Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verlossing van die seremoniële juk en die wet

132 DIE MEESTER: 'Ek gee julle hiermee `n God geseënde lewensleer, wat so ver van elke seremonie afstaan soos die een pool van die hemel van die ander; hier hoef geen sabbat, geen tempel, geen gebedshuis, geen vas, geen eie Aäronstaf en -kleed, geen hoofbedekking met twee horings, geen ark van die verbond, geen rookvat, geen heilige water en heeltemal geen vervloekte water nie! In hierdie leer is die mens self alles in alles en het niks anders nodig as homself nie.

[2] In die ou modelleer word die mens slegs baie gedeeltelik en baie materieel voorgestel as iemand wat homself steeds meer veredel en hom tot `n ware geestelike mens ontwikkel; daarom was dit dan ook nodig dat hy voorgestel word in allerlei vorme, vate en seremoniële handelinge, wat simbolies ooreenkom met die gees.

[3] In My nuwe leer is die mens egter `n volkome eenheid met en in homself, as`t ware in één punt verenig, soos wat ook Ek Self met My vroeëre oerewige en oneindige Godheid as`t ware in één punt verenig, hier voor julle staan, en Self vir julle sê dat die Ryk van God en Sy Geregtigheid van nou af nie meer in die tempel in Jerusalem gesoek moet word of op die berg Gerasim nie, en dat mens God nie meer daar moet aanbid nie, maar dat `n mens hierdie godsdiens orals sal kon toepas waar `n mens is!

[4] Die hart van die mens sal die lewende tempel van die ware, ondeelbare en enige God wees, die daadwerklike liefde sal die enigste ware godsdiens wees, en die liefde tot God sal wees om Hom as Enige in waarheid te aanbid!

[5] Omdat ware liefde tot God egter sonder daadwerklike naasteliefde nie denkbaar is en hierdie naasteliefde ook nie sonder ware liefde tot God nie, is hierdie twee vorme van liefde in die grond van die saak ook slegs één liefde en derhalwe één en dieselfde ware aanbidding van God. Wie dit in hom sal hê, die het alles, die hele wet en die profete in sy eie hart verenig en het verder absoluut niks meer nodig nie.

[6] Hiermee hef Ek nou al die ou en ook die wet van Moses op; Ek bedoel nie dat mens dit voortaan heeltemal moet negeer nie - sekerlik nie, - maar slegs vir sover hierdie wet tot nog toe `n uiterlike dwang was om so en so te handel, waarop aardse straf gestaan het; want op die manier was die wet `n regter wat op iedereen se nek gesit het, en `n blywende oordeel waarvan geen mens hom kon bevry nie. `n Mens wat gebuk gaan onder die las van die wet, bevind hom daardeur immers ook in `n voortdurende oordeel; en wie hom in `n oordeel bevind, is geestelik dood en vervloek deur die innerlike, goddelike lewensvryheid.

[7] Alleen as die wet vanuit homself kom, en onderworpe is aan die vryheid van sy eie vrye wil, dan hou alle oordele, vloeke en dood by die mens op, en dit is nou presies waarom Ek hoofsaaklik na hierdie wêreld gekom het, naamlik om alle mense te verlos van die juk van die wet, van die oordeel, van die vloek en die dood, en ook daarom neem Ek van nou af al die uiterlike weg en gee julle daardeur waaragtig aan julleself terug en maak julle juis daardeur nou eers waaragtig tot ware Elohimskinders en tot meester oor elke wet en die oordeel.

[8] Wanneer julle, en dus ook julle leerlinge, julle voortaan onveranderd by hierdie norm sal hou, dan sal daar ook nooit `n oordeel oor julle kan kom nie, omdat julle dan immers bo die oordeel staan. Maar as julle julleself op die een of ander vlak iets geleë laat lê aan `n ou, uitwendige wet en op een of ander manier nog aan `n ou, uiterlike formaliteit hang, sal julle julleself ook weer aan `n oordeel blootstel en die dood sal in dieselfde mate besit neem van julle asof julle julleself onder `n ou, formele wet geplaas het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205