geen tweede, wat so graag by U sou wou bly as ek nie! Wat dit ook is, alles wat van U kom is vir my hart steeds die hoogste geluk en die grootste saligheid! Ek brand van verlange om nog meer van U te verneem, byvoorbeeld oor die vernuwing van ons instituut!"

[2] EK sê: 'Ja vriendjie, jy het dit goed gerade geag! Daar is nog `n paar dinge wat jou probleme daarby sal kan oplewer, en waaroor julle dit nie eens sou wees nie; daarom sal dit goed wees as Ek julle Self enkele aanwysings daaroor gee!

[3] Om mee te begin, gee Ek jou voorlopig die versekering dat My dienaar RafaEl af en toe na jou toe sal kom en jou met raad en daad sal bystaan. Vir die res van die tyd het hy immers al sy duidelike instruksies en weet hy wat hy moet doen in die tyd wat Ek hier op aarde is en waar hy hom vir tyd en wyle moet ophou. Hierdie toesegging wat Ek jou nou gegee het, geld slegs vir `n baie besonderse geval wat homself in julle instituut, tydens die periode van die vernuwing, kan voordoen.

[4] Maar wat jy self sal moet doen, sal Ek jou nou nog in `n kort bewoording meedeel. Julle het intussen in die instituut nog die uiterse geraffineerde inrigting om dooies op te wek, soos wat dit was en nog is; ook is daar nou nog presies honderd-en-sewe kinders van drie tot veertien jaar, waarvan iets meer as die helfte meisies is. Julle is nou in groot verleentheid, omdat julle in julle mense kweekplekke nouliks twintig kinders het wat na mekaar lyk; julle het nou bodes na alle dele van die wêreld gestuur met geskilderde portrette, om teen elke prys kinders aan te koop wat daarna lyk. Maar hierdie bodes doen slegte sake; want waar hulle ook maar iets aantref wat daarna lyk, word dit vir geen enkele prys aan hulle verkoop nie, en kinders wat nie na hulle lyk nie, kan hulle tog nie gebruik nie. Wat is jou reaksie op hierdie gang van sake?"

[5] Hier krap ROCLUS hewig agter sy oor en sê: 'Ja, Heer, as dit so is - wat heel verstaanbaar is, - dan is dit `n uiters benarde situasie vir die instituut! Dit was inderdaad `n groot dwaasheid en teen my wil, om opeens soveel gestorwe kinders op te neem; maar ons hoogste leier, by name op die gebied van die weer tot lewe wek van kinders, het my die versekering gegee dat dit voorspoedig sou gaan. Nou sien dit net baie gou heel anders daaruit! Nouliks twintig kinders wat na mekaar lyk; en die ander?! Hulle kan ons met die lantern soek waarmee die sinikus destyds die mense op `n helder dag gesoek het!

[6] Die leier het weliswaar dadelik bodes, wat met baie geld voorsien was, in alle rigtings gestuur; maar as sake so verloop het, is ons met ons hele instituut in skande en sal ons in groot verleentheid raak, tot vrolike hoongelag van die afgunstige en jaloerse Fariseërs, te meer omdat daar juis hierdie keer, waarvan ek goed bewus is, enkele kinders van Fariseërs daaronder skyn te wees, waarmee hierdie afgunstiges sekerlik van plan sal wees om ons aan te vat!

[7] Sjoe, dit is werklik `n baie moeilike saak, en dit kan baie hinderlik vir my word, noudat ek my vas voorgeneem het om voortaan maar net in U Naam te werk! Hoe kan ek dit nou verstandig oplos? Daarby staan my verstand stil! Heer, U sou ons natuurlik uit die verleentheid kon help, as dit U heilige wil was, en U sou dit ook kon doen omdat ons in elk geval met ons instituut nooit willens en wetens ook maar in die minste één egte bose bedoeling gehad het nie!

[8] Ons onwetendheid, waaraan ons geen skuld gehad het nie, kan U as liefdevolle God, Heer en Leraar, ons tog nie ten laste lê nie? En ook al sou U ewig onmeetlike wysheid iets by ons vind waaraan ons self skuld het, maar waaraan ons egter niks kan doen nie, dan is U groot onmeetlike liefde immers tog ruim voldoende in staat om dit weg te neem! Ek en al my belangrikste metgeselle het nou eenmaal al ons hoop op U gevestig en vertrou vas daarop dat U ons hierdie keer uit hierdie vreeslike verleentheid sal help; ons belowe U dan met ons hele hart, dat ons te alle tye sorg daarvoor sal dra om U heilige woord vir altyd so suiwer te hou, soos wat ons dit nou met die grootste dankbaarheid in ons harte van U verneem het!"

[9] EK sê: 'Maar waarom noem jy dit dan so `n groot verleentheid, terwyl jy tog onmiskenbaar My toesegging gekry het dat Ek jou, indien moontlik, sal help?! Want wat Ek iemand beloof, daarby hou Ek my, dit is nog sekerder as dat die son daagliks moet opgaan en steeds één helfte van die aarde verlig, of die oppervlakte van die aarde nou helder of deur wolke en mis bedek is! Wanneer sou die honderd-en-sewe kinders dan weer lewend na die huis van hul ouers terugkeer?"

[10] ROCLUS sê: 'Heer, wat moet ek sê, wat kan ek U anders antwoord as: O Heer, vir U is alle dinge maar al te bekend en daarom ook seker ons dwaashede!"

[11] EK sê: 'Ja, dit is `n baie goeie antwoord wat jy My hier gee! Julle het werklik `n groot dwaasheid begaan deur `n te kort termyn te stel vir julle nagemaakte opwekking uit die dood! Julle is daartoe aangemoedig deur enkele geslaagde pogings en het natuurlik ervaring, dat vir julle instituut so `n kort moontlike herbelewingstermyn nie net die minste sal kos nie, maar ook seker die meeste aanbevelenswaardigste sal wees, omdat die hele saak aan wonderbaarlikheid grens, natuurlik slegs wat aansien aanbetref!

[12] As julle voldoende kinders gehad het wat na mekaar lyk, sou die saak op julle manier nog wel uitgevoer kon word; maar omdat juis die belangrikste vir julle geraffineerde bedrog ontbreek, is dit wel begryplik dat julle daardeur in enorme moeilikheid sal raak. Ek sou julle hierdie keer natuurlik goed uit julle groot verleentheid kon help; maar dan sou Ek julle immers onmiskenbaar met bedrog moes help, en kyk, dit kan nie, hoe lief julle almal My ookal het! Hier moet iets heel anders gebeur, wat passend sal wees vir hierdie aangeleentheid!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205