Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor korrekte en verkeerde ywer

77 ROCLUS sê: “Ja Majesteit en Heer oor alle wesens en dinge, deurdat U so barmhartig is om hierdie dinge uit te lê, staan dit nou vir my natuurlik alles in `n ander lig en menige raaisel wat ek vroeër nie kon oplos nie, is vir my nou volkome duidelik! Ja, nou begin ek ook `n bietjie te verstaan wat `n mens eintlik is, en wat hy in hierdie wêreld te soek het en na moet strewe en volgens U woord ook kan bereik en eintlik moet bereik! Ja, om hom aan U gebooie te hou en letterlik U wil te vervul, is nou natuurlik iets wat baie geseënd maak en heel eenvoudig is; want nou sien mens baie duidelik wat `n mens uiteraard van U af kry! Want as ek `n plek, hoe ver ookal verwyderd voor my sien en so regstreeks moontlik na daardie plek toe loop, dan moet ek hom uiteindelik tog bereik!

[2] Ek kan nou niks anders doen as om U vanuit al my lewenskragte te dank vir alle moeite wat U vir my gedoen het en U verseker, dat ek `n gewetensvolle leerling van U sal wees en bly. Ek gee U ook die volledige versekering dat ek alles aan die werk sal stel om ons instituut te reinig van alle ou wêreldse leuenagtige slakke, en daar sal in die vervolg niks meer onderneem word as slegs dit wat hom sal laat verenig met U leer nie, o Majesteit en Heer!

[3] Nou al voel ek `n krag in my wat ek tevore nooit gevoel het nie, waarvoor, in die vaste vertroue op U, alle berge moet wyk en waardeur alle dood uit hulle grafte sou moet opstaan! Hoe sal dit daarna dan nie wees as my toekomstige lewe heeltemal in U wil sal wees, en tot watter krag sal ons instituut kom, as almal wat daaraan verbind is, één sal wees wat hul ingesteldheid en hul wil aanbetref?!

[4] Daarom moet ons nou geen tyd meer verloor nie! Kom aan, laat ons almal aan die werk spring vir hierdie nuwe taak vanuit God! Wie aarsel, begaan `n growwe sonde teen die verlossing van die mensdom van die hele aarde?”

[5] EK sê: “Jou huidige entoesiasme is wel op sy plek en jy sal dit wat jy jou nou voorgeneem het, ook deursien; maar jou huidige vuur is te vergelyk met `n strooivuur, waarby geweldige vlamme ook dadelik oplaai sodat mens dink: As dit so sou voortgaan, slaan die hele aardbodem binne enkele oomblikke al dadelik aan die brand! Maar na enkele oomblikke hou die groot strooivuur op en naderhand kan mens nog amper net sien waar die lugtige, groot hoop strooi verbrand word! 

[6] `n Korrekte ywer ontwikkel homself dan soos die lig en die warmte van die opgaande son. As die lig en die warmte van die son dadelik in die oggend met `n Afrika-middaggloed sou kom brand, dan sou dit `n vernietigende uitwerking hê op plante en diere, wat elke goeie en ervare boer al aan die sogenaamde sonvlekke kan sien.

[7] Van `n sonvlek is sprake wanneer die uitspansel tydens `n onweer dig met reënwolke bedek is en al reën dit ook maar skielik, as aarde en vrugte al `n bietjie afgekoel het, en die wolkelaag splits oop as gevolg van `n bepaalde lugstroming, en lig en warmte van die son val plotseling op plante en bome en op allerlei kwesbare diertjies; en kyk, die skade wat dan aangerig word, is groter as wanneer dit `n uur lank hard sou gehael het! Ek wil jou met hierdie voorbeeld slegs op `n praktiese manier laat sien hoedat die ware, misplaaste ywer baie meer skade as goed doen.

[8] Daarom moet jy nou ook nie in julle instituut meteens alle ou en half vergane bome tegelyk wil omkap nie, maar met redelike ywer as te ware ongemerk, so stukkie vir stukkie, en dan eers sal jy die ware seën in jou instituut versprei! Maar met één kap, My vriend, werk dit nie! Verder is dit ook nodig dat julle onder mekaar nog heelwat gesprekke sal voer, en dat daar daarna bewyse gegee word van die nuwe wonderwerke in My Naam! En eers as almal op hierdie manier, en nie net jy nie, in die nuwe lig ingelei is, kan al die oues met sukses verwyder word.

[9] As `n egte wyse boer merk dat daar onkruid tussen die suiwer koring opkom, laat hy dit groei tot by die oes. By die maai laat hy die onkruid eers van die koring skei en daardeur bly sy koring gesond; die onkruid word gedroog en verbrand op die akker en dien as bemesting vir die grond. Sien, dit noem Ekself wys en waaragtig gehandel!

[10] Glo My, Ek kan met die hele Jerusalem en al sy Fariseërs net so gou klaarspeel, soos voorheen met die rots in die see; maar so `n ywer sou vir My slegte vrugte dra! Daardeur sal almal wat sou gehoor het dat Ek deur My goddelike almag so `n verwoesting aangerig het, wel vir My gewen wees, maar beslis nie deur innerlike oortuiging nie, maar langs die weg van die eie oordeel. Uit vrees en skroom sou niemand hulle meer durf roer nie; elkeen sou soos `n masjien dit doen wat Ek van hom sou verlang!

[11] Sou dit dan egter die vrye wil tot ontwikkeling bring, as synde die hoogste goed van elke mensesiel, en die wil verhef tot die hoogste krag van die goddelike, volkome vrye wil, waarin slegs die allerhoogste lewensgeluk bestaan en kan bestaan?!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205