Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die menings van die Nubiërs oor die doen van wonderwerke

11 Toe dit ook gereël was, kom Oubratouvishar na My toe en sê: “Net U is almagtig en meer as almagtig! Kyk, ek en my broers en susters het nou die verlossing gesien van alle mense wat opreg van hart is en wat `n goeie wil het en wat sorg vir die vorming van die hart en die gemoed, en nie voortydig vir dié van die verstand nie, wat eintlik net `n regterarm van die hart moet wees. Dit is en bly die enigste korrekte weg van die ware lewe en sy heil, wat ons More almal, as mense wat `n helder gees het, goed kan insien en begryp. 

[2] Maar ondanks al ons lewensrypheid en insig kwel hierdie wonderwerk ons nou baie en ons het begin om oor en weer onder mekaar te raai omdat sommiges van ons meen dat so `n wonderwerk ook tot stand gebring sou kon word deur `n mens wat deur U Gees heeltemal volmaak geword het, terwyl ander daarenteen meen dat dit ewig net vir God moontlik is om sulke dinge te skep, omdat `n almagtige, Goddelike wil daartoe behoort, wat `n geskape gees self nooit sal kan hê nie, omdat hy geen oneindige is nie, maar net `n uiters beperkte gees.

[3] Verder sê en dink hulle, dat dit reeds aan die skepsele van hierdie aarde te sien is. Hoe groter hulle sou word, met hoe meer krag en mag sou hulle optree en hoe kleiner hulle is des te geringer is ook hul krag. Die mense vertel onder ons van reusagtige olifante van weleer, wat in vergelyking met dié wat nou op aarde voorkom, net klein ape sou wees. Hierdie diere het na bewering so `n krag besit dat hulle met hul slurpe die sterkste bome met die grootste gemak kon ontwortel. Maar, as soos reeds hier op aarde, `n skepsel namate hy groter is, met des te groter krag optree, hoeveel meer verskil sou mens dan moes merk by die geeste, wat die hoofvoorwaarde is waarop die krag in alle verskillende skepsels rus! Wat dus vir U as die oerewigste Gees moontlik is, omdat U alleen alleroneindig groot is, dit kan vir geen eindig geskape gees moontlik wees nie en hy kan dus ook nie so `n huis, so `n tuin en sulke pragtige skepe hier uit niks te voorskyn bring nie!

[4] My eie mening is wat dit betref `n bietjie verdeeld; want ek het aan hulle gesê volgens die mening van die eerstes: Om in `n oomblik iets te skep wat mense - ook al was dit met baie moeite en tyd - ook tot stand sou kon bring, moet vir God tog makliker wees as iets anders wat vir mense altyd onmoontlik bly en moet bly.

[5] So kan mense selfs wonderbaarlik pragtige en uiters groot geboue met verloop van tyd skep; maar alle mense van die aarde kan nie eenkeer die geringste mosplantjie skep en dit laat groei, bloei en sade laat dra wat geskik is vir voortplanting nie. Laat staan dat hulle enige vrugteboom of selfs `n dier sou kon skep wat vry kan beweeg, sy voedsel kan soek en volgens sy soort kan voortplant.

[6] Om sulke dinge uit niks, net deur die almagtige wil te skep, sal vir `n mens, ook al is hy hoe volmaak, beswaarlik ooit moontlik wees; want daartoe behoort meer as die kortstondige krag van die menslike gees, wat sowel wat tyd en ruimte aanbetref, eindig is. Maar dit sou vir die algeheel volmaakte gees van `n mens wel moontlik wees om dinge, wat hy alreeds eenkeer as eindig geskape het, ook al het dit moeisaam gegaan, oombliklik in die lewe te kan roep. Nou bly dit dan nog net die vraag, of dit blywend, of net vir `n paar oomblikke sou wees as verskynsel by geleentheid dat mens heeltemal onselfsugtig, net ter verheerliking van U Naam, aan die blindes `n ware lig sou wou gee!

[7] Sou U, o Heer, dit nie baie presies aan my wou verduidelik nie? Het ek gelyk, of die ander? Ek sou U met hierdie vraag sekerlik nie lastig geval het nie, as ek nie gemerk het dat U nou `n klein rukkie vrye tyd - natuurlik heeltemal deur U hoogste eie wil – gegun is nie. As U heilige wil U dit derhalwe sou toelaat om aan my op my vraag `n ewige geldige antwoord te gee, dan sou dit vir ons almal ook `n uiters groot barmhartigheid wees, waarvoor ons U nooit genoeg sou kon dank nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205