Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ware, lewende geloof

177 Nou kyk ASIONA die gemoedelike Johannes verbaas aan en sê: 'Luister, my origens baie gewaardeerde vriend! Wat ek nou uit jou mond verneem het, is meer as my gevulde voorraadkamer en baie meer as van die suiwer water gemaakte wyn; want wat jy vir my gesê het, is woordeliks van A tot Z waar! Jy het my nog nooit tevore gesien en nooit mee gespreek en ken die lewensomstandighede van my en my hele geselskap so presies, asof jy dit alles self met ons meegemaak het! Dit is baie, en iets wat my baie tot nadenke begin te stem. Dat jou kollega, wat eerste die woord gevoer het, my naam ken, val my heeltemal nie op nie, omdat die hele Césarea dit ken en omdat mense julle daaruit die weg hierheen kon gewys het; maar my lewenservaringe is deur niemand van ons, aan wie dan ook, bekend gemaak nie, en daarom kon hulle dit ook van niemand te wete gekom het nie, en jy is van elke kleinigheid op hoogte, ja selfs van die gedagtes wat ek toe gehad het, die besluite wat ek geneem het, en die planne wat ek innerlik gekoester het en dikwels nie eens aan iemand van my geselskap meegedeel het nie! Vriend, dit is iets wat op geen enkele natuurlike manier te verklaar is nie!

[2] Wel moet daar in Egipte ook wyses gewees het wat uit die lyne van die hande en die voorhoof iemand kon sê wat hy gedoen het, en voorspel wat hy kon verwag; ook was daar sekere tempelslapers wat tydens `n soort magnetiese slaap iets vertel het oor dinge wat êrens bestaan, of voorspel wat êrens sou gebeur en sou bestaan. Met misterieuse beelde word `n dergelike orakel inhoud aan die lig gebring! Daar was weer ander wyses voor nodig om sulke hoogs onbegryplike orakelspreuke op meestal vreemde en op baie sluwe wyse aan ons en aan die leke uit te lê; en na dikwels baie bombastiese en kosbare verklarings weet diegene wat om die uitleg vra presies daardie dinge wat hy heeltemal nie hoef te weet nie, of wat hy al sedert `n lang tyd weet. Maar by jou kom dit daar slegs glashelder uit sonder enige tempelslaap, sonder om my hande te bekyk en sonder om misterieus te praat! Ja, sulke heldersiendheid beval my! Maar nou rys daar agteraan nog die vraag wat lui: Hoe, hoe is so-iets moontlik? Sonder `n alsiende en alvoelende goddelike krag is dit absoluut ondenkbaar! Sou so-iets werklik slegs deur `n volledige geloof te bereik wees?"

[3] JOHANNES sê: 'Ja sekerlik, vriend; maar dit is natuurlik baie belangrik waaraan `n mens glo! As iemand jou `n leuen sou vertel en jy dit vas sou glo, dan sou so `n geloof tog, ook al ken dit geen enkele twyfel nie, geen werking hê nie; want op `n bodem wat geen waaragtige, vaste kern het nie, kan `n mens geen huis bou nie." 

[4] ASIONA sê: 'Dit is heeltemal waar; maar waar is die toetssteen waarmee ek tot die volle oortuiging kan kom dat dit wat iemand vir my wil sê en wat ek moet glo, dat dit die volste waarheid is?"

[5] JOHANNES sê: 'Oor die hoofstuk het ons weliswaar reeds gepraat; maar om jou nog `n nadere vingerwysing te gee sê ek vir jou dat God, die Heer van die hemel en van hierdie aarde, elke mens wat na die waarheid streef, `n gevoel in sy hart gelê het, dat die waarheid nog baie makliker herken en besef kan word as deur die ontwikkelde verstand.

[6] In hierdie gevoel bevind hom ook die liefde tot die waarheid wat hy as sodanig waarneem, homself weldra met haar lewenswarmte deurdring en op die manier lewend maak. Word die geloof van die liefde deurdronge waarheid eenmaal lewend, dan sal die geloof hom ook self begin te roer, begin beweeg en ten slotte self begin te handel. In `n dergelike vertrouensvolle handel lê dan ook eers die volledige welslae van wat mens in so `n hart, en nie êrens in die brein van die hoof, as ongetwyfeld waar moet glo nie.

[7] In die harsings het die siel maar net haar oë, ore, reuk en haar smaak; hier gaan egter geen lewe uit nie, omdat dit self slegs gevolge van die lewe is.

[8] As `n geloof dus `n uitwerking wil hê, moet dit één wees met die lewe self en nie, soos wat oë, ore, neus en verhemelte, slegs `n gevolg is van die lewe as sodanig nie, sonder `n dieper verband as slegs die noodsaaklike uiterlike gebruik. As jou geloof in die waarheid eenmaal één geword het met jou lewe, het dit reeds vanself elke twyfel uitgesluit en dit hoef dan maar net te wil, en daar sal gebeur wat so `n lewensgeloof wil hê."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205