|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 262
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Die genesing van die kreupel dogter van die herbergier
262 DIE HERBERGIER sê:”As niks vir U onmoontlik is nie, dan moet U ook in staat wees om `n baie siek mens gesond te maak??”
[2] EK sê: “O ja, het jy iemand?”
[3] DIE HERBERGIER sê: “Ja, helaas, - een van my geliefde dogters; - maar sy sal moeilik geholpe kan word! Sy is nou twintig jaar oud, en was `n opgewekte en vlytige kind. Sy het een jaar gelede saam met hierdie oudste en sterkste seun van my na Nahim toe gegaan om sout te gaan haal. Op die terugweg, gly sy daar uit waar dit die steilste is, en val meer as vyf manshoogtes diep op `n uitstaande rots, en breek deur die val haar hande en voete. Meer as driekwart jaar het sy die ergste pyne gely; na die tyd het die pyn weliswaar minder geword, maar sy het weggekwyn en dermate so kreupel geword dat sy haar bed nooit meer kon verlaat nie. Heer van die meesters, as U in staat sal wees om hierdie dogter van my te genees, sou ek byna kan glo dat daar vir U nagenoeg geen ding meer onmoontlik is nie!”
[4] EK sê: “Bring haar hier.”
[5] DIE HERBERGIER sê aan die sterk broers van die siek suster: “Gaan na haar vertrek en bring haar met bed en al hierheen!”
[6] Die broers gaan onmiddellik en bring hul arme en werklik baie siek suster en sit haar voor My neer.
[7] EK kyk die arme sieke aan en sê aan haar: “Dogter, sou jy weer so gesond wil wees soos wat jy een jaar gelede was?”
[8] Met swak stem spreek DIE SIEKE: “Ja, dit sou `n groot weldaad vir my wees; maar geen heiland kan my meer genees nie, - slegs vir God die Almagtige is so-iets moontlik!”
[9] EK sê: “As jy dit dan dink en glo, staan dan nou op en wandel, en gee God die eer?”
[10] Op daardie oomblik word die meisie weer so gesond asof sy nooit iets makeer het nie.
[11] Toe die herbergier en almal wat in die huis was, dit sien, maak `n diepe ontsag homself van hulle meester, en almal was byna sprakeloos van verbasing. Eers na `n rukkie sê DIE HERBERGIER met `n eerbiedwaardige verwonderde stem: “Nee, dit lê nie meer binne die bereik van wat iemand op hierdie aarde sou kon leer nie, al sou hy hoe intelligent en talentvol wees, maar dit is `n uiters seldsame gawe en barmhartigheid van God. Ons moet daarom gemeenskaplik ons hoogste lof rig tot God, die enigste Heer, dat Hy weereens `n mens op aarde, vir die veelvoudige verlossing van die mense, so `n suiwer goddelike krag, mag en so `n vermoë gegee het soos wat slegs die groot profete in die gryse verlede besit het!
[12] Maar nou verstaan ek ook die eerste begroeting van ons dierbare wonderbaarlike Gas: “Vrede sy met jou!” en “God se ryk het naby gekom!” Luister, my huisgenote, dit is `n hoogs besondere liefling van God, `n nuwe, groot Profeet! Hom moet ons hoog vereer terwille van God en ons moet na hom luister!”
[13] Hierop rig DIE HERBERGIER hom tot My en sê: “Verhewe Vriend en Heer van alle meesters, ek het geen woorde waarmee ek my gevoel van dankbaarheid jeens God en U, Sy waaragtige groot profeet, ook maar enigsins kan uitdruk nie! O, vergewe my as ek my in die begin van ons samesyn onbetaamlik teenoor U uitgedruk het! Maar noudat U Uself tog voorgeneem het om `n tydlank by ons te bly, sal ek my uiterste bes doen om my teenoor U en U leerlinge so dankbaar moontlik te betoon.
[14] O, U het vir my my liefste kind teruggegee en dit is meer as wanneer U my alle rykdom van die wêreld sou gegee het! Daarom kom aan U, na God, van my ook die grootste dankbaarheid toe!”
[15] EK sê: “Wees nou rustig, Barnabe, en sien dat jou dogter Elisa iets te ete kry; want sy is nou volkome gesond en moet nou ook volwaardig eet en drink, sodat sy weer heeltemal haar krag terugkry!”
[16] Dit gebeur en DIE GENEESDE MEISIE staan van haar bed af op, trek gou die hoognodige aan, loop toe gou na My toe, gryp vinnig My hand, en druk dit met trane van dankbaarheid teen haar mooi mond en haar hart, en sê toe snikkend van dankbaarheid en groot, salige vreugde: “O, waaragtige almagtige Vriend en Heer! Aangesien alles vir U moontlik is, sal dit vir U ook nie onmoontlik wees om in my hart te kyk nie; daar sal U in die gloeiendste liefdeskrif die dank geskryf vind wat ek U ewig verskuldig sal wees!”
[17] EK sê: “Bly in hierdie liefde, Sy sal jou baie seën bring! Maar kom sit nou aan Ons tafel, eet en drink en wees bly! En as jy weer na Nahim toe gaan, moet jy nie so huppel soos `n bokkie nie, maar baie beskeie op die gevaarlike voetpad loop, dan sal jy nie weer `n soortgelyke skade aan jou liggaam oploop nie! Sorg dat jy dit onthou, My origens allerliefste dogter Elisa! Gaan sit nou, wees rustig, en eet en drink!”
|
|
|
|
|