Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 269

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die korrekte weg en die suiwer sout

269 EK sê: “Luister! Laat ons, nadat Ons Ons ledemate nou versterk het met spys en drank, van die tafel af opstaan en gaan kyk waar die nuwe weg na Nahim homself bevind! Ook sal Ek julle, as niemand iets daarteen het dat `n mens ook op `n Sabbat iets goeds doen, die soutbron van die gebergte laat sien wat baie groot is en waarvan jy, Barnabe, reeds gepraat het. Almal wat hier is moet saamgaan; want wat Ek julle hier laat sien en skenk, moet `n gemeenskaplike besit wees van almal wat hier in die dal woon!”

[2] Ons staan nou op en gaan `n behoorlike ent in die dal omhoog. Daar kom Ons by `n rotswand wat ongeveer die hoogte van ruim `n manshoogte `n groot spleet het, waar mens maklik in kan gaan met behulp van enkele klippe wat ons gou daar weggevat het. Sodoende was Ons baie gou in die baie ruim kloof waaragter `n groot, grotagtige holte sigbaar was.

[3] Ek sê nou aan diegene wat saamgegaan het: “Sien, julle kan baie maklik en sonder enige gevaar deur hierdie grot gaan! Volg My en oortuig julleself! Net aan die einde word dit `n bietjie smaller, maar dit is altyd nog breed genoeg om `n os daardeur te laat gaan. In die middel van hierdie gang word dit natuurlik `n bietjie donkerder as hier; maar daar kom wel soveel lig na binne, dat elkeen van julle goed sal kan sien waar hy sy voete moet neersit.”

[4] Ons loop nou sonder enige ongemak deur die grot en toe Ons aan die einde kom en weer in die ope lug kom, sien Ons `n hier en daar met gras en mos begroeide helling wat deurloop tot in die vlakte benede; mens kan hier baie maklik en sonder enige gevaar loop. Die vlakte sien weliswaar baie ruig daaruit, maar dit was baie goed, omdat dit slegs selde deur `n reisiger betree word, en ons bewoners uit die hoë dal daardeur onopgemerk na die diep dal sou kon afdaal.

[5] Toe BARNABE EN ALMAL wat saamgegaan het, dit sien, val hulle voor My op hulle knieë en sê: “Ons dank U, o Heer, uit die diepte van ons hart; want deurdat U ons hierdie nuwe en veilige weg gewys het, het U ons `n onuitspreeklike groot weldaad bewys, en ons verlos van die groot kwelling wat die vreeslike weg van voorheen ons besorg het?”

[6] EK laat hulle opstaan en sê aan hulle: “Soos wat Ek julle hier `n nuwe, veilige en ook makliker weg gewys het waarlangs julle kan gaan, so wys Ek julle almal ook die enigste ware, goeie en veilige weg na die ewige lewe!

[7] Die weg wys Ek julle nie met baie woorde nie, en hierdie woorde lui: Wees sagmoedig en nederig met jou hele hart! Het God lief bo alles en jou naaste soos jouself; want hieruit bestaan die hele wet en alle profete! Glo vervolgens dat Ek Die Een is wat deur God belowe word en deur die profete voorspel is, dan het julle die poort en die weg na God se ryk wat nou tot julle gekom het, net so geopen, soos julle nou `n ander weg geopen en aangewys was vanuit die hoog geleë dal na benede, na die lae vlakte van die aarde!

[8] Dat alle wette van Moses in dié twee gebooie van die liefde saamgevat is, spreek vanself; want wie God bo alles liefhet, sal seker alles wat sondig is, uit die weg ruim, en nie sondig teen een of ander gebod van God nie, en wie sy naaste liefhet soos homself, sal nie wil dat iets slegs hom oorkom nie, en sal hom nog minder iets slegs aandoen.

[9] Wanneer julle hierdie woorde van My ter harte neem en daarvolgens sal handel, dan is dit die korrekte sout van die lewe, en Ek sal julle nou daarom ook natuurlike sout aanwys en ook gee. Daarom verlaat Ons nou hierdie plek, keer terug na julle dal, en sal daar in `n onbekende hoek van die dal, `n baie suiwer en goeie sout vind! Laat ons daarheen stap!”

[10] Almal bedank My innig en Ons het begin met die terugweg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205