Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ware lewensweg

69 EK sê: “Julle het My Woord en My leer; doen en handel daarvolgens, dan is Ek julle Heer en Owerste!

[2] My Persoon hoef Hom glad nie binne die mure van julle klooster te bevind nie, maar net My Woord en My Naam - en nie maar net as naam geskryf en deur koue onverskillig uitgespreekte woorde nie, maar in dade vol geloof en vol liefde vir God en die naaste, - dan sal Ek in julle midde wees en wat julle dan sal wil hê in My Naam, dit sal ook gebeur en so sal julle nog groter werke verrig as Ek.

[3] Wat Ek doen, dit doen Ek ten aanskoue van julle om van My Self `n geldige getuienis af te lê, sodat julle mense daaruit kan sien dat Ek Dieselfde is wat van ewigheid uitgaan van die Vader, oor wie alle wyses en patriarge geprofeteer het.

[4] Julle moet en sal van My getuig teenoor alle skepsele wat blind en doof is en ten behoewe daarvan sal julle meer nodig hê as wat Ek nou Self voor julle nodig het, want julle sien tog immers skerp en hoor goed!

[5] Maar julle skynwonderwerke moet heeltemal uit julle instituut verban word; want elke bedrog is min of meer `n ingewing van Satan en kan daarom nooit tot iets lei wat mens werklik goed sou kon noem nie! En solank mens watter drogmiddel dan ook in `n instituut vir geneeskunde gebruik, kan daarnaas in My Naam geen wonderwerk slaag nie!

[6] As julle in My Naam wil werk, dan moet Ek ook volkome volgens waarheid deur die liefde en deur die mees lewendige geloof heeltemal in julle wees.

[7] As julle so is, kan julle aan daardie berg sê: “Verhef jou en stort in die see!”, en dit sal geskied volgens julle wil! Maar let wel, sonder My is julle tot niks in staat nie!

[8] Ek sal altyd en immer by julle wees solank julle getrou My Woord, My Liefde en `n vol lewende geloof in My bewaar en geen valsheid in julle siele sal dra nie! - Sê aan My, of jy My nou goed verstaan het!”

[9] ROCLUS sê: “Nie heeltemal nie, moet ek heel eerlik beken; want ek het iets verneem oor `n ingewing van Satan! Dit is dieselfde bose gees wat volgens die Judese leer die altyd onsigbare aanstigter moet wees van al die kwaad en verderf op die aarde. Ek het dit tot nou toe as `n allegorie (simboliese voorstelling ) van die Judeërs beskou en ek kan my nou opeens nie genoeg daaroor verbaas om hierdie naam uit U mond te verneem nie!

[10] Waarlik, ek beskou U as die mees wyse van alle mense en ek glo nou ook verseker dat daar `n alwyse en almagtige God bestaan, deur wie alles wat die eindelose ruimte bevat, geskape is en dat U nou die eintlike draer van God se Gees is; maar dat U my nou kom vertel van die ou Judese fabel van die Satan en uiteindelik ook nog van allerlei duiwels en miskien ook nog van die Judese hel, dit verwonder my grootliks. Bestaan Satan dan in alle erns, of `n duiwel, of die hel? Daaroor sou ek werklik graag `n nadere verklaring wou hê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205