Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Ruban wend hom tot die Heer

65 Nadat RUBAN hierdie volmag gekry het, kom hy na My toe en sê, toe hy heeltemal by My was: “Majesteit en Heer vol ware Goddelike krag! Omdat Roclus, om seker nie onbekende redes nie, nie na U durf kom nie, soos ook geeneen van sy elf metgeselle nie, het hulle aan my volmag gegee om met U, Allerwaaragtigste, alles met betrekking tot ons afkeurenswaardige instituut te bespreek. Daarna sal alles wat U maar wil, beslis gebeur en ons wil selfs graag die hele instituut aan U ter beskikking stel en almal U studente word! Sê U nou dus barmhartig wat U wil is, wat vir ons almal sekerlik gewyd is, dan sal ons streng daarvolgens handel! Wil U egter dat die instituut heeltemal ontbind moet word, sê U dit dan; want ons het almal ook wat dit betref, ooreengekom dat die instituut heeltemal ontbind moet word, as U dit verlang!”

[2] EK sê: “Jy is `n eerlike siel, daarom is jou huis dan ook die vlamme ontsien! Maar kyk, as Ek wil hê dat julle instituut ontbind moet word, dan sou Ek  dieselfde daarmee kon doen as met daardie groot rots in die see, waarteen alreeds heelwat skepe in die storm te pletter geslaan is! Sien jy die rots nog?”

[3] RUBAN sê: “Ja Heer, ek sien dit en ken dit ongelukkig maar al te goed; want ek het self eenkeer byna teen die rotswande verongeluk!”

[4] EK sê: “Hy word vernietig, sodat hy voortaan vir geen enkele skipper meer gevaarlik sal wees nie!”

[5] Op daardie oomblik is die rots, wat in geheel `n inhoud van meer as tienduisend kubieke vadem gehad het, tot op die bodem van die see opgelos, sodat nie net geen spoor daarvan oorgebly het nie, maar ook op die groot plek niks te merk was van enige troebelheid in die water nie. Wel het almal met die grootste verbasing op die plek `n sterk golfslag gesien, wat natuurlik ontstaan het deurdat die water wat voorheen die groot rots omgewe het, in die hol ruimte gestort het en van nou af aan `n ononderbroke watermassa gevorm het.

[6] Toe ons RUBAN dit sien, is hy met angs vervul en het met bewende stem gesê: “Dit is dus presies soos wat ek aan Roclus gesê het! Daar hou die magie op en gaan dit om die naakte waarheid in sy plek! Wat U nou, o Majesteit en Heer, met die kwaadaardige rots gedoen het, sou U byvoorbeeld ook net so maklik met die hele aarde kon doen en des te sekerder met ons slegte instituut! Daarom kan ek nou niks anders sê nie as: “Majesteit en Heer, laat U wil geskied! Want U is geen mens nie, maar God se Gees woon ten volle in U! Mag U met ons almal, arme sondaars, medelye hê en baie barmhartig wees! U alleen is alles in alles en net U kan alles doen, vir U is niks onmoontlik nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205