Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Cyrenius wys op die wonderwerke van die Heer

154 EK sê: 'Laat hy jou nou My wonderwerke verklaar, dan sal jy sien dat hy jou dit selfs natuurlik sal kan uitlê net soos die van Moses! Eers dan sal ons hom laat sien op watter enorme dwaalspoor hy hom bevind het. Roep hom terug en doen dit; want hy mag nie gemis word nie'

[2] Cyrenius doen gou wat Ek hom aangeraai het en die groep Fariseërs kom diep geboë en eerbiedig voor die opperstadhouer staan, en die Fariseër wat die woord gevoer het, vra in sy diep geboë houding wat hul nou volgens sy verhewe besluit te wagte staan.

[3] CYRENIUS sê: 'Niks anders as dat ons deur jou sienswyse wat vir my steeds duideliker word, verder gaan oor die godedom, die geloof van die mense, die profetedom en die wonderwerke wat tog dikwels voorkom; want ek wil duidelikheid hê, hoe dan ook!

[4] Jy het my die verhaal van Moses en die ou wonderwerke sopas heel begryplik beskrywe en ek kan my nou eerder voorstel dat die verskynsels verklaar moet word soos wat jy dit gedoen het as op `n ander manier. Natuurlik moet dit met die oog op die volk streng tussen ons bly! Maar kyk, ondanks jou uitleg druk dit op my as `n sware sorg en verantwoording! Van alles wat ek hier waarlik op die mees wonderbaarlike wyse van die wêreld met my hoogste eie oë gesien en gekonstateer het, staan hier getuies uit byna alle dele van die wêreld: heidene en Judeërs, Essene, die Skithiëse* koning, Ouran met sy gevolg, selfs Perse ontbreek nie, louter eersteklas outoriteite op die gebied van die wysheid, soos wat die wysheid nou in hierdie tyd verteenwoordig word. (*voorlopers van die verstrooide Huis van Israel in ballingskap: vertaler)

[5] Kyk na die vorstelike badhuis en veral na die buitengewone pragtige, onskatbare waardevolle inrigting van binne, die tuin met die uitgestrekte ring- en beskermingsmuur! Kyk na die heerlike vrugte in die tuin, almal van die edelste soort! Alles staan daar uiters weelderig by en baie vrugte is nou al heeltemal ryp. En kyk verder na die heerlike waterbronne, beter is nie maklik êrens anders te vinde nie! Rig dan jy oë na die see! Kyk na die hawe en die buitengewone stewige beveiligingsmuur daarvan wat tot op die diepste bodem van die see reik; en na die vyf vorstelike skepe, en na die afsluitketting! En kyk dan na die plek waar die groot, vir die skippers dikwels baie gevaarlike rots voorheen gestaan het! Sien, tot in die diepste diepte is geen spoor meer daarvan te vind nie!

[6] Kyk daar ver oor die see na die gebied van Genésaret! Was daar nie altyd, - net `n geen paar of hoogstens vier weke gelede, - `n verskriklike hoë rots nie, waarvan die loodregte wande tot diep in die water gereik het en waarvan die bopunt nog nooit deur `n sterfling betree was nie? Duisende jare het aan sy trotse wande verbygetrek en die tande van die tyd het niks vermag om `n spoor op sy granietmassa agter te laat nie. Maar ongeveer vier weke gelede, gedurende die periode wat ek juis nou noem, gaan niemand anders as die Profeet wat deur julle vervolg word, uit Násaret daarheen en verrig daarnaas talle ander wonderwerke ook die wonderwerk dat Hy die rots so sag en begaanbaar gemaak het dat hy nou selfs deur kinders van alle kante sonder enige gevaar en met die grootste gemak bestyg kan word nie.

[7] Wie ken nie die baie ongesonde koorsstreek van Genésaret nie? Elkeen ly aan `n koors wat die lewenskrag ondermyn, veral die mense wat van elders daarheen kom en dikwels vir jarelank siek daar moes deurbring, net om die klimaat gewoond te raak en soveel gesondheid op te doen sodat hulle weer verder kon reis. Selfs ons kerngesonde en stewige soldate word dikwels doodsiek daar en vul die siekehuise. Die profeet uit Násaret kom, seën die streek en alle siekes word in `n enkele oomblik gesond, en nou is dit een van die gesondste gebiede van die hele Galilea.

[8] Wel, dit is feite wat voor ons oë gebeur het, en niemand kan ons werklik daarvan beskuldig dat ons liggelowige mense is vir wie elke goëlaar uit Egipte, Indië of Persië ons wys kan maak dat hul wonderwerke eg is nie. Dit is iets waarmee jy nie met al jou verstand sal kan bykom nie. Ek neem uiteindelik aan dat al die dinge wat op Moses betrekking het, op baie natuurlike wyse te verklaar is; want ten eerste lyk hulle – soos wat jy op jou manier daarna kyk - wel baie natuurlik, en ten tweede het ons, buiten die moeilik verstaanbare boeke wat uit sy hand moes wees, geen ander getuie sodat ons beter gegewens daaroor kan verstrek nie. Die Griekse kroniekskrywers het weinig of niks daarvan af geweet nie.

[9] Maar hoe dit ook al sy, laat ons onsself nou nie besig hou met wat lank gelede gebeur het nie, maar met hierdie buitengewone grootse, wonderbaarlike skitterende tyd van nou! Hoe sal jy nou hierdie nuwe wonderwerke vir my wil verklaar? Waarlik, ek sal jou meer as koninklik beloon en onderskei, as jy in staat sal wees om my op dieselfde wyse uit my goddelike droom te help, en ek beloof jou selfs my daadwerklike hulp met die vervolging en vernietiging van jou berugte profeet!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205