Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor gierigheid en spaarsaamheid

168 DIE MEESTER: 'Alle slegte dade wat ooit op hierdie aarde deur mense begaan is, het voortgekom uit die hebsug van sekere mense. Gierigheid is die vader van byna alle sonde wat die mens maar kan bedink. Want eers spaar die mens vir homself op inhalige wyse op alle moontlike maniere, al is dit hoe sleg en verwerplik, waarby die mens ook bedrog, diefstal en roof moet inreken as `n groot vermoë by hom. As hy eenmaal ryk is, word hy hoogmoedig en heerssugtig; dan gaan verskans en beveilig hy homself, huur dienaars en knegte wat almal moet verdrywe wat onuitgenooid die woning van `n groot en belangrik geworde gierigaard nader. Vervolgens koop die ryke `n hele landstreek van almal, word hier `n egte heerser, pers van sy onderdane dikwels alle besit af en gedra hom soos `n egte tiran.

[2] En as die gierigaard eenmaal buitengewoon ryk is, stort hy hom in `n lewe van alle moontlike wellus, verlei jong meisies, begaan hoerery en egbreuk en nog tallose ander skandelikhede. En omdat hy die hooggeplaaste in sy land is, verlei hy gou `n hele volk deur sy slegte voorbeeld; want die volk sê: 'ons heerser moet tog beter weet as ons; as hy dit doen, dan kan ons dit ook doen!' En so begin elkeen in so `n land ten slotte te steel, te roof, te moor en met hoere om te gaan, en van enige godsbesef is dan geen spoor meer te ontdek nie!

[3] Slaan die geskiedenis van die lande en ryke van die aarde maar na, dan sal jy sien dat hul heersers aanvanklik meestal uiters gierige hebsugtige handelaars was - vol hebsug en winsbejag. Hulle koop met verloop van die tyd lande en volke met hul verwerfde skatte en buit hulle uit deur allerlei geweldsmiddele teen hulle te gebruik; dikwels bring hulle selfs sulke veranderinge aan in die dikwels baie goeie sedes en godsdienste van die volke wat aan hulle onderworpe geword het, dat daar by hulle nog byna geen spoor meer van hul ou suiwerheid te ontdek is nie. 

[4] Daarom moet jy veral daarop let, Markus, dat daar geen gierigheid in jou genesingsinstituut binnesluip nie, wat binne `n kort tydjie baie druk deur mense besoek sal word. Ja, selfs oordrewe spaarsaamheid moet steeds verbode wees; want dit is gewoonlik die kiem van hebsug!

[5] Elkeen moet soveel hê as wat hy nodig het om te kan lewe; van meer as dit moet in jou huis by niemand sprake wees nie! Die privaat geskenke wat dikwels deur die gaste aan jou dienaars gegee sal word, moet jy veilig in bewaring neem en eers met rente teruggee as jou dienaars oud geword het en te swak is om te dien! En as hulle sterwe, dan moet jy die gespaarde aan hul kinders en kleinkinders gee.

[6] Hierdie raad geld in die eerste instansie natuurlik vir jou, maar later ook vir al jou nakomelinge. En as daar onder jou dienaars iemand verkwistend is, maan hom dan tot korrekte spaarsamigheid, plaas hom dan `n tydjie buite jou guns en laat hom sien dat `n verkwister ook dikwels iemand is wat homself liefhet en na verloop van tyd sy armer broers tot las is, terwyl hy in tye van nood met sy gespaarde geld, wat op `n goeie manier gespaar is, sou moet inspring om die nood te verlig

[7] Wie slegs vir homself spaar en in ruimer sin ook vir sy familielede, spaar nie volgens My orde nie; maar wie spaar sodat hy iets het om in tye van nood ook vir armer broers iets oor te hê, prys Ek en Ek seën sy gespaarde geld en hy sal nooit nood ly nie.

[8] Ek sê nie dat iemand nie moet spaar vir sy kinders en vir sy huis nie; dit is immers `n eerste plig van elke ouerpaar. Maar ander armes moet nie daarvan uitgesluit word nie; immers, Ek laat My son ook in dieselfde mate skyn oor hulle wat nie My kinders is nie!

[9] Wie sal doen soos wat Ek doen, sal ook wees soos wat Ek is en sal later ook daar wees waar Ek ewig sal wees. Maar wie suinig is teenoor sy broers, moet weet dat ook Ek suinig en baie spaarsaam sal wees ten aansien van hom.

[10] Hou hierdie leer voortaan in jou huis in ere, dan sal My seën nooit daarvan weggeneem word nie! Wel, het nog iemand iets te vra? Laat hy dan kom met sy vraag?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205