Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die betekenis van die kindskap van God op hierdie aarde

84 ROCLUS, wat RafaEL nou weer besonder graag skerts, sê: “O, bly, bly! Want nou kan jy in ons teenwoordigheid `n wêreld opeet, ons liefde ten aansien van jou word daarom nie minder en ons vrees vir jou nie groter nie; want nou weet ons wie jy is en wat ons aan jou het.

[2] Maar nou iets anders! Ek weet goed dat jy tog al weet wat ek jou nou gaan sê, maar my metgeselle weet dit nie en slegs terwille van hulle sê ek dit nou hardop, sodat hulle ook kan hoor wat ek graag van jou verlang! Sê my of dit nou egter nie moontlik is dat ook jy lid kan word van ons instituut nie, in elk geval totdat ons die volmaakte lewenstaat sou bereik het wat ons so nodig het vir die ware verlossing van die mensdom!"

[3] RAFAEL sê: “Voorlopig is dit nie moontlik nie, omdat ek nou nog ander verpligtinge het teenoor die Heer en die mense! Maar in geval van nood sal ek steeds as geroepene by julle wees. Origens het julle die toesegging van die Heer, dat julle in Sy Naam kan werk, - en slegs dit is magtiger as tallose miriades (ontelbare) van my soort! Aan hierdie Naam, wat lui: Jesus = God se krag, moet julle julleself aan hou, dan sal berge voor julle wyk, en storms en orkane verstom, as julle lewenswandel tenminste so is dat julle hierdie Naam waardig is! Want dit is God se waaragtigste Naam in Sy liefde van ewigheid, waarvoor alles buig in die hemel, op aarde en onder die aarde! Ek bedoel hiermee nie: onder die grond van hierdie materiële aarde nie, wat rond is soos elke ander planeet, en waaronder, dus presies aan die ander kant van ons, ewe-eens lande, berge, mere en seë is soos hier nie; ook bedoel ek nie die binneste van die aarde nie, wat `n grootse, met `n dier vergelykbare organisme is, wat dien vir die ontwikkeling van die noodsaaklike natuurlike lewe van `n hele planeet; maar met die uitdrukking “onder die aarde” gee ek die morele lewenstaat aan van alle wesens wat instinkmatig met rede begaaf is op die tallose talle ander planete, waar ook mense is; maar hulle het vergeleke met julle mense van hierdie aarde, slegs `n baie beperkte bestemming.

[5] Hulle hoort ook tot die eindelose groot geheel, en vorm as te ware die skakels van `n ketting; maar julle vorm die spil, omdat julle as ware kinders van God die bestemming het om met God, en met ons die hele oneindige skepping van God te dra, van die kleinste tot die grootste! En daarom plaas ek julle op of bo hierdie aarde dadelik onder ons, die huidige bewoners van God se hemele!

[6] As julle dit nou goed verstaan, sal julle ook des te meer moet let op die Naam van die Allerhoogste van die ewigheid, omdat julle daaruit nou baie goed kan opmaak dat God julle Vader is en julle Sy kinders is. As julle dit nie was nie, sou Hy dan wel na julle afgedaal het vanuit die hemele en julle Self opvoed vir Sy ewige groot bedoelings, wat Hy al sedert ewigheid vir julle, Sy kinders, in die oog gehad en weggelê het?

[7] Wees daarom nou almal buitengewoon verheug, dat Hy as die Vader van ewigheid Self na julle toe gekom het om julle volkome tot dit te maak, waartoe Hy julle al sedert ewigheid geroep en bestem het!

[8] En omdat julle onteenseglik Sy kinders is, en Hy na julle gekom het sonder om deur julle, onmondiges, geroep te wees, sal Hy van nou af aan nog wel eerder en sekerder na julle toe kom wanneer julle Hom in die volle liefde van julle hart sal roep en sê: “Abba, liewe Vader, kom, ons het U nodig!” Julle het dus die belofte uit die mond en die hart van die Vader Self gekry, daarom hoef ek dus ook geen tweede belofte te maak nie. Want hierdie een belofte sal reeds vir ewig waar bly, en daarom kan julle my vir julle instituut maklik mis; want waar die Heer Self werksaam is, daar kan Sy hemelbodes baie goed gemis word.

[9] As julle my origens so nou en dan as vriend by julle wil hê, dan hoef julle my maar net te roep, en ek sal dadelik by julle wees, as julle julleself in die liefde en die orde van die Heer bevind. Maar as julle ooit, om watter smerige aardse rede dan ook, die orde van die Vader verlaat, dan sou ek natuurlik nie na julle toe kom nie, ook al roep julle `n duisend maal, en selfs die almagtige Naam van die Vader sou dan leeg en sonder uitwerking blyk te wees. As julle nou nog iets op julle harte het, sê dit dan, dan sal ek julle raad gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205