Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

`n Evangelie vir die vroulike geslag

10 EK sê: “Stadig aan, My liewe dogtertjie! Jy moet jou daarom ietwat meer terughou en nie voorbarig wees teenoor baie ervare mans nie! Verder moet jy nooit dadelik volgens die uiterlike enige oordeel vorm nie, maar altyd rustig eers afwag wat die mans, wat die wêreld ken, oor die een of ander ervaring te sê het!

[2] Indien iemand hom moontlik ietwat vergis het, dan is dit eers tyd om hom heel fyn en sag daaraan te herinner hoe en waar hy dalk `n hou in die wind geslaan het, - maar egter nie vroeër nie!

[3] Want dit sou glad nie goed gewees het as meisies as eerstes aan ervare mans die waarheid sou vertel nie; maar as die mans so nou en dan `n onwyse stap langs die goeie weg maak, dan eers het die regte oomblik gekom dat `n vrou baie fyn en sagsinnig na vore kom en sê: “My vriend, neem jou in ag; want jy is nou op die verkeerde weg! So en so is dit met die saak gesteld!” Dit sal die man baie verheug en hy sal graag gehoor gee aan die liewe, taktvolle en sagte stem.

[4] Maar met voorbarigheid gaan dit nie en dit maak die man maklik nors en ergerlik en dan let hy dikwels glad nie op na die mooi, sagte stem van `n vrou nie, hoe veel sy ookal vlei.

[5] Kyk, dit is ook `n evangelie, maar alleenlik net vir die vroulike geslag! Die vrou wat hierop sal ag gee, sal op aarde altyd goeie dae hê, maar as sy geen ag sal gee op hierdie evangelie nie, sal sy dit aan haarself toe te skryf hê wanneer die mans haar nie sal respekteer nie.

[6] `n Egte vrou is `n simbool van die hoogste hemele - en `n onregverdige, eiesinnige vrou wat wil domineer, `n ewebeeld van die Satan, wat alreeds dadelik `n uiters slegte, onderste en allerdiepste hel is.

[7] Verder mag `n egte vrou maar nooit haar ergernis die oorhand laat kry teenoor `n man nie; want in die vroulike wese moet immers die grootste geduld en die grootste sagmoedigheid en deemoed oorheers. In haar moet die man eers die ware rus vind vir sy onstuimige gemoed en hart en self sagmoedig en geduldig word! As die vrou egter uiteindelik voor die man sou begin raas, wat moet die man dan wel doen, by wie dit tog altyd steeds meer stormagtig as vreedsaam daar uitsien?!

[8] Spreek dus nooit uit jou beurt nie, My dogtertjie, ook al is jy andersins hoe lieflik, andersins sal jy nog meermale in die geleentheid kom dat jy jou sal vererg wanneer iemand jou weer teregwys! Het jy My goed verstaan?”

[9] JARAH sê: “Verstaan wel, maar my hart het moeite daarmee dat ek dom en voorbarig was. Ek het nou tog alreeds verskeie ure geswyg en dit was goed; ek het nou egter lus gekry om ook eers iets te sê, maar dit sou beter gewees het as ek bly swyg het. Maar van nou af aan sal my tong `n rusdag kry soos wat daar in `n vroulike mond geen tweede was nie!”

[10] EK sê: “My liewe dogtertjie, dit is nou juis ook weer nie so streng noodsaaklik nie, maar swyg maar net as jy nie gevra word om iets te sê nie! As mens jou egter iets vra en jy swyg, sal die man dit aansien as groot eiesinnigheid, boosheid en geslepenheid en sy hart van jou afwend.

[11] Dus: Spreek op die korrekte oomblik en swyg op die regte oomblik, maar altyd vol sagmoedigheid, liefde en berusting, dit is die mooiste sieraad van `n vrou en `n baie lieflike lewensvlammetjie, wat baie geskik is om elke man se hart te besiel en hom dadelik sag en instemmend te maak!

[12] By jong meisies is daar egter dikwels `n onhebbelikheid wat baie sterk na vore kom en dit heet ydelheid, wat niks anders is as `n uiters gesonde saadjie van hoogmoed nie. As `n meisie dit in haar laat opkom, dan het sy alreeds haar hemelse vroulikheid verloor en is sy baie naby aan die Sataniese gestalte. `n Ydel meisie is nouliks werd om uitgelag te word, `n trotse, hoogmoedige vrou is egter `n feeks onder die mense en word daarom deur elkeen tereg diep verag.

[13] Wees jy daarom, My dogtertjie, ook maar nooit `n bietjie ydel nie en nog minder trots en hoogmoedig nie, dan sal jy te midde van baie skitter soos die mooiste ster aan die hoë hemel! Het jy dit alles goed in jou opgeneem en verstaan?”

[14] JARAH sê: “O ja; maar wees asseblief nie vir my kwaad  daaroor nie, omdat ek egter werklik dom was!'

[15] EK sê: 'Wees maar gerus daaroor! Nou kom Markus en sy familie weer terug en ons sal sien wat hulle aan ons almal te vertel sal hê!”

[16] Jarah neem daarmee genoeë en begin veral oor die punt van die ydelheid diep nadink en Markus kom weer met sy hele gesin na My toe en sy vrou en kinders begin om My hemelhoog te loof en te prys.

[17] Maar Ek seën hulle en sê dat hulle van die grond af moes opstaan en Ek sê aan die vrou en kinders: “Julle, en heel in die besonder Markus, weet waardeur julle vir altyd verseker kan wees van My welgevalle en ook van My hulp op elke oomblik wanneer julle dit spesiaal nodig sal hê en Markus sal julle naderhand in alles onderrig.

[18] Maar omdat julle julleself die hele tyd om die stoflike welsyn van My en My volgelinge so onvermoeid en belangstellend bekommer het, het Ek alles wat julle nou gesien het, as `n teengeskenk aan julle gegee en Ek het alles so ingerig dat dit tot julle tydelike en ook ewige voordeel kan dien. Maar laat julle nou ook deur RafaEL toon hoe alles gebruik moet word; want by so `n besit behoort ook die kennis om dit doelgerig te kan gebruik!”

[19] Nou roep EK vir RafaEL en sê aan hom: “Gaan saam met hulle en toon aan hulle hoe alles na behore gebruik moet word; en laat die twee seuns ook sien hoe hulle die vyf seilskepe moet gebruik en hoe hulle daarmee ook elke wind tot nut kan maak! Daardeur sal hulle die bekwaamste en beste skippers op hierdie hele see word en dan sal weldra alle skepe op die groot see op gelyke wyse uitgerus kan word, wat die Romeine goed te pas sal kom.” Daarop het dit gou plaasgevind wat Ek aan die engel opgedra het.

[20] Maar Ek sê ook aan Cirénius: “Laat sommige van jou skranderste dienaars saamgaan, sodat ook hulle iets kan leer vir julle wêreldse gebruik! Want Ek wil hê dat almal wat My volg, in alle dinge wys en bekwaam sal wees.” Daarop het Cirénius dadelik volgens My raad sommige van sy dienaars saamgestuur en het ook die seun Josoë laat saamgaan, omdat hy `n groot voorliefde gehad het vir die skeepvaart.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205