Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die gevare van goud

89 DIE MEESTER: “Julle ken nou die egte waarde van die goud en die edelstene; gebruik hulle ook op die manier wat Ek julle nou vertel het, dan sal julle julleself heeltemal in My orde bevind, soos `n patriarg uit die oertyd!

[2] Ook die patriarge uit die oertyd het goud geken, en dit op die eintlike en korrekte manier gebruik; maar hulle wat dit gaan gebruik het volgens die ingebeelde waarde, het ook baie spoedig in groot ongeluk tereg gekom. Want eers deur die ingebeelde waarde van goud, pêrels en edelstene het diewe en straatrowers ontstaan, en die een koning het die ander vyandig gesind geword so gou hy te wete gekom het dat sy buurman te veel van die geel metaal versamel het.

[3] Dus, slegs die dwaasheid van die mense het wedersydse vervolgings veroorsaak! Hieruit het uiteindelik al die denkbare kwaad ontstaan, soos afguns, gierigheid, hebsug, trots, hoogmoed, heerssug, vraatsug, ontug en allerlei vorms van hoerery, - en uiteindelik doodslag, moord en alle gruwelikhede wat mense mekaar wedersyds aandoen. En wat is vernaamlik die skuld daarvan? Meestal die totale miskenning van goud en die talle edelstene en pêrels! Die mense het hulle van mekaar gaan onderskei na gelang van die besit van goud! Die sterkste versamel baie daarvan, die swakste kry niks. Die een wat nou die rykste was aan goud, het enersyds baie spoedig `n aansienlike aantal geïnteresseerde vriende, en die armes word andersyds baie spoedig minstens vir `n halwe diewe aangesien wat mens nie kan vertrou nie, en word daarom verag! Geen wonder dus dat hulle deur so `n vingerwysing baie gou egte diewe word nie! 

[4] Ek sal nou nie verder uitwei oor hierdie betrokke saak nie, omdat jy, My vriend Cyrenius, jou die res vanself maklik kan voorstel. Maar dit voeg Ek nog daaraan toe: As julle mettertyd vry wil wees van allerlei vyande, diewe, rowers en moordenaars, dan moet julle die waarde van goud en van alle edelstene beoordeel volgens die eienskappe wat hulle het, dan sal julle daardeur die aantal vyande heel aansienlik verminder; want deur julle wysheid sal baie dan self wys word en God se orde in alle dinge onderken! En wanneer hulle dit sal doen, sal hulle ook edele en liefdevolle mense word, waarvoor julle nie hoef te vrees nie. 

[5] Maar as julle, of in elk geval julle nakomelinge, weer aan die goud, die silwer en die edelstene `n versinde waarde gaan toeken, dan sal julle weer in die ou vyandelike situasie teregkom waarin julle julleself nou bevind. Ek sê vir jou: onder bepaalde, en korrekte omstandighede is alles goed op aarde en bring dit seën deur die ware gebruik daarvan vir liggaam, siel en gees, en vir die suiwere is alles suiwer, en vir diegene wat self `n lig geword het, kan daar geen nag meer wees nie; maar deur `n dom, verkeerde gebruik, wat dus in stryd is met die orde, moet uiteindelik selfs die beste sleg word en in plaas van seën en heil - vloek en onheil bring!

[6] Jy weet dat water die mees uiteenlopende en allerbeste eienskappe het, en vir die fisiese lewe van mense, diere en plante die onmisbaarste element is; maar as `n mens `n huis sou wil bou in die diepte van die see, om met die visse daarin te woon, dan sou sy liggaam in so `n woning spoedig die dood vind. So is ook die vuur, netsoos die water, `n hoogs noodsaaklik element vir die lewe; maar wie hom in die vuur sou stort, in die veronderstelling dat hy daarin `n nog groot hoeveelheid lewe sal verkry, sal baie gou tot as word en op die manier geen vonkie natuurlike lewe meer besit nie! 

[7] En so gaan dit oor die algemeen met alle dinge! Ja, selfs die mees giftige plante en diere is `n groot seën vir hierdie aarde; want hulle suig die slegte, giftige stof uit die lug op; hul natuur is so inmekaar gesit, dat die gif, wat in die nog geheel rustende lewensgeeste van die natuur aanwesig is, geen skade teen hulle natuurlike lewe kan inbring nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205