Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die drie leerlinge verkeer met die geeste van Moses en EliJaH. God se Gees in die mens as gids tot alle waarheid. Evangelie van Matthéüs. 17:4-9

236 Nou word die drietal weer wakker, hulle staan van die grond af op en sien My, Moses en EliJaH sonder ligtende glans wat baie aangenaam vir hulle was, omdat hulle, deur die te sterk lig van voorheen, baie sterk verblind was. Hulle vertel hoe hulle in hul droom met talle profete uit vroeëre tye gespreek het oor alle toestande van die lewe aan die anderkant, presies asof hulle op aarde was en gehandel het en hulle was oor baie geheime sake voorgelig.

[2] Moses en EliJaH onderrig hulle nog verder oor die baie verskillende toestande in die groot hiernamaals.

[3] Die drietal was so verruk en geseënd dat PETRUS luid uitroep: “Heer, dit is goed om hier te wees! As U wil, sal ons hier drie hutte bou: vir U een, vir Moses een en een vir EliJaH!” (Matthéüs. 17:4)

[4] En terwyl hulle nog oor die bou van die hutte praat, word hulle plotseling deur `n digte, ligte wolk oorskadu sodat hulle bokant hulle geen handbreedte verder meer iets kon sien en kon waarneem nie.

[5] En kyk, `n Stem spreek uit die wolk: “Kyk, dit is My geliefde Seun, in wie Ek My welbehae het, na Hom moet julle luister!” (Matthéüs. 17:5)

[6] Omdat die drietal dit hoor soos die magtige rol van `n sterk donderslag, skrik hulle geweldig en val op hul knieë. (Matthéüs. 17:6)

[7] Maar EK gaan dadelik na hulle toe, raak hulle aan en sê aan hulle: “Staan op en vrees nie!” (Matthéüs. 17:7)

[8] Toe hulle hierop hul oë van die grond af opslaan, sien hulle niemand meer nie, net vir My, en het begin om hulle hewig te verbaas oor alles wat hulle gesien het en wat daar gebeur het. (Matthéüs. 17:8) Die drietal wou My nou nog oor alles vra, veral oor die betekenis van alles wat hulle in hul droom gesien het.

[9] Maar EK sê: “Dit alles sal julle gees, wat eintlik My Gees in julle is, aan julleself in julle siel openbaar, dan sal julle die lewe in julle hê; want as Ek dit nou vir julle sal verklaar, sal julle die verklaring in julle kennis opneem en dan glo dat dit so is, omdat Ek dit so vir julle verklaar het. Maar dan is julle nog lank nie in die volle waarheid nie en wel omrede die verklaring nie julle eiendom is nie, maar slegs van die Een waar dit aan julle vanuit Sy lewende skatte verklaar is; maar wanneer julle gees dit vir julle in julle siel sal openbaar, is die openbaring julle eiendom, en dan bevind julle jul eers in die volle waarheid.

[10] Die gees egter, van wie Ek sê dat hy julle gees is, is ook My Gees in julle en hy ken alle dinge en verhoudings soos Ekself, en kan julle in alle Wysheid binnelei. Maar nou is hy nog nie in julle gewek en volledig werksaam nie, dit wil sê dat hy weliswaar op homself wel wakker en werksaam is, maar sy waaksaamheid en werke is vir julle, ofskoon dit vir julle bestem is, nog iets vreemds en iets wat julle nog nie eie is nie, omdat julle siel nog nie suiwer genoeg is om haar volledig met My Gees te verenig nie.

[11] Maar eers wanneer Ek na My lyding, wat aan julle bekend gemaak is, na My hemele opgevaar het, sal Ek die heilige Gees van alle Waarheid oor julle siel uitgiet en haar daarmee verenig. Hierdie Gees wat dan in julle, vir ewig volledig één met julle sal wees, sal julle dan in alle Waarheid en Wysheid binnelei.

[12] Van die visioen wat julle hier gehad het, moet julle egter aan niemand iets sê, alvorens Ek nie opgevaar het nie, soos wat Ek julle nou bekend gemaak het; en sê ook niks oor wat Ek by Ceasarea Philippi verrig het nie, en ook hier benede by hierdie vissers! En nou gaan ons weer bergaf na die dorp van ons vissers!”

[13] En ons begin aan die terugweg; onderweg waarsku Ek die drietal ook dat hulle die ander broers ook niks van die visioen moes sê totdat die vasgestelde tyd, dit wil sê, tot na My opstanding en hemelvaart nie. (Matthéüs. 17:9)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205