Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die lewensverhaal van die agtervolgers

195 EK sê: 'Ek sê vir jou: In hierdie tyd bestaan daar op hierdie hele aarde niks meer ellendiger nie! Ek sê vir jou: Daar lewe nou op die hele aarde baie, ontsettend baie uiters slegte en boosaardige mense, wat helaas meestal deur hul opvoeding vanaf hul geboorte sleg geword het. Maar by hierdie spul hier het dit waarlik nooit aan die beste opvoeding ontbreek nie en hulle was onderrig in alle goeie dinge; maar alreeds in hul kinderjare het hulle hul al deur allerlei huigelary anders voorgedoen as wat hulle was, sodat mense hulle orals na die kalklig gebring het en hulle steeds so goed as moontlik vereer het. Daarom kry hulle al in hul jong jare baie aansienlike take, maar begin dan spoedig, dikwels deur growwe slinkse planne, misbruik te maak van hul amptelike bevoegdhede wat mense maar te veel onderdruk en word so steeds meer gevoel- en gewetenloser. Deur hul listigheid het hulle by alles sukses en so bereik hulle, by name die drie hoofaanvoerders wat skoolkamerade was, baie hoë posisies en bevind hulle toe eers op die regte plek om hul ware satansdrif die grootste moontlike ruimte te bied, en alles wat maar in hul aartslegte gees opkom, word tot elke prys uitgevoer.

[2] Hoeveel sagaardige meisies en jong seuns tussen agt en twaalf jaar het hulle nie tot die dood toe geskend nie, selfs onder die grootste marteling, en daarna hul liggame as voer vir hul talle honde gewerp! En as treurige ouers dit byvoorbeeld gewaag het om slegs uitgebreid te ondersoek wat daar met hul kinders gebeur het, kon hulle al by voorbaat daarop reken dat hul laaste uur spoedig geslaan het. En hulle geregsdienaars en geswore helpers was op hulself geen haar beter nie, maar indien moontlik, nog gruweliker. Wanneer jy jou dit alles en dikwels nog duisendmaal slegter dinge daarby voorstel, sal jy My toorn hier baie goed kan verstaan.

[3] Hulle weet egter ook baie goed dat niemand hulle by die Romeine so maklik kon verraai soos Ek nie, omdat hulle reeds baie van My gehoor het. Daarom stuur hulle ook steeds agtervolgers uit om na My persoon te soek, maar altyd sonder resultaat; daarom wou hulle nou self die gewenste werk uitvoer. Maar My Gees in My sê: 'Tot hier toe en nie verder nie!' En so het hulle nou hier hul lang verdiende loon ten volle ontvang.

[4] Raap hul wapens en kettings saam; want julle sal dit kan gebruik as nuttige huisgereedskap en in die winter om mee vis te vang! Daar, onder die rotswand in die bos sal julle hulle verskeurde klere vind en ook hulle oopgekloofde bene, omdat hulle daar deur die diere verorber is. Maar gaan eers oor `n maand daarheen, totdat die miere ook eers hul plig gedoen het! Julle sal daar nog `n groot aantal aardse kosbaarhede vind wat julle met verloop van tyd per geleentheid goed aan Griekse handelsliede kan verkoop; maar voorlopig het dit nog tyd nodig!

[5] Die skip bevat vyfhonderd pond goud, silwer en nog `n aantal ander kosbaarhede, dit behoort nou aan julle, ook die skip; maar wees by die verdeling eerlik en onselfsugtig, neem wat julle nodig het! Die skip is hier so goed as gestrand en het geen besitter nie en kom dus volgens die Romeinse strandreg - primo occupanti ius* - aan julle toe! Is julle daarmee tevrede?' *(Die eerste het reg van besitname)

[6] ASIONA en HIRAM antwoord: 'Heer en Leraar van alle Mag, Wysheid en Krag van die volmaakte Gees van `n Allerhoogste God! Wie sou nou nie daarmee tevrede wees nie? En soveel te meer aangesien ons nou insien dat dit werklik `n geskenk van bo is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205