Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 252

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Aan die oorkant van die Jordaan aan die See van Galilea. Evangelie van Matthéüs. Hoofstuk 19

Die Heer vaar met Sy leerlinge na die oorkant van die see. Evangelie van Matthéüs. 19:1

252 En EK sê: “Maak julle almal klaar vir die reis; Ek wil en moet vandag nog vertrek, en wel heeltemal weg uit Galilea, na die land wat aan die oorkant van die Jordaan lê, en wat aan die land van die Judeërs grens! (Matthéüs. 19:1) Daar was ons nog nie gewees nie, en daar is `n groot aantal baie weetgierige mense en daarom sal ons vandag nog goeie sake daar doen!”

[2] Petrus sê: “Heer, ons moet oor die water daarheen reis, en ons skip sit onder die trop sprinkane; om dit skoon te maak, sal twee ywerige mense `n halwe dag neem?”

[3] EK sê: “Wat jy sê is korrek en twee mense sou ook wel `n hele dag daaraan moes werk; maar Ek is vinniger klaar met die werk. Laat ons dan maar vinnig na buite gaan na die see, dan sal die skip al skoongemaak wees!”

[4] En toe ons aan die see by ons skip kom, siedaar, toe was die skip heeltemal skoon en daar was nêrens meer `n spoor van `n sprinkaan te ontdek nie!

[5] Toe die leerlinge dit sien, was hulle baie verbaas daaroor en Petrus sê: “U is werklik `n baie groot Heer in alle dinge; selfs sprinkane moet aan U wil gehoorsaam! Sal ons nou dadelik aan boord gaan en vertrek, of sal ons eerste ons middagbrood eet met `n bietjie wyn daarby, omdat dit `n taamlike ver reis is?”

[6] EK sê: “Waarvoor het ons dit almal nodig? Tot nou toe het ons nog nêrens, waar ons ookal was, honger gely nie, en daarom sal ons ook in die land waarheen ons nou na toe gaan, nóg honger, nóg dors ly. In jou huis het jy trouens alles al in orde gekry, laat ons daarom aan boord gaan! Hys die seil, maak dan die skip los van die paal, en één van julle gaan by die roer staan! Ek sal `n goeie wind laat kom, dan sal ons baie gou op die plek wees waarheen Ek wil gaan!”

[7] Petrus vra My nog of hy met die oog op die versorging en die bewaking van die skip aan die verre oewer aan die ander kant miskien `n paar van sy vissersknegte moes saamneem.

[8] En EK sê: “Ja, doen dit; want so gou kom ons nie hierheen terug nie?”

[9] Daarop roep Petrus twee van sy vissersknegte. Hulle bring die skip gou in orde; die wind steek ook op, en ons vertrek byna so vinnig soos `n pyl.

[10] Toe ons so met `n ware stormsnelheid oor die wye wateroppervlak gly en dit ondanks die sterk en hewige wind slegs deur baie klein golwe beweeg word, val dit die twee knegte van Petrus op en hulle vra hom wat die oorsaak daarvan sou kon wees. Want as baie ervare ou vissers en skippers het hulle so-iets nog nooit meegemaak nie.

[11] Petrus sê egter aan hulle: “Hoe kan julle dit nou nog vra! Het julle dan al vergeet wat die groot Heer uit Násaret, wat ons Messias is, alles kan doen?”

[12] Toe sê die knegte: “Ons weet wel dat Hy groot wonderwerke kan verrig; maar dat ook die wind en die meer Hom moet gehoorsaam, het ons nie geweet nie! Hy moet waarlik `n groot Profeet wees, so groot soos Moses en so groot soos EliJaH!”

[13] En Petrus sê: “Oneindig baie groter as Moses en EliJaH! Vra nou nie meer verder nie, maar kyk na die skip; as die tyd ryp is, sal julle wel meer oor die goddelikheid van die Heer verneem! Ons gaan nou spoedig by die monding van die Jordaan aankom, en daar moet ons versigtig wees, sodat ons nie in die stroming beland nie, want dit is moeilik om sonder `n gunstige teenwind daaruit te kom.”

[14] Beide gryp nou stewig na die rieme en pylsnel vaar ons oor hierdie enigsins gevaarlike plek en bereik die oewer na `n tog van minder as `n uur.

[15] Daar lê, waar ons aan land gaan, `n plek wat oorwegend deur vissers bewoon was, wat vir die grootste deel Judeërs was, en vir `n derde deel Grieke wat daar met allerlei sake handel dryf. Toe ons by die oewer kom en aan wal gaan, was daar baie van die volk, omdat daar enkele Fariseërs uit Jerusalem aanwesig was om hul tiendes in hierdie plek te in. Dit spreek vanself dat die volk na ons toe geloop het, en enkele van hierdie talle beter mense het ook baie gou gevra wie ons was, wat ons hier kom doen het en of ons miskien die een of ander wou aankoop.

[16] Petrus vermaan hulle egter en sê aan die nuuskieriges: “Laat ons eers `n herberg soek, dan sal julle vroeg genoeg hoor wie ons eintlik is en wat ons hier wil doen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205