Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Nog meer verklarings van wonderwerke in die ou testament

152 Hier onderbreek CYRENIUS die verteller en sê aan hom: 'Jy is heeltemal nie so dom soos wat ek aanvanklik gedink het nie; maar omdat jy so goed weet om hierdie dinge te verklaar, sou ek graag van jou verneem hoe jy vir my die bekende verskynsel van die Ark van die Verbond kan verklaar, naamlik die rooksuil van oordag en die vuursuil snags. Hoe ontstaan hierdie dan volgens jou op heel natuurlike en nie op wonderbaarlike wyse nie?"

[2] Baie onbevange sê DIE FARISEËR: 'Geërde gebieder! Ons hoef slegs selfs `n blik te werp op die ou krygskuns, en die beroemde, soseer vergoddelikte Verbondsark is gedaan! Die kis self was op die ou Egiptiese wyse `n goed gekonstrueerde instrument wat buitengewoon baie elektrisiteit opgewek het. Agter die uiters gekompliseerde kis was ysterkarre vir die maak van rook. Hulle vul mens met allerlei flink rokende en meestal ook baie stinkende materiaal, soos vere, hare van velerlei diere en ook van mense; dan oor die rokende materiaal strooi mens swael, pik en salpeter en dan steek mens so `n kar aan die brand. Dit gee `n enorme dik rook af wat met `n digte mis te vergelyk was wat binne `n kort tydjie, veral as die kar `n vinnige spoed gehad het, die pad agter hom verduister het sodat die agtervolgde vyand die sig van die spore en die stellings van die agtervolgde leër nie meer kon waarneem nie; tegelyk omdat die ondraaglike stank vir hierdie krygsdiere, naamlik kamele, perde en olifante tot omkeer en tot `n terugtog dwing, was dit egter ook vir die agtervolgende vyand seker nie gewens nie. Dat daar deur `n voortvlugtige leër dikwels verskeie van die nou beskrewe karre agterna getrek was, is tog vanselfsprekend. Dit is nou `n getroue beskrywing van die so wonderbaarlike en selfs meer as heilige Ark van die Verbond van Moses en ek kan u ook met `n goeie gewete sê, allerhoogste gebieder: Sapienti pauca!*" (* `n goeie begryper het maar `n halwe woord nodig)

[3] CYRENIUS sê: "Goed, dit is voldoende! Maar hoe verklaar jy dan aan my die instorting van die mure van die ou, groot stad Jerigo? Die Verbondsark word om die mure van die stad heen gedra onder magtige geskal van die basuine, en soos wat dit al by die ou Egiptenare in die tempels gebruiklik was, en ek glo dat die mure, toe die mense vir die sewende keer rondom die stad trek, soos `n kaartehuis ineen gestort het. Hoe was dit dan moontlik? Selfs die geskal van `n miljoen basuine kon dit tog nooit tot stand gebring het nie! Verklaar dit dan ook vir my op jou natuurlike wyse?'

[4] DIE FARISEËR moet eers hard lag en sê dan: 'Wel, dit is tog voor die handliggend! Met groot sekerheid word van die ou Egiptenare beweer dat hulle die skepe van die vyande verwoes en verbrand het deur op `n korrekte manier gebruik te maak van elektrisiteit. Hier sien ons die besproke ark meermale om die mure van Jerigo heen trek en Joshua sal seker wel geweet het waarom hy dit gedoen het! Hy moes baie vertroud gewees het met die behandeling en werking van die ark! Ook hier is ek weer van mening: Sapienti pauca!"

[5] CYRENIUS sê: 'Ja, ek verstaan dit; maar as die ark niks anders as `n suiwer elektrisiteitsmasjien was nie, dan moet hy dit nou nog ook wees? Waarom het hy dan teenswoordig nie meer dieselfde werking nie?"

[6] DIE FARISEËR sê: 'Wel, die rede daarvan is tog ook voor die handliggend? As ons na `n huis kyk wat ongeveer duisend jaar oud is, of na `n skip, of `n mantel, dan sien dit na so `n lang tyd tog seker ook heel anders daaruit! Selfs klippe verweer dikwels in `n duisend jaar se tyd aanmerklik, hoeveel te meer dan ou hout en onedele metale, soos wat koper en yster byvoorbeeld is; selfs aan goud is dit goed sigbaar wanneer dit duisend jaar oud is!

[7] Ons is nog in besit van die ou, pragtige ark, maar met verloop van tyd het hy al soveel verweer dat hy selfs weinig meer van die oorspronklike inrigting wat die werking veroorsaak besit, soos wat die mond van `n grysaard nog gesonde tande sal hê wat hy lankal kwytgeraak het. Bowendien het die Babiloniërs goed daarin geslaag om die tempel tesame met die ark te plunder. Maar ons verstaan nie hoe die ark ooit gekonstrueer was nie. Wat die vorm aanbetref, het ons wel dieselfde laat vervaardig; maar die werking van die oue kan hy onmoontlik nie hê nie, omdat die vereiste voorsiening van binne daarvoor ontbreek, en dit kan ook nie anders nie, omdat in hierdie tyd niemand meer by ons altans weet hoe hy van binne ingerig moet word nie. Ek dink, hoogste gebieder dat ek my ook wat dit betref heel duidelik uitgedruk het!"

[8] CYRENIUS sê: 'Ja, maar as alles dan in sekere sin op geraffineerde vrome bedrog gebaseer is, hoe kan jy met jou kerngesonde verstand en insig dan nog `n goed funksionerende lid van so `n bedrieglike instelling bly?"

[9] DIE FARISEËR sê: 'Dit is nou presies die duiwelse daarvan! Omdat jy, terwyl jy nog blind is, lid van hierdie kaste word! As jy siende was, sou jy jou waarskynlik nooit daarby aangesluit het nie. Maar noudat jy eenmaal daarin betrokke word en sien dat die hele wêreld `n malhuis is, wel, dan speel jy noodgedwonge saam as nar terwille van jou liewe maag en ook, omdat dit heilsaam is vir jou huid wat graag gesond wil bly! Drostery word by ons kaste om begryplike redes nog altyd meedoënloos gestraf met die geensins onaangename stenigingsdood! Ek dink dat die antwoord ook baie begryplik en voldoende duidelik is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205