Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die aarde, `n oefenskool vir die kinders van God

157 CYRENIUS sê nogmaals vir My: 'Heer, ek weet nou weliswaar uit U goddelike mond waarom alles op die wêreld so is en gebeur, en ek ken nou U goddelik wyse planne met betrekking tot die opvoeding van die mense in alle tye en in alle gebiede van hierdie aarde; maar daarnaas moet ek tog eerlik toegee dat daar in feite vir die opvattinge van hierdie Farisieër vanuit `n aardse gesigspunt wel iets te sê is. Dit is werklik van A tot Z geen wêreld van liefde en waarheid nie, maar `n baie bose wêreld vol haat en leuens, valsheid en onregverdigheid! Dit sou egter ook wel anders kon wees! Maar dit is nou eenmaal so en dit sal nooit anders word nie, en die aarde is gedoem om `n huis van ellende te bly, waarin haar mensekinders altyd moet versmag. Maar dit sou wel anders kan wees!"

[2] EK sê: 'Ja, ja, dit sou wel anders kon gewees het, soos wat dit ook op tallose ander hemelliggame anders is; maar dan sou hierdie aarde nie uitverkore gewees het vir die opvoeding van die mense wat die bestemming het en daartoe geroep is om My kinders te word nie!

[3] Kan die ware magtige liefde haarself as sodanig ooit geheel herken onder mense wat self suiwer liefde is?! Watter toetssteen tot oefening in geduld, deemoed en sagmoedigheid moet mens gee aan mense wat reeds vanaf hul geboorte vol van die liefde is?!

[4] As Ek die natuur van elke mens reeds so gevorm het dat hy hom reeds vanaf die geboorte sonder toedoen van homself in die hoogste voleinding sou bevind wat se oefening sou daar dan vir hom nog wees vir die lewe en om op eie krag vooruit te kom?!

[5] Vir watter werksaamhede sou sulke geeste dan ten slotte gebruik kon word? Ek sê vir jou: Die bome in die bos en die rotse in die gebergte sou daar in hul selfwerksaamheid wat vir `n vry lewe streng onontbeerlik is, talle kere beter daaraan toe wees as `n mens wat reeds vanaf sy geboorte in elke opsig geheel volmaak sou wees!

[6] As `n mens eenmaal fisiek volledig ontwikkel sou wees en altyd `n gedekte tafel met allerlei kosbare spyse en drank voor hom sou hê en daar by hom dus nooit van honger of dors sprake sou gewees het nie, as hy bowendien nog `n glansryke woonkamer sou hê en daarnaas ook in al sy geestelike vermoëns volmaak sou wees, sodat hy alles tot in die kleinste detail, sowel wat naby as wat veraf is, sou kon sien en hoor en daarvan geniet, en as hy orals met alles sou kon kommunikeer, terwyl hy nooit gehinder sou word deur die kleinste ongemak nie, dan sou so iemand sy rusplek tog seker byna vir geen oomblik verlaat nie!

[7] Ek sê vir jou: So iemand sou selfs My mees wonderbaarlike werke koud laat soos die sneeu wat ten tye van Adam die berge met die kleed van die ewige onskuld omhul het! Of dink jy dat My oneindige, ewige lewensvoleinding My Self tot enig nut dien en My saligheid gee? Werklik nie!

[8] In die eindelose groei van My eweso natuurlike tallose onvolmaakte kinders, in hul toenemende insig en ontwikkeling en in hul daaruit voortkomende werksaamheid, lê ook My eie hoogste saligheid. Hul vreugde oor `n moeisame verwerfde, groeiende vermoë is altyd ook vir My steeds `n nuwe vreugde, en My oneindige volmaaktheid kry immers eers onskatbare waarde deurdat dit deur die nog onmondige kinders steeds meer en meer nagestreef word, en daar vir `n deel ook in hulle sigbaar word dat hulle onmiskenbaar groei. Verstaan jy wat Ek jou hiermee wil sê?!

[9] As dit nie so was nie, dink jy dan dat Ek ooit `n wêreld met `n lewende wese daarop sou gevorm het? Vir My is dit alles reeds ewighede gelede `n noodsaaklike behoefte gewees; sonder hierdie behoefte sou daar nooit `n aarde geskape en met allerlei lewende wesens bevolk gewees het nie.

[10] Dit moet bly soos wat dit is! Ek het nie gekom om die aarde vrede en dooie rus te gee nie, maar die swaard, die geveg in `n hoëre mate van werksaamheid. Want die liefde word eers `n ware lewende daadwerklike krag wanneer sy teenoor die haat staan, en die rustige dood moet vir haar op die vlug gaan. Die mensdom word deur die nood wat hom agtervolg werksaam, mettertyd geduldig en sagmoedig, en hy gee hom daardeur oor aan My wil. As daar geen leuen bestaan met die bittere gevolge wat daarby hoort nie watter waarde sou die waarheid dan in haarself hê?! Wie steek oordag `n lig aan en wie het oë vir die waarde van `n brandende olielamp by die lig van die son?!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205