Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus probeer om sy onopregtheid teenoor die Heer te regverdig

67 ROCLUS sê: “Verhewendste van die verhewenes! Solank ek nog nie in `n God kon glo nie, was dit `n uitgemaakte geskiedenis wat elkeen wat verstandig is, tot nog toe gehuldig het en hierdie geskiedenis, wat dan in sigself eintlik heeltemal geen geskiedenis is nie, maar waarmee die grootste deel van die wêreldgeskiedenis gemaak word, heet politiek, staatsdiplomasie. En dit vereis dat jy iemand wat jy nog nie presies ken nie, nie dadelik al sy planne aan sy neus hang nie. Mens hoef heeltemal nie enige verkeerde voorneme te hê met iemand waarmee mens kontak opneem nie, maar tog is dit altyd raadsaam om nie met die suiwer waarheid vorendag te kom nie, omdat die ervaring maar al te dikwels bewys het dat mens met die naakte waarheid by die mense meer onheil as heil aangerig het.

[2] Mens moet iemand altyd eerste langs allerlei sypaaie heeltemal deur en deur leer ken - wat geen maklike opgawe en geen maklike werk is nie, voordat mens aan hom die hele waarheid bekendmaak; want andersins kan mens immers nie weet aan watter kant hy toeganklik is vir die waarheid nie! Want geen enkele mens is, veral met betrekking tot homself, `n besonder goeie vriend van die waarheid wat vol lig is nie. Dit is vir hom baie beter dat die donkerte om hom heen versprei en dit is dan ook die rede waarom ek by die jongeling die waarheid binne-in my `n bietjie op die agtergrond gehou het. En verder is dit tog vir elkeen `n bekende feit, dat kinders eers deur allerlei onwaarhede na die waarheid gelei word en dit is ook verstandig van die ouers; want as hulle aan hul kinders dadelik die waarheid sou begin verkondig, dan sou daar van die kleintjies weinig goeds en fatsoenlik teregkom.

[3] Dit is waar dat ek my aan die jongeling anders voorgedoen het as wat ek was; maar ek het hom daardeur geen skade berokken nie en kon ook nie, omdat ek nooit die wil daartoe gehad het nie en sodoende glo ek dat ek daarmee niks wat net verkeerd is, gedoen het nie. En as ek daarmee gesondig het, dan sondig ook alle ouers teenoor hul kinders, aan wie hulle met `n sekere erns en selfs met groot nadruk vertel, dat daar op die verweg geleë, hoë berge bepaalde bome is waaraan kinders, net soos pruime, bloei en groei. Daar sou dan bepaalde mense wees wat hierdie vrugte versamel en hulle dan orals in die wêreld te koop aanbied. Soms, so vertel hulle, kom hierdie vrugte ook wel aangedryf in stroompies en riviere wat in die hoë berge ontspring en dan word hulle ook opgevang.

[4] Dit is tog seker `n enorme leuen, groter en dommer kan mens jou geen leuen voorstel nie; maar die ouers het daarby sekerlik die beste wil om deur sulke suiwer uit die lug gegrypte verhale hul kleintjies te beskerm teen onkuise gedagtes en hulle sodoende fris en gesond na liggaam en siel na volwassenheid te lei en dit sal tog hopelik nie onregverdig wees nie?! En so is ek dan ook van mening dat `n leuen, wat nie in die minste enige spoor van `n slegte wil het nie, maar dikwels, vir sover ons as mense kan beoordeel, maar net `n besondere goeie strekking, eerder as deug dan as sonde gesien moet word!

[5] En so is ons instituut in werklikheid weliswaar vol leuens en bedrog; maar tot nog toe het dit nog absoluut nie gepaard gegaan met bose en eintlik heerssugtige bedoelinge nie, dit wil sê, vir sover ons dit met ons kennis kan beoordeel. Maar wat in latere tye alles daaruit kan ontwikkel, daarvoor ontbreek dit ons aan `n metode om dit profeties te kan bepaal en ons kan nie borg staan daarvoor nie, omdat die mense wat na ons kom net so wel mense sal wees met `n vrye wil, soos wat ons dit nou is.

[6] Ek beweer selfs, dat in die begin al elkeen wat een of ander godsdiens gestig het waaraan alle beter beskawingsvorme van `n bepaalde volk ten grondslag lê, dit baie goed en eerlik met hul volk bedoel het, maar die latere nakomelinge en veral die priesters, wat nie geroep is nie, maar hulleself as sodanig voorgestel het, was belaglik slegte verteenwoordigers van die gode op hierdie aarde, het begin om die leerstellinge wat nooit waarlik begryp is nie, verkeerd uit te lê, het selfsugtig en heerssugtig hulle nuwe leerstellinge daaraan toegevoeg vir hul eie voordeel en dit onder die benaming ‘God se wil’, ‘God se woord’, skerp bekragtig en het die arme mensdom dikwels op die mees gruwelike wyse daarmee gepla, waarvan selfs nou nog heelwat voorbeelde ons maar al te duidelik kan oortuig!

[7] Ons hoef maar net te kyk na verhale wat aan my baie goed bekend is van die tempel in Jerusalem en daarnaas na die tempelverhale van Rome, dan is dit meer as duidelik wat daar van Moses en al heeltemal van alle oerwysheid van Egipte geword het! En - ek wil geen onheilsprofeet wees nie, - maar ek durf waag om ten opsigte van U te beweer, dat U suiwerste en Goddelikste leer, waarvan die jongeling die hoofpunte alreeds wonderbaarlik vinnig aan my metgeselle duidelik gemaak het en dit vir sover ek gehoor het, baie heerlikhede bevat, alreeds oor enkele eeue `n heel ander gesig sal hê!

[8] U studente sal sendelinge en verspreiders van U Goddelike leer word. Hulle sal nie orals kan kom nie; hulle sal weer studente kies en hierdie mense tot leraars en soms tot geestelike leiers van U leer maak en daarmee is die basis gelê vir die priesterdom en hiermee vir die allerergste bygeloof, dit sou ek duisend teen één kon verwed!

[9] En as dit met verloop van tyd orals so gaan, waarom sou dan juis ons instituut `n uitsondering vorm? Orals is mense in bestuursposte. As nou `n ware God aan die hoof staan en hulle onderrig en lei, sal hulle wel binne die orde bly; maar stel Hy hulle weer op die proef, wat noodsaaklik is in verband met die vrye wil, dan sal hulle dadelik wel weer `n goue kalf oprig soos die ou Israeliete in die woestyn, toe Moses hulle verlaat het om die berg Sinai op te gaan om die gebooie van die Allerhoogste te gaan haal!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205