Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Vrae oor siektes en die genesing daarvan

74 ROCLUS sê: "Majesteit en Heer oor alle dinge! Elke woord uit U mond is meer as die suiwerste goud en die een waarheid verhef die ander! Ook het daar geen van U lig- en lewenswoorde by my op onvrugbare bodem geval nie en ek voel nou in myself dat hieruit sekerlik die seënrykste vrugte vir die skure van die ware lewe sal groei; maar omdat ek nou tog eenkeer die barmhartigheid het om met U te praat, sou ek ook graag van U wou weet of ons in die vervolg die siekes deur ons natuurlike geneesmiddele van hul siektes moet genees en of ons dit enkel en alleen moet doen deur so vas moontlik op U Naam te vertrou? Want die gedagte het nou by my opgekom, dat dit miskien wel nie altyd in ooreenstemming met U Goddelike wil sou wees om elke sieke te genees nie. Want daar sal wel sommiges daarby wees, aan wie U Goddelike liefde en wysheid `n liggaamlike siekte of ook `n psigiese siekte laat toekom, om juis daardeur hul siel te verbeter.

[2] Dit is maar `n al te bekende feit, dat dikwels die liggaamlik gesondste mense nou nie bepaald in morele opsigte die mees deugsame mense is nie. Ja, liggaamlike gesondheid maak die mens dikwels moedswillig, op die wêreld gerig en genotsugtig, terwyl siekes, veral diegene wat aan `n chroniese kwaal ly, gewoonlik geduldig, sagmoedig en vol oorgawe aan die Goddelike wil wegkwyn; mens hoor hulle selde kla, hulle is vol nederigheid en is nie in hulle harte afgunstig nie. Sou die goeie karakter van hul siel miskien nie verander as mens hulle plotseling kerngesond sou maak nie?

[3] En dan kom daar nog iets daarby: Sekerlik is dit vir elke mens bestem, dat hy liggaamlik sal sterwe, - as dit nie die geval sou wees nie, dan sou mense uit die tyd van Adam liggaamlik nog gelewe het. Wanneer ons egter elkeen, jonk en oud, die siekes en ook doodsiekes wat na ons kom, dadelik weer heeltemal gesond sou maak en ook mekaar wedersyds, dan sou die sterwe op hierdie wêreld mettertyd wel werklik in erns geleidelik iets seldsaam kon word, veral as deur U leer met die verloop van tyd byvoorbeeld ook oorloë oorbodig sou word!

[4] Indien ons iemand wat om hulp na ons sal kom, nie genees nie, dan sal mense ons as harde, meedoënlose mense uitskel; en as U dit `n keer nie toelaat dat iemand, wat al baie kere deur ons genees is, byvoorbeeld vir die tiende keer weer genees word nie, ondanks ons wil en ons moeite, dan word wel die krag van U Naam of dan ons eie vertroue daardeur verdag en gebrekkig en sal die geloof van die volk skipbreuk ly! Want sover kan ons die mense wat nou eenmaal in die materie leef, nie bring nie, dat hulle ter verkryging van `n hoër lewe in die groot hiernamaals hierdie aardse lewe so gering begin ag, dat hulle in geval van siekte niks meer daarvoor doen nie.

[5] Selfs `n grysaard van honderd jaar en ouer sal nog na medisyne gryp om sy lewe te verleng, ook al sou hy weet dat die aflê van sy brose liggaam met die hoogste moontlike welbehae verbind sou wees. Dat die sug van mense om gesond en so lank moontlik op hierdie armsalige wêreld te lewe, selfs onder dikwels baie slegte omstandighede, onversadigbaar is, leer ons in die algemeen in `n meer as duisendjarige ervaring; en as die mense oor die algemeen weet dat elke kwaal van hulle net deur die krag van U Naam genees kan word, ja, dat, in `n noodgeval, selfs oorledenes in die lewe teruggeroep kan word, dan sal ons keer op keer deur die volk beleër word!

[6] Volgens my mening sou nadere aanwysings hieroor vir ons en ook vir alle ander, sekerlik nie oorbodig wees nie! Of het U vir daardie mense wat heeltemal volgens U orde sal lewe dalk van nou af aan die ou liggaamlike dood heeltemal opgehef, sodat die mense van nou af voortaan reeds met `n verheerlikte liggaam sal lewe en die vleeslike dood, net diegene wat teen U leer en U wette bly sondig, ten deel sal val?

[7] Majesteit en Heer oor alle dinge! Sien U, die strale van die son wat ondergegaan het, werp nog so `n pragtige goue gloed oor die aandhemel en die sekel van die maan wedywer behoorlik met die aandster om die lig van die moeder van die dag wat ondergegaan het, te vervang. Dit is des te heerliker, Heer, om U liggewende werk te aanskou; maar nog eindeloos baie heerliker is die gevoel van die innerlike lig, wat vanuit U mond die duisterste hoeke van ons lewe verlig! Wil U aan my, terwyl daar nog tyd daarvoor is, nog voor die aandete duidelik maak, wat ek aan myself nooit duidelik sal kan maak nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205