Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die afskeidsuur van die Heer by Markus

167 Toe hierdie saak so gou moontlik in orde gebring was, vra Cyrenius My of hy wel volkome volgens My wil, wat hy in homself waargeneem het, gehandel het.

[2] EK sê: 'Ja, geheel en al! Maar om vir My te sien en te spreek was hulle nog lank nie ryp genoeg nie. Wanneer hulle wel daarvoor ryp sal wees, sal My RafaEl jou dit laat weet, asook Josoë.

[3] Die uur van My vertrek nader nou egter ook. Maar vra My nie waarheen Ek sal gaan nie! Elkeen moet nou van hier weer na sy daaglikse werk terugkeer en goed vir sy huis sorg sodat, as Ek spoedig weer na julle toe kom, Ek alles in orde sal aantref. Slegs `n klein uurtjie sal Ek nog by julle deurbring om julle deur en deur te seën; maar dan moet Ek nog na talle ander kinders van hierdie wêreld gaan wat in benarde omstandighede verkeer, om hulle die ware troos en die regte hulp te bied.

[4] Probeer om nie te volg waar My persoon hom gaan bevind nie, maar leef in die Gees van My leer, dan sal My persoon nie ver van julle af wees nie! Wie nog iets wil weet, kan kom en dit vra!"

[5] Toe vra CYRENIUS: 'Heer, mag niemand U na `n volgende plek begelei nie?"

[6] EK sê: 'Behalwe My twaalf leerlinge, mag niemand hierdie keer nie, ook nie RafaEl nie, wat voorlopig tot My hemelvaart afwisselend by jou en by My liewe Jarah sal bly! Maar julle mag veral hom nie teenoor die wêreld verraai nie; want dit sou tot gevolg hê dat julle hom oombliklik sou verloor! Wie van julle wil nog iets vra? Laat hom dan kom en die vraag stel!"

[7] MARKUS bring sy vrou en sy kinders na My toe en sê: 'Heer, seën hulle almal, as U vind dat hulle dit waardig is!"

[8] En EK sê: "Hulle het al lank My volle seën en jy ook! Ek sal wel, omdat jy dit so graag wil hê, oor `n tydjie weereens na jou toe kom. Maar van nou af aan sal jy talle gaste kry! Want hulle wat `n bad sal neem in jou bad, sal van jig genees word, al is dit hoe erg; en wie sal drink van die opwellende bron in die tuin, sal bevry word van elke soort koors. Die melaatses moet egter buite die tuinmuur in die see bad, waar die badwater wegstroom in die see, dan sal hulle van hul melaatsheid bevry word.

[9] Daarom sal daar baie kom en hier hul liggaamlike heil soek en ook vind. Met jou kinders sal jy hierdie talle gaste nie voldoende kan bedien nie; daarom sal jy diensbare helpers moet aanstel. Daar sal My dierbare vriend Cyrenius jou in die begin mee help. Later sal jy diensbare geeste in oorvloed hê, want alle werkloses en broodloses sal jy hier vind. Wie kom om werk te soek, moet jy na jou vermoë gee; en My evangelie moet ook aan almal gepredik word, sodat die dienende slawe ook vry mense kan word. 

[10] As Ek jou weereens binnekort besoek, sal jy amper nie tyd vind om met My te praat nie; maar dit sal nie saak maak nie. Want om te handel volgens My woorde is meer werd as wanneer jy nog so baie praat en predik. 

[11] Want wie My lewende Woord wat tot julle gespreek is as evangelie, maar net instemmend aanhoor, maar nie volledig daarvolgens handel nie, is vir My van geen nut nie; hy bly die ou en dieselfde wêreldse dwaas en kom nooit op `n groen lewenstak nie, laat staan nog op `n boom van die lewe!

[12] Wie baie het, soos wat jy nou het, moet baie gee, en wie weinig het, moet weinig gee, sodat hy wat niks het nie, ook kan hê!

[13] En as jy iemand onder jou dienaars of gaste sien wat gierig is, stuur hom dan weg; want `n gierige mens is in `n beter mensegemeenskap `n vretende kreef wat die hart van die mense verpes met toorn en boosheid! Waar is die mens wat nie op `n gierige baie kwaad word terwille van die goeie nie?! Hy sal hom verag en op hom skel! Maar sy hart word in so `n stemming nie beter nie! Stuur daarom elkeen wat gierig is by jou weg en laat hom nie meer terugkom nie, behalwe wanneer hy sy hoogste bose eienskap heeltemal oorwin het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205